SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.24 issue2Applying mixed integer programming for green supply chain management author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    MEERHOLZ, A.  and  BRENT, A.C.. Assessing the sustainability of wastewater treatment technologies in the petrochemical industry. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.2, pp.1-11. ISSN 2224-7890.

    Die keuse van die mees geskikte industriële afvalwater behandelingstegnologie handel nie net oor die verskaffing van die beste tegniese oplossing teen die laagste koste nie, maar ook oor volhoubaarheid (aanvaarding uit sosiale en omgewingsgeregtigheid standpunte) en institusionele haalbaarheid. Hierdie artikel demonstreer en evalueer 'n metode wat vir die seleksie en evaluering van afvalwater behandelingstegnologie gebruik kan word in 'n industriële konteks met 'n spesifieke fokus op die biologiese afvalwaterbehandeling in 'n petrochemiese maatskappy. Die tegnologie-assesseringsdoelwitte is geformuleer as kompleksiteit, algemeenheid, benadering, aanlooptyd en hulpbronne, fokus, en data gebruik. Hierdie doelwitte word gebruik as kriteria vir die ontwikkeling van 'n tegnologie assesseringsmetode; 'n multi-kriteria besluit analise tegniek om die afvalwater behandeling tegnologie alternatiewe te vergelyk en te rangskik teen die geïdentifiseerde tegniese, sosioekonomiese, en omgewingsfaktore doelwitte. Deur die gebruik van 'n petrochemiese bedryf in Suid-Afrika as 'n gevallestudie, bied die artikel 'n sistematiese ontleding van agt afvalwater behandeling alternatiewe om die voorgestelde tegnologie assesseringsmetode te toets en die nut daarvan dus te bepaal as 'n tegnologie assessering tegniek. Die ondersoek dui daarop dat die metode daarin slaag om die meeste van die tegnologie-assesserings-doelwitte van die organisasie te bereik. Voorstelle vir verdere ontwikkeling van die tegnologie assessering tegniek word dienooreenkomstig gemaak.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )