SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    BESTER, Coen  and  BOSHOFF, Estelle. Bestuurders in die openbare sektor se persepsies van die toepaslikheid van toetreders tot die arbeidsmark se opleiding en ontwikkeling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.728-739. ISSN 2224-7912.

    Die toepaslikheid van die opleiding en ontwikkeling wat deur tersiêre instellings verskaf word, word dikwels uit verskillende oorde bevraagteken. Die vraag is wat as maatstaf behoort te geld om hieroor 'n besluit te kan neem. Baie opvoedkundiges en sakelui glo dat die behoeftes en vereistes van die arbeidsmark die deurslag behoort te gee wanneer besluite oor kurrikuluminhoud van tersiêre opleidingsprogramme onder die soeklig kom. Die doel van hierdie studie was om juis te bepaal wat hierdie behoeftes en vereistes van die arbeidsmark is, veral vanuit die perspektief van bestuurders in die openbare sektor wat 'n prominente werkgewer is. 'n Geleentheidsteekproef bestaande uit bestuurders wat organisasies in die openbare sektor in stedelike en plattelandse areas en op verskillende bestuursvlakke in die Vrystaat en Noord-Kaapland verteenwoordig, is geselekteer. Inligting is bekom deur middel van vraelyste en fokusgroeponderhoude. Deelnemers se response is verwerk en geïnterpreteer ooreenkomstig die riglyne van inhoudsontleding. Nuttige inligting is ingesamel aangaande die toepaslikheid van opleiding en ontwikkeling, asook die werksverwante tekortkominge van toetreders tot die arbeismark vanuit die oogpunt van bestuurders in die openbare sektor.

    Keywords : Toepaslikheid; geskiktheid; opleiding; opvoeding; bestuurders; openbare sektor; persepsies; arbeidsmark; werksverwante kennis; werksverwante vaardighede; algemene lewensvaardighede.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )