SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.24 issue1Quality performance: The case of construction projects in the electricity industry in KenyaHybrid supply chains in emerging markets: The case of the Mexican auto industry author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    LEONARD, T.  and  BEKKER, J.. Apron layout design and flight-to-gate assignment at Lanseria International Airport. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.1, pp.192-206. ISSN 2224-7890.

    Lugverkeer groei toenemend en meer doeltreffende lugvervoerstelsels word benodig om in die lugvervoerbehoefte te voorsien. In hierdie studie word die uitbreiding van die Lanseria Internasionale Lughawe in Gauteng, Suid-Afrika ondersoek. Die uitbreiding van Lanseria vereis 'n studie van die lughawe se laaibladuitleg om doeltreffende vloei van passassiers na en van vliegtuie te verseker, asook die vloei van vliegtuie na en van die lughawe. Die moontlike uitleg-ontwerpe is gebaseer op die uitlegkonsep van die Hartsfield-Jackson Atlanta Internasionale Lughawe in Atlanta, VSA. Verskillende uitleg-ontwerpe, insluitend die bestaande uitleg van Atlanta, is in die studie met simulasie vergelyk. Die verplasingsafstand van passassiers tussen die eindpuntgebou en die vliegtuie is as hoofoorweging vir vergelyking gebruik. Die kruis-entropiemetode is gebruik om 'n generiese vlug-na-hek-toedeling te doen wat passassiers se verplasingsafstand minimeer.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )