SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue2NP van Wyk Louw's ideal of justiceRelativisation in the poetry of NP van Wyk Louw author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    SENEKAL, Burgert. Die eerste 40 jaar van Orania. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.526-550. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a8.

    Orania verteenwoordig 'n unieke verskynsel in Suid-Afrika, en een waaroor daar reeds baie gepubliseer is. Daar is egter nog nie 'n doelgerigte poging aangewend om die geskiedenis van dié dorp op te teken nie. In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die dorp se ontstaan en ontwikkeling vanaf die sestigerjare tot op hede. Die studie ondersoek die ontstaan van die idee, sowel as die ontstaan van die dorp tydens die Waterwese-tydperk, en dek ook die pioniersjare (1991-2000). Daar word verder aangetoon hoe hierdie dorp van 'n idee en 'n klein dorp gegroei het tot bykans 2 000 inwoners. Inisiatiewe soos die plaaslike geldeenheid, die Ora, die ontwikkeling van die gemeenskapsbank, die Orania Spaar- en Krediet Koöperatief (OSK), die (her)vestiging van standbeelde en monumente, die oprigting van tersiêre onderrigsentrums, besighede en toerismebedrywighede word bespreek. Uitdagings en suksesse word ook aangeraak, sowel as die volgehoue media-aandag wat dié dorp ontvang.

    Keywords : Orania; selfbeskikking; Afrikaner; volkstaat; regses; minderhede; Afrikaans; HF Verwoerd; Oranjerivier Waterskema; Noord-Kaap.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )