SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    STRAUSS, DFM. Die moontlikheidsvoorwaardes van metafoor- gebruik. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.613-628. ISSN 2224-7912.

    'n Ondersoek word ingestel na bepaalde kondisies wat die aard van metafoorgebruik onderlê en eers moontlik maak. Dit blyk dat die onderskeiding tussen letterlike en figuurlike taalgebruik eersgenoemde nie bo die algemeen-interpretatiewe aard van alle taalgebruik verhef nie, waaruit volg dat nie alle taalgebruik metafories is nie. Aristoteles se bydrae verg dat gelet word op die verband tussen logos, analogon en alogos wat verband hou met die verskil tussen begrip en woord en na die gegewe dat 'n metafoor iets wat "sin-strydig" (αλογον) is, bevat. 'n Vergelyking is nie 'n metafoor nie. Die Ilias van Homeros se metaforiese gebruik van die woord leeu word opgevolg deur te let op die hipoteties-fiktiewe kant van 'n metafoor. Die onderskeidenheid van begrip en woord maak tipiese semantiese verskynsels eers moontlik. Die voortgesette bespreking belig ook die rol van die menslike inbeeldingsvermoë in metafoorgebruik en vestig ten slotte die aandag op die aard van egte analogieë - wat na vore tree wanneer twee gegewens ooreenstem in die opsig waarin hulle verskil. Ten slotte word die elf kondisies of voorwaardes waaraan in die artikel aandag geskenk is, bondig puntsgewys saamgevat.

    Keywords : Metafoor; vergelyking; begrip en woord; denke en taal; interpretasie; sin-strydig; analogie; begrip en idee; metafore is verwisselbaar.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )