SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue4The Old Testament in the 2020 Afrikaans translation: Some contentious issuesWhat does the Greek say? - Spotlight on translation problems the New Testament poses author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    BOSHOFF, Hercules. Oor die grense van taal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.706-714. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a6.

    'n Taal moet aanhou groei en vertak en daarom het dit 'n sterk stam en diep wortels nodig. 'n Taal se moontlikhede word deur 'n aantal interne werkinge sowel as eksterne invloede bepaal. Twee spanningsvelde van taal, naamlik die grammatika tekne, oftewel die grammatikale as sodanig, en wat Dante die vulgare eloquentia noem, die eiesoortige van elke afsonderlike taal, sal beskryf en dan met mekaar in gesprek gebring word. Leidrade vir 'n gesonde verhouding tussen hierdie twee aspekte sal by antieke sowel as moderne denkers gesoek word. 'n Gesonde verhouding tussen hierdie aspekte sal voorts enersyds 'n veredeling van die eie, en andersyds 'n geabstraheerde begrip van menslike uitdrukkingsvermoë kan teenwerk. Die eie taal moet derhalwe in verhouding tot die geskiedenis as erfgenaam maar ook as unieke gespreksgenoot gelees word, met erkenning van leengoed en gedeelde gevoel, maar steeds vol selfvertroue in sy eie seggenskrag.

    Keywords : geankerdheid; vertakking; grammatika tekne; inheemsheid; dialek; taalstudie; taal-imperialisme; politiek; plaaslike dialek; vertaling; oor-brugging; besieling; eiesoortigheid.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )