Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
SWART, P.D.; VLOK, P.J. and JOOSTE, J.L.. Broadening the influence of asset managers through the six principles of persuasion. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.2, pp.72-80. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/27-2-1256.
Batebestuurders (BBs) sukkel reeds lank om ander mense binne hulle organisasies te beïnvloed om batebestuurspraktyke te ondersteun. Hierdie dilemma is verder beklemtoon met die uitreiking van die versamelde Batebestuur (BB) standaarde, ISO 55000. Hierdie studie ondersoek 'n alternatiewe benadering tot bestaande invloed- en veranderingsbestuursbenaderings. Sosiale sielkunde, en meer spesifiek Robert Cialdini se ses beginsels van oorreding, het al adverteerders, prokureurs en selfs kelners in hulle onderskeie beroepe bevoordeel. Dit het hulle gehelp om ander mense te beïnvloed en toegeeflikheid te verseker. Gelukkig kan BBs nou die selfde doen. Die implementering van hierdie beginsels bied verskeie voordele en vereis slegs klein, praktiese en meestal kostelose veranderinge wat kan lei tot groot verskille in hulle vermoë om ander mense op 'n etiese manier te beïnvloed en te oorreed.