SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    GOOSEN, P.; SWANEPOEL, J.A.  and  DU PLESSIS, J.N.. The need for a comprehensive energy management information system for industries. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.3, pp.1-11. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/27-3-1626.

    Die koste van elektrisiteit in Suid-Afrika neem vinnig toe en die befondsing struikelblok vir energiebesparing innovasie is besig om weg te kwyn. Met die toenemende internasionale mededinging en bedryfskostes moet marginale industrieë fokus op energiebestuur-strategieë wat groter besparings kan bewerkstellig met laer kapitaalbesteding. Hierdie artikel skets die behoefte vir 'n omvattende energiebestuur inligtingstelsel. Algemene industriële energiebestuur slaggate word geïdentifiseer en energiebesparings-insentiewe word uiteengesit. Nuwe fokuspunte wat kliënt-bewustheid verbeter en dus die volhoubaarheid van energiebestuur verbeter word uitgelig. Om voordeel te trek uit energiebesparings-insentiewe word meer kompleks en baie kliënte trek nie voordeel daaruit tensy daar van energiediensmaatskappye gebruik gemaak word nie. Energiediensmaatskappye benodig egter groot hoeveelhede data om hul kliënte se energie doeltreffend te bestuur. Die behoefte lê dus in 'n alomvattende energiebestuur inligtingstelsel wat energiediensmaatskappye en hul kliënte kan bystaan. So 'n inligtingstelsel is ontwikkel en geïmplementeer by verskeie industrieë in Suid-Afrika. Data word outonoom bymekaargemaak, geprosesseer, geanaliseer en voorgehou op 'n daaglikse basis. 'n Gevallestudie ondersoek die buitensporige data volumes en verslae wat outonoom genereer word. Dit beklemtoon die behoefte vir n alomvattende energiebestuur inligtingstelsel.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )