SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.26 issue2Reconfigurable product routing and control for mass customisation manufacturingHow to control process variability more effectively: The case of a B-complex vitamin production process author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

ALKHALEDI, K.. Evaluating the operational and environmental benefits of a smart roundabout. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2015, vol.26, n.2, pp.191-202. ISSN 2224-7890.

Voertuig brandstofverbruik en emissietempo's in Koeweit het aansienlik verhoog oor die laaste paar dekades en veroorsaak gesondheid- en ekonomiese probleme. A drie-laan slim verkeersirkel is 'n nuwe en innoverende ontwerp wat kan bydrae tot die verligting van hierdie kwessies. Die slim verkeersirkel is ontwerp met 'n toegewyde uitgangslaan aan die regterkant van elke ingang en 'n U-draai baan wat naburige ingang- en uitgangslane verbind. Beide kenmerke laat voertuie toe om in spesifieke rigtings te draai sonder om die verkeersirkel te betree. Ondergrondse tonnels is gebruik vir voetgangers en fietsryers. Die doel van die studie is om die impak van so 'n slim verkeersirkel op die brandstofverbruik en uitlaat van koolstofdioksied, koolstofmonoksied, stikstofoksiede en hidrokoolstowwe te meet. Die resultate is dan met dié van 'n tradisionele verkeersirkel en 'n verkeersligkruising vergelyk. Twee verkeersligkruisings met verskillende verkeervolumes is gekies vir hierdie studie en in hul huidige toestand, met tradisionele verkeersirkels en met die voorgestelde slim verkeersirkel, met behulp van die SIDRA 6.0 sagteware gesimuleer. Die slim verkeersirkel het die verkeer met minimale vertraging en luier tyd laat vloei wat die brandstofverbruik en uitlaatgasse noemenswaardig laat verminder het. Verder het die slim verkeersirkel voetgangers en fietsryers met veilige deurgang deur die kruising verskaf sonder om met die padverkeer te meng.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License