SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Literator (Potchefstroom. Online)

    On-line version ISSN 2219-8237Print version ISSN 0258-2279

    Abstract

    CROUS, Marius. Treppie hou nie van kuiergaste nie': Xenia in Marlene van Niekerk se Triomf. Literator [online]. 2016, vol.37, n.1, pp.1-7. ISSN 2219-8237.  https://doi.org/10.4102/lit.v37i1.1250.

    In hierdie artikel word aspekte van xenia - soos uiteengesit in die klassieke Griekse teks van Homerus en as vertrekpunt vir latere teorieë oor gasvryheid - kontekstueel in Marlene van Niekerk se roman Triomf (1994) ondersoek. Die Griekse konsep xenia dien egter as voorloper vir eietydse teorieë oor gasvryheid soos vervat in die werk van Levinas en Derrida. Gasvryheid teenoor vreemdelinge vorm die grondslag van xenia en dit is 'n aspek wat herhaaldelik in Van Niekerk se roman voorkom. Daar is die verhouding met die NP-werwingsagente, die Jehovasgetuies, die AWB-werwers, asook Lambert se interaksie met Sonnyboy en Mary, die prostituut wat hom op sy verjaardag besoek. Veral laasgenoemde toneel stem heelwat ooreen met die riglyne vir goeie gasvryheid soos aangedui deur Homerus.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )