SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    ROSSOUW, Jannie  and  FOURIE, Johan. Is groeiende welvaart teenoor armoede 'n nul-som spel?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.2, pp.195-203. ISSN 2224-7912.

    Hierdie artikel toets die hipotese: Is groeiende welvaart teenoor armoede 'n nul-som spel? Die hipotese staan teen die agtergrond van die stelling: Die rykes word ryker en die armes word armer. Hierdie stelling laat die indruk dat groter of groeiende welvaart vir een individu of groep net moontlik is ten koste van ander individue of groepe. In die praktyk is die noodwendige gevolg van ekonomiese groei en toenemende welvaart nie 'n toename in armoede nie. Regerings wat verantwoordelik optree, dra by tot 'n vermindering van armoede, selfs al neem die welvaart van rykes toe. Onderdrukkende regerings maak egter van groeiende welvaart 'n nul-som spel. Die slotsom nadat die hipotese getoets is, laat twee met mekaar botsende antwoorde. Onder sekere omstandighede word die hipotese bevestig, maar onder ander omstandighede word dit verwerp. Die uitdaging wat die wêreld in die gesig staar, is om te verseker dat groeiende welvaart tot almal se voordeel is. Dit sal enige indruk van 'n nul-som spel beëindig. Die keuse lê by ons, en te midde van toenemende polarisasie in die wêreld is ons waarskynlik die laaste geslag wat nog die voorreg van 'n keuse het om 'n verskil te kan maak.

    Keywords : armoede; beginsels van 'n regstaat; demokrasie; eiendomsreg; ortodokse en strukturele benaderings tot ontwikkeling; welvaart; werk [vryetydbalans].

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )