SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue4Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languagesDevelopment and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    TEMPELHOFF, JWN. Agt stellings oor die geskiedenis van moderne grondbesit in die Mpumalanga Laeveld. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.531-551. ISSN 2224-7912.

    Sedert die 1990s het heelwat geskiedenisnavorsing op die terrein van grondbesit in Suid-Afrika plaasgevind. Dit was grootliks die resultaat van maatreëls deur die regering om voorheen benadeelde Suid-Afrikaners ekonomies op te hef en ook die geleentheid te gun om grond te verkry wat, na alle waarskynlikheid, onregmatig van hulle vervreem is. In die artikel word gefokus op teoretiese aspekte van die dissipline van geskiedenis en die vraagstelling na die toekoms waarop grondbesitters en grondeisers antwoorde soek wanneer die navorsing van historici oorpeins word. Nadat 'n uiteensetting gegee word van sommige van die nuwere tendense in terme van multi-, inter-, en transdissiplinêre navorsing, kompleksiteit en akteur-netwerkteorie, word ingegaan op die geskiedenis van grondbest in die Laeveld van die Mpumalangaprovinsie. Agt teoretiese stellings word gemaak wat op 'n empiriese filosofiese grondslag verantwoord word, na aanleiding van die geskiedenis van grondbesit in die gebied. In die gevolgtrekking word 'n vergelykende benadering gebruik wat daarop dui dat 'n proses van etnogenese moontlik in die toekoms nodig sal wees om knelpunte met berekking tot die bestaande grondbesitstelsel in 'n staat van ekwilibrium te laat oorgaan.

    Keywords : Mpumalanga; Laeveld; multi; inter; en transdissiplinariteit; akteur-net-werkteorie; etnogenese; geskiedenis van moderne grondbesit; vergelykende geskiedenis; metodologie..

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )