SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue4-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    PRETORIUS, Engela. Mans se rol in die stryd om gendergeregtigheid: 'n Historiese oorsig van antifeminisme en profeminisme. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-2, pp.887-904. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a2.

    Die sosiale orde word deur die loop van millennia deur genderongelykheid gekenmerk. Dit het aanleiding gegee tot die vrouebevrydingsbeweging en feminisme. Mans was van meet af aan betrokke by die stryd om gendergeregtigheid1 - weliswaar op verskillende maniere. Sommige het organisasies teen vroue (antifeministies) en ander vir vroue (profeministies) gevestig. Op hul beurt het vroue aanvanklik mans se betrokkenheid verwelkom (in die 1960's), maar teen die middel van die 1970's het radikale feministe mans se ondersteuning van die vrouebeweging grotendeels verwerp. In die 1990's het feministe ontevredenheid in eie geledere ervaar. Die kritiek teen sogenaamde hegemoniese feminisme was veral van vroue van kleur afkomstig. Alhoewel verskeie redes vir mans se betrokkenheid aangevoer word, word sodanige betrokkenheid meermale bevraagteken. Talle voorbehoude word derhalwe in hierdie verband gestel. Alhoewel profeminisme hoofsaaklik in Amerika en Europa ontstaan het, het dit uiteindelik na Afrika gemigreer. 'n Suid-Afrikaanse profeministiese organisasie, Sonke Gender Justice, dien as teenvoeter vir die antifeminisme van ʼn nuwe jeugbeweging (onder invloed van Julius Malema) en tradisionaliste soos Jacob Zuma.

    Keywords : Gendergeregtigheid; feminisme; antifeminisme; profeminisme; hegemoniese manlikheid; mansregtebeweging; mansbevrydingsbeweging; Sonke Gender Justice.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )