SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 issue1A model for incorporating specialist nurse education into a university context. Part 1: Methodological perspectivesDepth of poverty in an informal settlement in the Vaal region, South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Health SA Gesondheid (Online)

    On-line version ISSN 2071-9736Print version ISSN 1025-9848

    Abstract

    GUSE, Tharina  and  ERACLEOUS, Gloria. Character strengths of adolescent survivors of childhood cancer. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-6. ISSN 2071-9736.

    Daar is toenemende belangstelling in moontlike positiewe uitkomste vir kinders wat kanker oorleef het. Hierdie studie het ondersoek hoe karaktersterktes na vore kom in adolessente wat as kinders met kanker gediagnoseer is in vergelyking met dié in 'n groep gesonde adolessente. Die studie het ten doel gehad om vas te stel of spesifieke karaktersterktes meer opvallend na vore kom in adolessente wat kanker oorleef het. Die deelnemers is deur middel van gerieflikheidsteekproefneming gekies. Die twee groepe het bestaan uit adolessente wat as kinders met kanker gediagnoseer is (n = 21) en 'n groep gesonde adolessente (n = 21). Deelnemers het die Values in Action Inventory for Youth (VIA-Youth) (Park & Peterson 2006) voltooi ten einde karaktersterktes te bepaal. Daar was geen beduidende verskil tussen die karaktersterktes van die adolessente wat kanker oorleef het en die gesonde groep nie, anders as met 'n soortgelyke vroeëre studie onder volwassenes (Peterson, Park & Seligman 2006). Dit blyk dat die ervaring wat met ernstige siekte soos kanker gepaardgaan, ontwikkeling van karaktersterktes nóg bevorder nóg belemmer het in hierdie groep adolessente kankeroorwinnaars. Verdere navorsing is nodig om aspekte van positiewe sielkundige funksionering in adolessente kankeroorwinnaars te verstaan.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )