SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue4-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    DU PLESSIS, Sophia  and  FOURIE, Johan. "'n Droewige laslap op die voos kombers van onreg": 'n Statistiese analise van konsentrasie-kampbewoners. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1178-1199. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a6.

    Die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) wek steeds intense emosies op. Om dié rede is dit ook verstaanbaar dat 'n breë literatuur verskeie aspekte van die konsentrasiekampe en die lewe van die bewoners ondersoek. Vreemd genoeg, is een aspek wat wel agterweë gelaat is 'n kwantitatiewe ondersoek na die lengte van verblyf vir die meer as 100 000 wit mans, vroue en kinders in die kampe. Hoeveel dae is die gemiddelde kampbewoner gehuisves? Het bewoners uit die republieke of dié uit die kolonies langer aangebly? En wat was die kenmerke van bewoners wat voor die einde van die oorlog die kampe verlaat het? Duisende het ook in die kampe gesterf. Ons ontleed ook die kenmerke van hierdie groep, en werp lig op die redes vir hul tragiese einde. Deur gebruik te maak van 'n enorme datastel van kampbewoners en die statistiese hulpmiddel oorlewingsanalise, bied hierdie artikel 'n nuwe blik op n ou onderwerp en vra nuwe vrae vir toekomstige historiese navorsing.

    Keywords : Konsentrasiekampe; oorlewingsanalise; Anglo-Boereoorlog; Suid- Afrika; sterfgetalle; gesondheid.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )