SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Exploring the Documentation and Preservation of African Indigenous Knowledge in a Digital Lexical DatabaseLexicographic Treatment of Zero Equivalence in isiZulu Dictionaries author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    LUKANCIC, Mojca Kompara. 'n Oorsig van Engelse afkortingswoordeboeke. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.171-196. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/30-1-1601.

    Hierdie artikel bespreek die stand van gespesialiseerde Engelse afkortingswoordeboeke. Spesiale aandag word aan die makro- en mikrostruktuur van Engelse afkortingswoordeboeke geskenk en huidige beskik-bare aanlyn bronne vir gebruikers word voorgestel. Die mikro- en makrostruktuur van sewentien Engelse afkortingswoordeboeke, met algemene sowel as taalspesifieke woordeboeke daarby ingesluit, asook drie aanlyn algemene afkortingswoordeboeke word met mekaar vergelyk. In hierdie artikel word ook twee eietydse aanlyn pogings, nl Slovarcek krajsav (Kompara Lukancic 2006) en Slovar krajsav (Kompara Lukancic 2011), voorgestel. Daar word daarop gewys dat die tradisionele leksikografie, veral die gerigtheid op die skep van funksionele en gedetailleerde inskrywings, versoen moet word met moderne leksikografiese benaderings wat gefokus is op die uitbreiding van die aantal inskrywings en op konstante ontwikkeling en hersiening van 'n woordeboek soos nuwe afkortings geleidelik bygevoeg word. Die kombinasie van tradisionele en moderne benaderings kan 'n hulpbron skep wat gebruikers die nodigste het - naamlik, 'n eietydse afkortingswoordeboek.

    Keywords : afkortings; leksikografie; woordeboek; engels; sloweens; taal; engelse afkortingswoordeboeke; woordeboeksamestelling; aanlyn woordeboek; mikrostruktuur; makrostruktuur.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )