SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1Dollarisation as economic solution for the Zimbabwean demiseStudent teachers' interpretation and use of learning theory concepts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    SERFONTEIN, Erika Mariane. Onderwys, die weg na lewenskwaliteit - die optimale realisering van die reg op lewe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.1, pp.62-74. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55n1a5.

    Die gekompliseerdheid van die reg op lewe word teen die agtergrond van die doelwitte van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, naamlik om die lewenskwaliteit van alle lands-burgers te verbeter en om elkeen se potensiaal te bevry, ondersoek. Die doel is om hierdie deurslaggewende reg konseptueel duidelik te verwoord en dit as inklusief van die reg tot dit wat nodig is vir die sekerheidstelling of voorsiening van 'n lewe wat die moeite werd is om te leef, te beskryf. 'n Analise van regspraak dui daarop dat, wanneer howe met die reg op lewe handel, hulle bykans altyd klem plaas op die reg om met waardigheid te sterf of nie te sterf nie. Dit word gedoen binne die bestek van omstandighede wat onder andere aborsie, genadedood, die doodstraf, die neem van 'n lewe in selfverdediging en toegang tot gesondheidsorg insluit. Hierdie artikel neem egter 'n ander standpunt ten opsigte van die reg op lewe in deur te argumenteer dat die realiteit in sy diversiteit omsluit word in die reg op lewe as die heelheid van 'n individu en die breë gemeenskap sowel as die kern van menslike bestaan. Die belangrikheid van die ontvangs van 'n kwaliteit onderwys ter optimale realisering van hierdie reg word dienooreenkomstig bevind as synde essensieel.

    Keywords : die reg op lewe; reg op basiese onderwys; lewenskwaliteit; kwaliteit; menswaardigheid; bemagtiging; selfaktualisering; selfgeldendheid; self-respek; onderwys; verantwoordelikheid; ubuntu; basiese lewensbehoeftes; welvaart.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )