SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue4-1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    MCCALLAGHAN, Sean  and  HEYNS, Marita. Die verhouding tussen vertroue en diversiteitsklimaat by 'n Suid-Afrikaanse universiteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.1071-1088. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-1a12.

    Hierdie studie stel ondersoek in na die verwantskap tussen vertroue en die diversiteitsklimaat binne 'n Suid-Afrikaanse tersiêre inrigting. 'n Kwantitatiewe benadering met behulp van 'n nie-waarskynlikheidsgerieflikheidsteekproef (N=350) is gevolg. Die vraelys wat in die studie gebruik is, maak gebruik van 'n kombinasie van drie vooraf-gevalideerde instrumente. Die resultate dui aan dat die werknemers saamstem dat die instelling bereid is tot diversiteitsbestuur en die uitskakeling van diskriminasie. 'n Korrelasie-analise tussen die dimensies vertroue en diversiteitsklimaat het getoon dat al die vertrouedimensies, met die uitsondering van een - geneigdheid tot vertroue - 'n verwantskap met die belewing van 'n diversiteitsklimaat aantoon. Die resultate het ook verder aangedui dat die groep werknemers wie se opleiding net tot matriek/graad 12 gestrek het, 'n groter geneigdheid tot vertroue gehad het as die groep met 'n diploma of nagraadse kwalifikasie. Geneigdheid tot vertroue en onthullingsgebaseerde vertrouedimensies het die enigste opvallende verskille tussen wit en swart groepe getoon. Daar was geen praktiese betekenisvolheid tussen die diversiteitsklimaatkonstruk as dit kom by geslag, opvoedingsvlak, etnisiteit, werkstatus of vlak van werkstatusgroepe nie, en ons voer dus aan dat hierdie bevinding as n positiewe uitkoms vir die organisasie beskou moet word.

    Keywords : Vertroue; diversiteitsklimaat; organisasiegedrag; universiteit; Suid-Afrika.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )