SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue1South Africa's revised history curriculum on globalism and national narratives in grade 12 textbooks author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Historia

    On-line version ISSN 2309-8392Print version ISSN 0018-229X

    Abstract

    DE WET, Wouter. Tendense in populêre werke oor Suid-Afrikaanse rugby, 1948-1995: 'n Historiografiese studie. Historia [online]. 2016, vol.61, n.1, pp.113-131. ISSN 2309-8392.  https://doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a9.

    Die hervatting van internasionale rugby na die Tweede Wereldoorlog het nuwe belangstelling onder rugby ondersteuners wêreldwyd gekweek. Tientalle populêre rugbyboeke het in die daaropvolgende jare in Suid-Afrika verskyn en rugby het een van die land se grootste sporte geword. Rugbyboeke het algemene items op Suid-Afrikaanse boekrakke geword. Hierdie artikel stel ondersoek in na die ontwikkeling van tendense in populêre Suid-Afrikaanse rugbygeskiedskrywing tussen 1948 en 1995. Tendense word geïdentifiseer en binne kontekstuele verband nagevolg deur middel van 'n noukeurige studie van die inhoud en stilistiese aspekte van die boeke. Daar word gekyk na wat in populêre rugbyboeke geskryf is, hoe daar geskryf is, en gevra waarom daar so geskryf is. Dit word duidelik dat hierdie tendense deur die veranderende politieke- en sosiale landskap van die twintigste eeu beïnvloed is. Die polities gemotiveerde betogings teen die Springbokke op oorsese toere, die uiteindelike internasionale sportboikot van die Springbokke, asook die koms van televisie in 1976 het elk 'n merkbare impak op Suid-Afrikaanse rugbygeskiedskrywing gehad.

    Keywords : Suid-Afrika; twintigste eeu; rugby; historiografie; sport; Springbokke; sportboikot.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )