SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue3Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    LESSING, AC  and  WITT, MW de. Stemme uit die Suid-Afrikaanse onderwysuniegeledere oor dissipline. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.403-418. ISSN 2224-7912.

    Ongedissiplineerde leerdergedrag het betrekking op gedrag wat die ordelike verloop van die onderrigsituasie versteur. Dit is veral lae-impak-ongedissiplineerde gedrag soos tussenin praat, rondloop in die klas en taakvermyding wat die meeste frustrasie en stres by onderwysers veroorsaak. Hierdie artikel weerspieël onderwysers van bepaalde skole se sienings oor die oorsake van ongedissiplineerde leerdergedrag, asook hulle sienings oor die handhawing van dissipline in die skool. 'n Vraelys is elektronies aan skole gestuur en die resultate is sowel kwantitatief as kwalitatief ontleed. Hierdie artikel doen egter slegs verslag oor die bevindinge van die kwalitatiewe gedeelte van die vraelys. Streng, konsekwente asook regverdige dissipline en deeglike lesvoorbereiding wat leerderbetrokkenheid insluit, word beskou as die effektiefste maniere om dissipline te handhaaf. Uit die resultate van hierdie navorsing is dit duidelik dat die handhawing van dissipline in skole talle rolspelers impliseer, 'n groot verskeidenheid aspekte behels en geen maklike taak is nie.

    Keywords : gedragsprobleme; dissipline; ouerbetrokkenheid; dissiplinêre kode; straf; detensie; kinderregte; waardestelsel; ondersteuningstelsel; proaktiewe dissipline; Suid-Afrikaanse Onderwysersunie; SAOU.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )