SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTMDollarisation as economic solution for the Zimbabwean demise author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    VORSTER, Nico. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.1, pp.30-44. ISSN 2224-7912.

    Verskeie studies het onlangs bevind dat die Westerse mens 'n verlies aan betekenis ervaar. Hierdie artikel bespreek en identifiseer die histories-filosofiese invloede wat, volgens die outeur, bygedra het tot die Westerse mens se stelselmatige verlies aan betekenis. Ses groot verskuiwings in die moderne era word geïdentiüseer wat uiteindelik uitgeloop het op die fragmentasie van Westerse denke en die ondergang van hegemoniese waarheidskonsepte. Die artikel stel dat Westerse "betekenisverlies" te wyte is aan die ineenstorting van modernisme, die disintegrasie van allesomvattende waarheidsisteme en die fragmentasie van rasionaliteit. Die gevolgtrekking van die artikel is dat die kollektiewe betekenisverlies wat die Westerse mens ervaar sistemies van aard is en daarom nie bloot aan persoonlikheidsfaktore of tydelike sosiale faktore toegeskryf kan word nie. Die voortgaande proses van betekenisverlies sal slegs deur 'n radikale paradigmaskuif in die Westerse denke gestuit kan word.

    Keywords : betekenis; Westerse; realisme; Reformasie; Renaissance; Verligting; modernisme; materialisme; postmodernisme; fragmentasie.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )