SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue4-1The source text for the 2020 Afrikaans translation of the New TestamentTranslation difficulties posed by the Deuterocanonical Books: Jesus Ben Sira as a case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    BARKHUIZEN, Jan. "Wat staan in die Grieks?" - Kollig op vertaal-probleme wat die Nuwe Testament oplewer. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.959-982. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a7.

    In hierdie artikel word die grammatikale aspek van die vertaalproses van die 2020-Bybel as direkte vertaling ondersoek. Naas die teologiese, sosiopolitieke en tekskritiese faktore wat in ag geneem moet word in so 'n vertaalproses, neem die grammatikale aspek vanselfsprekend die belangrikste plek in. Uit die aard van die saak kon net 'n seleksie van tekste waarin verstaan- en vertaalprobleme ondervind is, bespreek word. Hierdie tekste is gerieflikheidshalwe in drie kategorieë ingedeel wat verteenwoordigend is van die soort probleme wat teëgekom is. (a) Eerstens is daar dié tekste waarvan die vertaling berus op 'n verkeerde interpretasie van die Grieks of wat berus op foutiewe vertaallogika. (b) Tweedens word tekste bespreek wat volgens Griekse grammatikale reëls op meer as een manier vertaal kan word. (c) Derdens is daar tekste wat nie noodwendig verkeerd vertaal is nie, maar waarvan die vertaling nie die fynere nuanses van die brontaal reflekteer nie.

    Keywords : vertaalprobleme; vertaalproses; taalaspek; Nuwe Testament-gramma-tika; probleemdifferensiasie; vertaalfoute; vertaallogika; meerduidigheid; nuanse; woordbetekenis.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )