SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    CONRADIE, C. Jac. "Is regtig rêrig Duits richtig?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp.716-729. ISSN 2224-7912.

    Die Afrikaanse modale partikels rêrig en regtig in die betekenis "waar(-lik), eg, werklik" is wisselvorme. Rêrig is afkomstig van die reduplikasievorm reg-reg, met antesedente in Maleis en Khoi. Die oorgang van reg-reg na rêrig is moontlik bemiddel deur 'n bry-uitspraak van eersgenoemde. Ofskoon die element reg afkomstig is van Nederlands recht, is 'n vorm soos rechtig feitlik onbekend in Nederlands. Hoogduits richtig, wat hoofsaaklik 'n bloot referensièle betekenis ("reg, nie verkeerd nie") het, het egter ook lank reeds die modale betekenis van Afrikaans regtig. Bowendien kan sowel Duits richtig as Afrikaans regtig versterkend/graadaanduidend, as ontkenningsversagter en as tussenwerpsel of uitroep optree. In die lig van die feit dat Duitsers in die vorrningsjare van Afrikaans 'n betreklik groot deel van die Europese bevolking aan die Kaap uitgemaak het, lyk dit waarskynlik dat die vorm rêrig, met 'n grotendeels nie-Europese herkoms, en regtig, gesteun deur Duits richtig, gekonvergeer het in wat vandag as één leksikale item beskou kan word, met rêrig moontlik enigsins informeler as regtig.

    Keywords : Afrikaans; Duits; Khoi; konvergensie; Maleis; modale partikel; Nederlands; ontkenningsversagting; reduplikasie; tussenwerpsel; versterking.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )