Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Historia
On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X
Abstract
MOUTON, F.A.. "Fascist or opportunist?": The political career of Oswald Pirow, 1915-1943. Historia [online]. 2018, vol.63, n.2, pp.93-111. ISSN 2309-8392. http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n2a5.
In die Suid-Afrikaanse historiografie word Oswald Pirow getipeer as 'n oortuigde fascis, maar in werklikheid was hy 'n opportunis. Rou ambisie was die onderliggende motivering van alle politieke handelinge deur hom. Hy het die onverbiddelike vermoë gehad om sy seile na heersende politieke winde te span. Pirow het sy ambisies gekoppel aan die politieke momentum van invloedryke persone soos Tielman Roos en J.B.M. Hertzog in die Nasionale Party deur vleiery en absolute lojaliteit. As 'n Roos aanhanger was hy 'n onverbiddelike republikein, maar as 'n Hertzog lojalis het hy republikanisme en nasionaal-sosialisme verwerp, en was as 'n vriend van die Joodse gemeenskap gesien. Na September 1939, met die ineenstorting van die Hertzog regering, en met Nazi Duitsland wat besig was om die Tweede Wêreldoorlog te wen, het hy oornag in 'n radikale republikein, 'n nasionaal-sosialis en 'n anti-Semiet ontpop. Die wese van sy politieke siening was nie nasionaal-sosialisme nie, maar sy ambisie om te wen, en sy loopbaan te bevorder. Pirow se stigting van die nasionaal-sosialistiese Nuwe Orde in 1940 was 'n desperate dobbelspel op 'n Duitse militêre oorwinning.
Keywords : Oswald Pirow; New Orde; fascisme; Nazi Duitsland; opportunisme; Tielman Roos; J; B; M Hertzog; ambisie; Tweede Wêreldoorlog.