SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

LACK, Melanie L.; BRUCE, Judith C.  and  BECKER, Piet J.. Weighting of items in a tutorial performance evaluation instrument: Statistical analysis and results. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.2-6. ISSN 2071-9736.

Die waardebepaling van items in 'n evalueringsinstrument dra by tot 'n meer betekenisvolle en geldige interpretasie van studente se vermoë ten opsigte van elke leeruitkoms of item wat geassesseer word. Hieruit volg dit dat die geldigheid van instrumente belangrik is vir betekenisvolleafleidings betreffende studente se leervermoë, insluitend hulle prestasie in leergroepe. Die Delphi-tegniek is gebruik in rondtes een en twee om kundiges se subjektiewe oordeel oor die inhoudsgeldigheid van items in die leergroepgedragsevalueringsinstrument te bekom. 'n Steekproef van agt kundiges (n = 8) is deur doelgerigte, maksimale-variasiesteekproeftrekking gekies. Die kundiges het in rondte drie van die Delphi-tegniektoepassing deur middel van gepaarde vergelyking 'n waarde bepaal vir elk van die instrumentitems, sub-items en Likertskaalpunte. Die wiskundige modellering van kundiges se waardebepalingsvergelykings, aangeteken op visuele analogiese skale, het proporsionele gewigte vir elke item tot gevolg gehad. Hierdie gewigte word persentasiegewys voorgestel. Die finale instrument het bestaan uit items wat gemeet word teen 'n graderingskaal met punte wat nie op 'n gelyke afstand van mekaar is nie. 'n Rekenaargebaseerde leergroepgedragsevalueringsinstrument is ontwikkel vir die akkurate, ekonomiese en doeltreffende berekening van studente se punte. Die doel van die artikel is om verslag te lewer oor die statistiese analise en resultate van die waardebepaling van items in 'n instrument om baccalaureate-verpleegkundestudente se prestasie in probleemgebaseerde leergroepe te meet en te evalueer.

Keywords : weighting; tutorial performance; problem; - based learning; evaluation instrument; statistical analysis; Delphi technique.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License