SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    LIANG, Pengcheng  and  XU, Dan. 'n Empiriese studie van EVT-leerders se woordeboekgebruik in Chinees-Engelse vertaling. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.221-244. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/28-1-1463.

    In hierdie artikel word verslag gelewer oor die resultate van 'n studie waarin leerders van Engels as Vreemde Taal (EVT) se gebruik van 'n elektroniese woorde-boek in 'n L1-L2-vertalingsopdrag ondersoek is. Sewe en veertig nagraadse studente van 'n Chinese universiteit is versoek om op die rekenaar 'n Chinese stuk in Engels te vertaal met behulp van 'n ingeboude woordeboek. Skermopnemers is gebruik om hul gedrag rakende woordeboekgebruik vas te lê, en 'n opvolgonderhoud is gevoer om die denkprosesse wat hul gedrag rig, te probeer bepaal. Die resultate van die studie dui daarop dat EVT-leerders in die naslaanproses 'n voorkeur vir L2-ekwivalente en inhoudswoorde toon, en dit lê spesifieke probleme soos 'n beheptheid met L2-ekwivalente en 'n onkunde oor ander leksikale inligting bloot, wat kan verhinder dat die woor-deboekinligting korrek toegepas word. Hierdie studie suggereer dat woordeboekgebruiksgedrag die ontwikkeling van studente se vertaalvermoëns mag affekteer en dat sowel EVT-leerders as -onderwysers aandag hieraan moet skenk. Daar word ook voorgestel dat vertaalonderwysers leerders se aandag moet vestig op hoe belangrik die kontrolering van ander leksikale inligting in 'n woordeboek in hul vertaalpraktyk is.

    Keywords : woordeboekgebruikersvoorkeure; woordeboekgebruiks-prosesse; evt-leerders; vertalingsopdrag; onderhoud; skermopname; log-lêers.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )