SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    HOFMEYR, Benda. Nut of' gees? Die stand van die geesteswetenskappe in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.719-731. ISSN 2224-7912.

    In hierdie bydrae word die bevindinge en aanbevelings van die Academy of Science of South Africa (ASSAf) se verslag oor die toestand waarin die geesteswetenskappe in Suid-Afrika verkeer wat in 2011 gepubliseer is, krities onder die loep geneem. Na 'n kort opsomming van die belangrikste gevolgtrekkings van die verslag, word 'n kritiese blik op die metodologie van die sogenaamde "konsensusstudie" gewerp. Daarna word die aandag gevestig op bepaalde vooronderstellings waarop die wyer debat rondom die stand van die geesteswetenskappe berus. ASSAf se bevindinge op grond waarvan hulle ook bepaalde aanbevelings maak oor hoe die gediagnoseerde krisis aangepak kan word, poog om 'n aantal van hierdie problematiese vooronderstellings te bevraagteken. By nadere ondersoek blyk hierdie (laasgenoemde) pogings egter net 'n skynprotes te wees teen die instrumentele logika van die heersende neoliberale bestel wat in werklikheid die verslag se pleidooi onderlê. Die belangrikste vooronderstellings sluit in: (1) die vooronderstelde waterskeiding tusssen die geesteswetenskappe en die natuur- of eksakte wetenskappe; (2) die onkritiese aanname dat enige vorm van wetenskap (ook die geestesweten-skappe) "regstreeks bruikbaar" moet wees. (3) Laastens, die vooronderstelling dat "die geesteswetenskappe" na 'n konsekwent gedefinieerde en koherente geheel verwys terwyl dit in werklikheid 'n sambreelterm is wat in verskillende kontekste (in díe verslag teenoor ander verslae asook die breër debat, byvoorbeeld) verskillend aangewend word en dikwels 'n ander versameling dissiplines saamgroepeer. Ten slotte, lig ek my pleidooi ten gunste van die "nieregstreekse bruikbaarheid" van die geesteswetenskappe toe aan die hand van die dekonstruktiewe strategie wat die binêre logika van nut-of-niks wil uitdaag met 'n "beide/en"-benadering wat daarop aandring dat die nieregstreekse nuttigheidswaarde van kritiek 'n noodsaaklike voorvereiste is vir werkbare alter-natiewe oplossings

    Keywords : geesteswetenskappe; krisis; Suid-Afrika; nut; nieregstreekse bruikbaarheid; instrumentalisme; neoliberalisme; Ubuntu; gees; konsensusstudie; Academy of Science of South Africa (ASSAf); kritiek; dekonstruksie; binêre logika; dubbelbinding; beide/en.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )