SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue4The differences between the Netherlands and Flanders with respect to South Africa during the apartheid era: an analysisA critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and Arts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DU PLESSIS, Danie. Be"gees" terde werknemers as boublok vir 'n gesonde samelewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.525-540. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a2.

In die eerste gedeelte van die artikel word aangedui hoe die samelewing sy spirituele karakter verloor het. Met die koms van moderniteit en gepaardgaande rasionalisme en liniêre denke, het spiritualiteit sy waarde verloor en selfs vergete geraak in die samelewing. Die gevolge hiervan was volgens De Beer (2013) rampspoedig. Dit het veroorsaak dat die beginsel van sorg verdwyn en gelei het tot die uitbuiting van mense en die natuur op 'n globale skaal. De Beer vra vir 'n strategie wat moet lei tot die hertowering van die samelewing. Hierdie artikel fokus daarna op die rol van die moderne organisasie in die ont-mensliking van die samelewing, en toon aan dat die sleutel tot herspiritualisering van die samelewing ook in die werkplek gehou word. In die postmoderne omgewing word daar toenemend weer gevra na betekenis en sin - en dit word veral in die werkplek gevra. Mense soek sin en betekenis in wat hulle doen en die werkplek waar mense baie van hulle tyd deurbring, word die terrein waarop hulle sin wil vind en betekenisvol betrokke wil wees. Baie organisasies is reeds bewus van hierdie behoefte, maar het nie die begrip of wil om sodanig te transformeer dat hulle vir hulle werknemers 'n terrein vir die uitlewing van spiritualiteit kan word nie. Die uitlewing van spiritualiteit in organisasies kan werknemers bevry en emansipeer en hulle opnuut toelaat om sinvol en doelgerig in en met werk besig te wees in die groter belang. Op hierdie manier kan werknemers dus voel dat hulle besig is om te sorg en sorgsaam te wees teenoor ander en ook teenoor die wêreld.

Keywords : gees; spiritualiteit; organisasie; lerende organisasie; samelewing; modern; postmodern.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License