SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 special issue 2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    NKOMO, Dion; NOSILELA, Bulelwa  and  GAMBUSHE, Wanga. Hoe goed is die woordeboek (werklik)? Kruisverwysing as 'n leksikografiese tegniek in The Greater Dictionary of (isi)Xhosa. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe2, pp.166-190. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/32-3-1736.

    Geïnspireer deur Willem Botha se gedagtes oor die samestelling van die meerdelige Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in Botha (1994; 2005), word daar in hierdie artikel 'n kritiese evaluering van kruisverwysing in The Greater Dictionary of (isi)Xhosa, voortaan die GDX, aangebied. Die GDX is 'n driedelige woordeboek, waarskynlik die grootste woordeboek, nie slegs in isiXhosa nie, maar ook in die Afrikatale. Die evaluering van die woordeboek word bepaal deur die invalshoek kruisverwysingsvoorwaardes of -voorvereistes om kruisverwysings wat in die GDX gebruik word, te identifiseer, om verwantskappe wat deur kruisverwysings blootgelê word, te analiseer en deur die effektiwiteit van die algehele mediostrukturele samestelling van die woordeboek In die artikel word aangedui dat kruisverwysing in die GDX klaarblyklik bepaal word deur 'n algemene goedontwikkelde stel riglyne wat meestal nougeset gevolg is. Gewoonlik geld konsekwentheid in die hantering van soortgelyke leksikale items en selfs oor die verskillende volumes van die woordeboek. Sommige aspekte rakende kruisverwysing wat verbeter kan word, word geïdentifiseer. Daar word egter aangedui dat die meeste van hierdie aspekte maklik in die toekomstige digitaliseringsprojek van die GDX aangespreek kan word.

    Keywords : kruisverwysing; maak van kruisverwysings; voorwaardes vir kruisverwysing; voorvereistes vir kruisverwysing; dataverspreiding-struktuur; woordeboekstruktuur; isixhosa-leksikografie; mediostruktuur.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )