SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    NEL OTTO, Anna  and  BLUME, Jadé. Die behandeling van die funksie dekodering in verskillende tipes woordeboeke. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.125-150. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/29-1-1515.

    Woordeboeke word veral geraadpleeg ter wille van die funksie dekodering. Hierdie artikel verskaf 'n sistematiese beskrywing van die invloed wat die funksie dekodering op die woordeboekstrukture en datatipes in verskillende woordeboektipes het. Tydens hierdie bespre-king word veral aandag gegee aan strukture wat in sowel gedrukte as aanlyn woordeboeke voorkom. Alhoewel die belangrikste datatipe vir dekodering betekenisverklarings/vertalings in meertalige woordeboeke is, fokus hierdie artikel veral op die rol van datatipes soos uitspraakleiding, kolloka-sies, etikette, voorbeelde en etimologiese leiding. In gedrukte woordeboeke is daar 'n groot ooreenkoms ten opsigte van raamstruktuur (minstens sentrale woordelys en gebruikersleiding), dataversprei-dingstruktuur en toegangstruktuur, terwyl verskille veral op die vlak van die makrostruktuur (meer of minder lemmas, verskillende ordenings) en mikrostruktuur (aanduidertipes en hoeveel-heid data ten opsigte hiervan) voorkom.

    Keywords : dekodering; woordeboektipes; woordeboekstruktuur; woordeboekfunksie; omvattende woordeboek; standaardwoordeboek; beperkte woordeboek; aanleerderwoordeboek; woordeboek vir spesiale doeleindes; tweetalige woordeboek.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )