SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    DE BEER, Fanie. Geesteswetenskappe: Vry of verkneg. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.732-748. ISSN 2224-7912.

    Hierdie artikel probeer aantoon in watter mate die geesteswetenskappe geannekseer word tot 'n posisie van knegskap aan ekonomistiese, managerialistiese, informasionistiese en reduksionistiese ideologieë. In die proses word hulle beroof van wat die mees eie aan hulle is en word hulle daardeur effektief verhinder om hul deurslaggewende, kennismatige, eties-transformasionele rol in die samelewing, in gemeenskappe en in institusionele kontekste (wetenskapkontekste ingesluit) te vervul. Die geesteswetenskappe word opgeroep om nie toe te gee aan die drastiese aftakeling en uiteindelike opoffering van hul mees eie taak wat aan hulle opgedwing word nie, soos onder andere deur ASSAf se konsensusdokument en die Manifes vir die Geestes- en Sosiale wetenskappe van die Departement van Hoër Onderwys bepleit nie, maar om hierdie taak (dit is hulle dwingende alternatief) doelgerig en roepingsbewus her-op-te-neem tot selfbevryding en samelewings-bevryding (wat insluit wetenskap en institusionele bevryding). So 'n strategie sal hulle in staat stel om inventief te werk aan die vyf sake wat bespreek is: omvattende geletterdheid (lees, skryf, dink), waarheid (in al die manifestasies daarvan), kennis (inligting en wetenskap), sin (en wêreld), mens (gees, die geestelike en geestelikheid), met laasgenoemde as die voorwaarde vir al die ander en waarsonder globale katastrofe die mensheid onteenseglik bedreig.

    Keywords : Geesteswetenskappe; vryheid; verknegting; alternatief; uitdaging; menswees; waarheid; kennis; geletterdheid; wêreld; sin.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )