SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30An Overview of English Dictionaries of AbbreviationsTowards Accuracy: A Model for the Analysis of Typographical Errors in Specialised Bilingual Dictionaries. Two Case Studies author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    PRINSLOO, D.J.  and  ZONDI, Nompumelelo. Leksikografiese bewerking van zero-ekwivalensie in isiZulu WOOrdeboeke. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.346-362. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/30-1-1605.

    Een van die hooftake van samestellers van tweetalige woordeboeke is om geskikte vertaalekwivalente vir brontaal-lemmas in die doeltaal te vind. Daar kan verwag word dat 'n mens in 'n groot mate volle ekwivalensie of ten minste gedeeltelike ekwivalente in die doeltaal sal vind, en dat daar moontlik nie baie gevalle sal wees waar sulke vertaalekwivalente nie beskik-baar is nie. Gewoonlik word eerste gedink aan gewone woorde soos tafel, stoel, man, vrou en is dit waarskynlik dat hulle ekwivalente in die doeltaal sal hê. Hierdie artikel fokus op leksikale en ver-wysingsgapings tussen Engels en isiZulu en hulle bewerking in papierwoordeboeke vir Engels en isiZulu. Die doel is om vas te stel tot watter mate geskikte vertaalekwivalente beskikbaar is vir Engelse en isiZulu lemmas en wat die aard, omvang en behandelingstrategieë is in gevalle waar sulke ekwivalente nie beskikbaar is nie. Daar sal aangetoon word dat die omvang van zero-ekwivalensie vir hierdie taalpaar veel groter is as wat in die algemene literatuur verwag word oor zero-ekwivalente vir beide leksikale en verwysingsgapings. In sommige gevalle is 'n spesifieke begrip in die doeltaal bekend, maar die doeltaal het geen woord daarvoor nie, maar in baie gevalle is die begrip self onbekend in die doeltaal, wat impliseer dat die taal ook nie 'n woord vir so 'n begrip sal hê nie.

    Keywords : leksikografie; tweetalige woordeboeke; ekwivalensie; vertaalekwivalente; zero-ekwivalensie; leksikale gapings; referensiële gapings; isizulu; betekenisomskrywing; surrogaatekwivalente.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )