SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 special issue author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    KLOSA-KUCKELHAUS, Annette. Roetes uit die woordeboek uit: Hiperskakels na ander bronne in aanlyn Duitse en Afrika-woordeboeke. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.43-62. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/33-2-1839.

    In hierdie artikel word 'n aantal aanlyn Duitse en Afrika-woordeboeke bestudeer om waar te neem hoe die moontlikheid om met eksterne bronne (bv. ander woordeboeke, ensiklopedieë, of selfs korpusdata) verbind te word, in hierdie bronne gebruik word. Daar word ondersoek ingestel na watter hiperskakels op watter plekke in die woordartikels voorkom en hoe hulle aan die woordeboekgebruikers aangebied word. Dit word gedoen teen die agtergrond van metaleksikografiese beskouings oor die beplanning van buitekenmerke en die mediostruktuur in aanlyn woordeboeke sowel as verskillende kategoriserings van hiperskakels in aanlyn naslaanwerke. Die resultate dui daarop dat retro-gedigitaliseerde woordeboeke feitlik glad nie gebruik maak van hiperskakels na eksterne bronne nie. Aan die ander kant maak ware aanlyn woordeboeke wel daarvan gebruik, maar dikwels in 'n vorm wat verbetering benodig, aangesien verklarings van woordeboek-eksterne skakels, byvoorbeeld, nie altyd in die gebruikersgids gevind word nie en hul ontwerp binne een woordeboek kan verskil.

    Keywords : aanlyn woordeboeke; retro-gedigitaliseerde woordeboeke; mediostruktuur; hiperskakels; afrikatale; duits.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )