SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2-1The diminishing attractiveness of the academic profession in South AfricaRemuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    STEYN, J.C.. Die laaste projek van die "Hollandse taalbeweging in Suid-Afrika": Die Vereenvoudigde Hollandse Spelling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.233-248. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a2.

    Die Vereenvoudigde Hollandse spelling (VHS) waarna AWS1 in sy voorwoord verwys, was die laaste groot projek van die "Hollandse taalbeweging in Suid-Afrika". Die aanhangers van dié beweging wou onder meer Hollands vereenvoudig om dit makliker lees- en skryfbaar vir Afrikaanssprekendes te maak. Hierdie strewe het gekom van die Zuid-Afrikaansche Taalbond in die Kaapkolonie, asook onderwysers en joernaliste in Transvaal en die Vrystaat, waar Hollands die amptelike taal was. Twee van die belangrikste figure in die Taalbond was die teoloog P.J.G. de Vos en die taalkundige, W.J. Viljoen, professor in moderne tale en geskiedenis op Stellenbosch. Ná 'n kongres in 1897 in Kaapstad is Suid-Afrikaanse voorstelle vir 'n vereenvoudigde Hollands aan 'n kongres in Nederland voorgelê, maar dit is verwerp. In 1903 is Viljoen na Nederland en hierdie keer het sowat twintig taalkundiges en die "Commissie voor Taal en Letteren bij de Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde te Leiden" hul steun aan die Suid-Afrikaanse voorstelle toegesê. Hierdie voorstelle het volgens die aanhangers 'n "nieuwe taalbeweging" laat begin wat "een machtige stroom" geword het. Ná die aanvaarding van Afrikaans as onderwystaal het die VHS sy nut verloor, maar by die opstel van Afrikaanse spelreëls is daarmee rekening gehou.

    Keywords : Vereenvoudigde Hollandse spelling; W.J. Viljoen; Zuid-Afrikaansche Taalbond; De Volksstem; Kollewijn-spelling; Afrikaanse woordelys en spelreëls; Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns; spelling-kommissie; Afrikaanse taalbeweging; Hollandse taalbeweging; Johannes Brill; F.V. Engelenburg; Hubert Elffers; P.J.G. de Vos; De Volksstem.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )