SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue4-2Putnam's flawed modelling in his brain-in-a-vat thought experimentThe ByderhandPioneer Project: A case study of the participatory dynamics in creating and accessibilising locative literature for persons with visual impairment author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    KLEYNHANS, Ewert PJ. Die waarde van akademiese arbeid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1317-1333. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a12.

    Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het sopas sy 110de bestaansjaar herdenk en dit is die aangewese tyd om te reflekteer op die waarde van akademiese arbeid. Die artikel ondersoek die hoë waarde van akademiese arbeid en die motiewe van akademici. Akademici ervaar geleerdheid, onderrig en navorsing as iets verhewe. Dis nie slegs hul dagtaak nie, maar dien as 'n besondere roeping. Vervolgens word die universiteit as 'n onderneming beskou waarna gelet word op die praktiese waarde van die akademie en die mate wat dit met die ontwikkeling van die mensdom, veral op ekonomiese gebied, saamhang. Dit doen ook 'n beroep op akademici om meer algemene, basiese en generiese navorsing, sonder noodwendig 'n besondere doel, te onderneem. Nuttelose navorsing, sonder 'n spesifieke praktiese doel, word as van die waardevolste voorgehou. Die artikel sluit af deur te beklemtoon dat navorsing eerstens ter wille van die intrinsieke waarde, genot en bevrediging wat dit bring moet plaasvind, maar daar word beklemtoon dat hoë akademiese standaarde steeds te alle tye moet geld.

    Keywords : akademie; universiteit; navorsing; studie; onderrig; skole; geletterdheid; tegnologie; kennis; wiskunde; verwondering; roeping; wysheid.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )