Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Historia
On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X
Abstract
PIETERSE, Jimmy. Truukster-trope: vroulike storievertelling en die her-verbeelding van sosiale ordes in vier negentiende-eeuse suider-Afrikaanse gemeenskappe. Historia [online]. 2010, vol.55, n.1, pp.55-77. ISSN 2309-8392.
Negentiende-eeuse suider-Afrikaanse vroue het stories, veral stories waarin truuksters die hoofkarakters gespeel het, gebruik om sin te maak van vinnig-veranderende sosiale en politieke ordes, en gereeld ook om dit te kritiseer. Die stories wat hulle vertel het, verteenwoordig onderbenutte geskiedkundige bronne. In hierdie artikel maak ek gebruik van vier negentiende-eeuse bundels, saamgestel deur mans wat hulle in sendingwerk gebesig het, om hierdie punte te ondersoek. Ek argumenteer dat hierdie stories die manier waarop ons etniese-en gender-identiteitsformasie verstaan, kompliseer, en nuwe lig mag werp op die wyses waarop daar aan sosiale reproduksie in tye van sosiale wanorde gedink word.
Keywords : Volksverhale; truuksters; kanibalisme; vroue; gender; etnlsltelt; negentiende eeu; suidelike Afrika; sosiale reproduksie; verwantskap; mondelingse oorvertellings; isiZulu; isiXhosa; Baronga; BaSotho.