SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    BREDENKAMP, Francois. Enkele filologiese opmerkings oor die oorlewering, aard en inslag van Marcus Aurelius Antoninus se Meditasies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.2, pp.204-216. ISSN 2224-7912.

    Na aanleiding van die onlangse verskyning (2007) van die skrywer se (literêre) vertaling van Marcus Aurelius Antoninus se Meditasies in Afrikaans, lewer hierdie artikel 'n oorsig van 'n aantal filologiese aspekte van die werk, veral ten behoewe van lesers van die vertaling. Aandag word gegee aan die vasstelbare herkoms van die teks, die oorlewering daarvan, die literêre aard en genre van die werk, asook die "innerlike werking" daarvan in 'n poging om die leser by te staan in sy eie verstaan en interpretasie van die Meditasies. In ooreenstemming met die interpretasie van Pierre Hadot, word die Meditasies hier geïdentifiseer en getipeer as Stoïsynse geestelike oefeninge wat ontwerp is om die innerlike diskoers van die beoefenaars daarvan op 'n gestruktureerde wyse te transformeer. Marcus se meditasies word hierin eerder gekarakteriseer as "vrye meditasies" as herhalende en onbuigsame "vraag-en-antwoord"-sessies (Robert Newman). Voorop in Marcus se gedagtes staan altyddeur sy eie waargenome naderende dood. Die voorrang wat Marcus aan sy eie pyn en lyding verleen, betuig 'n nuwe, tweede eeus-geskape kulturele uitdrukkingsvorm vir die subjektiwiteit van die menslike persona, asook Marcus se volledige bekering tot die Stoïsisme (Judith Perkins).

    Keywords : Marcus Aurelius; Meditasies; Antieke Filosofie; Stoïsisme; Laat Stoa; Teksoorlewering van die Meditasies; Genre van Meditasies; askese; dood; ontwikkeling; persona.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )