Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020140003&lang=en vol. 47 num. 2 lang. en <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Editorial</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300001&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>Re-visioning space, justice and belonging in the capital city of Pretoria/Tshwane</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300002&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die hoofoogmerk van hierdie artikel is om tentatief te besin oor die moontlikhede van 'n herbeskouiïng van ruimte, geregtigheid en tuiste in Pretoria/Tshwane as hoofstad. Ten einde hierdie oogmerk aan te spreek fokus ek op drie kwessies: eerstens die nodigheid vir 'n teoretiese omgaan en intervensie in die proses van herskouiïng. Die opvatting soos geformuleer deur Henri Lefebvre, naamlik die 'reg op die stad' is sentraal tot meeste werk aangande die stad en onderlê al vier artikels wat volg op hierdie een. Tweedens beskou ek die benaderings van Hannah Arendt en Jacques Ranciere ten einde die reg op die stad te herbedink en derdens betrek ek idees aangaande herbeskouiïng, herbetowering en die verbeelding. Hierdie artikel asook die vier artikels wat hierop volg is navorsing voortvloeiend uit die "Capital Cities" Institusionele Navorsings Tema van die Universiteit van Pretoria. <![CDATA[<b>Mental health care in Mamelodi: Disadvantaged geographical positioning in a South African township</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300003&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel fokus op die huidige geestelike gesondheidsorglandskap in Suid-Afrika binne die konteks van die Suid-Afrikaanse Grondwet, sowel as die Wet op Geestesgesondheidsorg en die Millennium Ontwikkelings-doelwitte vir Afrika. Teen hierdie agtergrond bespreek dit die werk wat gedoen word by die Itsoseng Gemeenskapskliniek in Mamelodi, 'n siel-kunde dienspunt. Alternatiewe benaderings tot werk gedoen met kwesbare kinders word in die besonder aangebied en oor gereflekteer in terme van om moontlikhede uit te wys om die tekort aan hulpbronne aan te spreek vir voldoende en effektiewe geestesgesondheidsorg in die huidige Suid-Afrikaanse gesondheidsorg konteks. Die kliniek neem 'n sistemiese benadering tot dienslewering aan wat dikwels versorgers sowel as kinders in behandelingsplanne insluit. Met verloop van tyd het die kliniekpersoneel bevind dat verskeie groepwerkmetodes, wat nie-verbale behandelings betrek, effektief is. Die doeltreffendheid van hierdie behandelingsmetodes word tans ondersoek deur 'n deurlopende waglys-studie uit kommer oor die baie kinders wat op die waglys sit vir tot 8 maande. <![CDATA[<b>Law and the city: Keeping the poor on the margins</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300004&lng=en&nrm=iso&tlng=en In hierdie artikel ontleed ek die Tswelopele beslissing van die Hoogste Hof van Appèl en die Schubart Park beslissing van die Grondwetlike Hof ten einde sommige van die kompleksiteite van die verhouding tussen die reg en armoede te illustreer. Ek fokus spesifiek op die keuse van die twee howe om direk op die Grondwet te steun eerder as op toepaslike gemenereg en op die wyse waarop daar in die twee beslissings met die feite omgegaan is. Ek wys uit dat beide hierdie aspekte van die beslissings, ten spyte van die positiewe praktiese uitkomste in die sake vir arm mense, die heersende ideologies-gelaaide siening van arm mense as anders, of abnormaal onderskraag en bevestig en so saamwerk in 'n ideologiese projek van depolitisering van armoede. <![CDATA[<b><i>Tshwane 2055 </i></b><b>and the (im)possibility of spatial justice</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300005&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die Tshwane 2055 beleidsdokument bevat verskeie verwysings na ruimtelike geregtigheid. Deur te steun op die werk van Henri Lefebvre en Doreen Massey verskaf die artikel 'n inhoud aan die konsep van ruimtelike geregtigheid en reageer daardeur op Philippopoulos-Mihalopoulos se kritiek dat ruimtelike geregtigheid onvoldoende teoretiese grondslag het en nie bloot kan dui op geregtigheid binne ruimtes nie. Teen die agtergrond van hierdie teorieë, tesame met die uitkoms en nadraai van die Schubart Park beslissing, is die sentrale argument dat Tswhane 2055 beide die moontlikheid en onmoontlikheid van ruimtelike geregtigheid inhou. Die UN-HABITAT verslag van die verenigde nasies en Joburg 2030 dien as voorbeelde van die spanning tussen stedelike opknapping-oogmerke en geregtigheid. <![CDATA[<b>Whose knowledges shape our city? Advancing a community-based urban <i>praxis</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300006&lng=en&nrm=iso&tlng=en In die artikel word verskillende plekke van kontestasie en hoop in die middestad van Pretoria/Tshwane geidentifiseer, en die moontlike unieke kennis(se) wat vanuit hierdie kontekste gegenereer word, word oorweeg. Ek neem 'n spesifiekeposisie in en argumenteer dat sodanige plaaslike kennis(se) meestal uitgesluit word van prosesse wat die stad nuut wil visioneer, ten koste van onsself. In plaas van die uitsluiting van plaaslike gemeenskappe met hulle unieke visies, ervaringe en kundigheid, suggereer ek die doelbewuste bevordering van 'n gemeenskaps gedrewe stedelike praxis. Laastens bied ek die konsep van 'n Urban Studio as 'n moontlike trans-dissiplinere ruimte, in noue samewerking met plaaslike gemeenskappe, vir die generering van transformerende kennis, wat die moontlikheid van meer inklusiewe, regverdige en volhoubare stedelike woonbuurte kan verhoog. <![CDATA[<b>The suitability and unsuitability of <i>ubuntu</i> in constitutional law - inter-communal relations versus public office-bearing</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300007&lng=en&nrm=iso&tlng=en In hierdie artikel word aangevoer dat ubuntu in bepaalde kontekste in die staatsreg van besondere waarde kan wees, maar dat die toepaslikheid daarvan op ander gebiede onder verdenking is. Wat die toepaslikheid daarvan betref, word geredeneer dat daar 'n korpus van reg, genaamd die reg van inter-gemeenskapsbetrekkinge aan die ontwikkel is. Die grondslag hiervan is in die wesensaard van die staat self. Op die keper beskou is die staat die beliggaming van, en waarborg vir die openbare vrede (of behoort dit ten minste so te wees). Die openbare vrede is op sy beurt afhanklik van die instandhouding van gesonde betrekkinge tussen gemeenskappe, by gebreke waarvan die veiligheid van die gemeenskappe in die gedrang kom en die stabiliteit, en trouens die voortbestaan van die staat self, in die gedrang kom. In die bespreking word met verwysing na die beskouing in Suid-Afrikaanse regspraak oor ubuntu aangevoer dat ubuntu saam met die verbod op haatspraak en dergelike verbiedinge wat die openbare vrede kan ontwrig, sowel as die internasionale reg rakende volksmoord en verwante internasionale misdade, die ontluikende reg van inter-gemeenskapsbetrekkinge, beliggaam. Daarenteen kan ubuntu egter treffend ontoepaslik wees naamlik op die gebied van openbare ampsbekleding. Die kernvraag by openbare ampsbekleding is of die ampsbekleër vir die openbare amp waarin sy/haar aangestel is, geskik is en die pligte wat met die amp vereenselwig word, soos dit in die toepaslike reg beskryf word, getrou (kan) uitvoer. Openbare ampsbekleding hang juis nie primêr van die persoonlike verhoudings van die ampsbekleër met die publiek of met die hoofde of ondersgeskiktes van die ampsbekleër af nie. Inteendeel, warm verhoudings kan juis verkeerdelik voortspruit uit oorwegings wat allermins met die betrokke amp vereenselwigbaar is. Dit kan voorkom omdat die kunsmatige identiteit van openbare ampsbekleding met vermeende ubuntu-geïnspireerde knusse betrekkinge wat niks met die nakoming van openbare ampspligte te doen het nie, verwar word. Om hierdie rede is die aanwending van ubuntu-geïnspireerde goeie verhoudings in die konteks van openbare ampsbekding bevraagtekenbaar. <![CDATA[<b>A tale of two expropriations: <i>Newcrestia</i> and <i>Agrizania</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300008&lng=en&nrm=iso&tlng=en 'n Regsvergelyking word getref tussen die destydse belangwekkende uitspraak van High Court van Australië in Newcrest Mining (WA) Ltd v The Commonwealth en die onlangse Agri SA reeks van sake teen die Departement van Minerale in Suid-Afrika. Beide die geskille het gehandel oor die vraag of die mineraalregte/mynregte deur wetgewing, wat die bedryf van mynbou of vervreemding van regte op een of ander wyse verbied het, onteien word. Die artikel fokus op die betekenis wat aan die begrippe "ontneming" en "verkryging", as synde elemente van ont-eiening, toegedig word. Ondanks soortgelyke feitestelle en regsbeginsels rondom onteiening word verskillende resultate in die beslissings bereik. Daar word gepoog om die verskillende resultate te verklaar. By afloop van 'n regsvergelykende analise word tot 'n slotsom geraak omtrent die juistheid en wysheid van die onderskeie beslissings. <![CDATA[<b>Reflective journals as an assessment method in clinical legal education</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300009&lng=en&nrm=iso&tlng=en Almal is dit eens dat die kliniese regsopleidingskursus nougeset geassesseer moet word indien dit kredietdraend is vir die verwerwing van die LLB-graad. Alhoewel verskeie vorme van assessering met welslae in kliniese regsopleiding toegepas kan word, konsentreer hierdie artikel bepaald op die gebruik van oordenkingsjoernale as assesseringsmetode. As agtergrond word daar eerstens in die breë tussen formatiewe en summatiewe assessering onderskei, waarna die riglyne vir assessering en puntetoekenning sowel as studente se ondervindings in dié verband bespreek en geëvalueer word. Oordenkingsjoernale word algemeen in buitelandse jurisdiksies as assesseringsmetode gebruik, maar die aanwending daarvan in Suid-Afrika is tot dusver nog beperk. Nadat regstudente aan die regskliniek van die Universiteit van die Witwaters-rand, Johannesburg, aan die einde van die akademiese jare 2009, 2010 en 2011 met behulp van vraelyste gevra is om hulle mening oor die moontlike ingebruikneming van sulke joernale te lug, is 'n proefprojek met oordenkingsjoernale dan ook in 2012 by dié instelling onderneem. Die terugvoering van die studente wat aan die proef deelgeneem het, word dus hier bespreek, en die beweegrede en metodes vir die gebruik van oordenkingsjoernale word voorts aangedui. Verdere kwessies wat aanboord kom, is terugvoering aan studente oor hul joernaalinskrywings, sowel as die vraag of hierdie inskrywings inderdaad geassesseer behoort te word. As 'n praktiese, waardebelaaide element, wat ook as grondslag vir verdere ondersoek en ontwikkelingswerk kan dien, doen die navorsers boonop 'n konsepstruktuur vir 'n instruktiewe refleksiejoernaal aan die hand. Die outeurs kom uiteindelik tot die gevolgtrekking dat hierdie vorm van assessering gepas sou wees vir gebruik in Suid-Afrikaanse kliniese regsopleidingsprogramme, veral ook gedagtig aan die unieke omgewings waarbinne ons regsklinieke funksioneer. <![CDATA[<b>Regional harmonisation of international sales law <i>via</i> accession to the CISG and the importance of uniform interpretation of the CISG</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300010&lng=en&nrm=iso&tlng=en Internasionale unifisering of harmonisering van substantiewe reg is in die afgelope paar dekades primêr deur middel van internasionale verdrae teweeggebring. In die veld van internasionale koopkontrakte vir roerende goedere, is die Weense Koopverdrag 'n invloedryke internasionale verdrag wat die internasionale unifisering van die reg in dié veld ten doel het. Unifisering of harmonisering van substantiewe reg by wyse van 'n internasionale verdrag kan egter slegs bewerkstellig word indien die verdrag eenvormig in die verskillende lidlande geïnterpreteer word. Artikel 7(1) van die Weense Koopverdrag is die verdrag se interpretasieklousule en vereis dat, eerstens, die internasionale karakter van die Weense koopverdrag, tweedens, die noodsaaklikheid daarvan om eenvormigheid van die verdrag se toepassing na te streef en derdens, die behoud van goeie trou in internasionale handel, in die interpretasie van die verdrag in ag geneem moet word. Die eerste interpretasievoorskrif het tot inhoud dat daar aan die verdrag se bepalings 'n outonome betekenis geheg moet word - sonder verwysing na regskonsepte en instellings van nasionale jurisdiksies. Die tweede interpretasievoorskrif bevestig die feit dat eenvormige toepassing van die verdrag slegs by wyse van eenvormige interpretasie van die verdragsbepalings bewerkstellig kan word. In hierdie verband is dit van kardinale belang dat jurisdiksies in die interpretasie van die verdrag se bepalings, interpretasies van ander jurisdiksies in ag neem. Op die wyse ontstaan daar 'n internasionale gesprek ten aansien van die interpretasie van die verdrag wat eenvormige interpretasie bevorder. Daar bestaan verskeie omvattende elektroniese databasisse waarop nasionale Weense Koopverdraguitsprake beskikbaar gestel word en hierdie feit maak dit daagliks makliker vir nasionale howe om relevante uitsprake van ander jurisdiksies in ag te neem. Die derde interpretasievoorskrif in artikel 7(1) vereis dat die verdrag se bepalings op so 'n wyse geïnterpreteer moet word dat die toepassing van die bepalings tot redelike en billike resultate lei. In lig van die feit dat artikel 7(1) van die Weense Koopverdrag nie 'n teoretiese interpretasiemetodologie voorskryf nie, is dit van belang dat daar na die relevante bepalings van die 1969 Verdragsregkonvensie verwys word. Die interpretasiemetodologie soos toegepas op die Weense Koopverdrag word in hierdie bydrae ontleed. Die gevolgtrekking word gemaak dat eenvormige interpretasie van die Weense Koopverdrag inderdaad moontlik is indien daar aan die vermelde interpretasie voorskrifte gehoor gegee word. Waar dit die geval is, sou die Weense Koopverdrag 'n geskikte instrument wees om internasionale en regionale harmonisering van die reg aangaande internasionale koopkontrakte teweeg te bring. Daar word dus aan die hand gedoen dat alle SAOG-lede lidlande van die Weense Koopverdrag word. <![CDATA[<b>A historical overview of the regulation of market abuse under the Securities Services Act 36 of 2004</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300011&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die gevolge van die misbruik van die mark word reeds in 'n aantal van die wêreld se finansiële markte gevoel. Suid-Afrika is nie 'n uitsondering nie. 'n Reputasie van hoë vlakke van die mark misbruik praktyke wat verband hou met die Suid-Afrikaanse finansiële markte in die middel van die 1990's is 'n goeie voorbeeld. In 'n poging om die misbruik van die mark in Suid-Afrika te bekamp, is die Securities Services Act 36 van 2004 verorden ten einde al die gebrekkige bepalings van die Wet op Binnekennistransaksies 135 van 1998, te herroep en te verbeter. Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie artikel 'n oorsig bied sowel as 'n ontleding van die doeltreffendheid van die mark misbruik regulerende raamwerk in terme van die Securities Services Act 36 van 2004 te ondersoek ten einde vas te stel of dit openbare vertroue van beleggers in die Suid-Afrikaanse finansiële markte herstel het. Laasgenoemde word gedoen om bewustheid te verhoog aan die kant van die betrokke rolspelers ten aansien van die vraag of die Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing behoorlik toegepas word. Die artikel bespreek ook ander maatreëls wat aangewand kan word, waar nodig, ten einde die betrokke Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing sowel as die toepassing daarvan te verbeter. <![CDATA[<b>When does an application for business rescue proceedings suspend liquidation proceedings?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300012&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die gevolge van die misbruik van die mark word reeds in 'n aantal van die wêreld se finansiële markte gevoel. Suid-Afrika is nie 'n uitsondering nie. 'n Reputasie van hoë vlakke van die mark misbruik praktyke wat verband hou met die Suid-Afrikaanse finansiële markte in die middel van die 1990's is 'n goeie voorbeeld. In 'n poging om die misbruik van die mark in Suid-Afrika te bekamp, is die Securities Services Act 36 van 2004 verorden ten einde al die gebrekkige bepalings van die Wet op Binnekennistransaksies 135 van 1998, te herroep en te verbeter. Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie artikel 'n oorsig bied sowel as 'n ontleding van die doeltreffendheid van die mark misbruik regulerende raamwerk in terme van die Securities Services Act 36 van 2004 te ondersoek ten einde vas te stel of dit openbare vertroue van beleggers in die Suid-Afrikaanse finansiële markte herstel het. Laasgenoemde word gedoen om bewustheid te verhoog aan die kant van die betrokke rolspelers ten aansien van die vraag of die Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing behoorlik toegepas word. Die artikel bespreek ook ander maatreëls wat aangewand kan word, waar nodig, ten einde die betrokke Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing sowel as die toepassing daarvan te verbeter. <![CDATA[<b>Die bekende spermskenker se reg op kontak met die kind</b><b>: </b><b>Tendense in die Nederlandse en breër Europese familiereg</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300013&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die gevolge van die misbruik van die mark word reeds in 'n aantal van die wêreld se finansiële markte gevoel. Suid-Afrika is nie 'n uitsondering nie. 'n Reputasie van hoë vlakke van die mark misbruik praktyke wat verband hou met die Suid-Afrikaanse finansiële markte in die middel van die 1990's is 'n goeie voorbeeld. In 'n poging om die misbruik van die mark in Suid-Afrika te bekamp, is die Securities Services Act 36 van 2004 verorden ten einde al die gebrekkige bepalings van die Wet op Binnekennistransaksies 135 van 1998, te herroep en te verbeter. Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie artikel 'n oorsig bied sowel as 'n ontleding van die doeltreffendheid van die mark misbruik regulerende raamwerk in terme van die Securities Services Act 36 van 2004 te ondersoek ten einde vas te stel of dit openbare vertroue van beleggers in die Suid-Afrikaanse finansiële markte herstel het. Laasgenoemde word gedoen om bewustheid te verhoog aan die kant van die betrokke rolspelers ten aansien van die vraag of die Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing behoorlik toegepas word. Die artikel bespreek ook ander maatreëls wat aangewand kan word, waar nodig, ten einde die betrokke Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing sowel as die toepassing daarvan te verbeter. <![CDATA[<b><i>Malatji v Gauteng Building Provident Fund, Alexander Forbes Financial Services (Pty) Ltd and LR Civil (Pty) Ltd</i> (PFA/NP/9447/2011/LMP) (unreported)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300014&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die gevolge van die misbruik van die mark word reeds in 'n aantal van die wêreld se finansiële markte gevoel. Suid-Afrika is nie 'n uitsondering nie. 'n Reputasie van hoë vlakke van die mark misbruik praktyke wat verband hou met die Suid-Afrikaanse finansiële markte in die middel van die 1990's is 'n goeie voorbeeld. In 'n poging om die misbruik van die mark in Suid-Afrika te bekamp, is die Securities Services Act 36 van 2004 verorden ten einde al die gebrekkige bepalings van die Wet op Binnekennistransaksies 135 van 1998, te herroep en te verbeter. Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie artikel 'n oorsig bied sowel as 'n ontleding van die doeltreffendheid van die mark misbruik regulerende raamwerk in terme van die Securities Services Act 36 van 2004 te ondersoek ten einde vas te stel of dit openbare vertroue van beleggers in die Suid-Afrikaanse finansiële markte herstel het. Laasgenoemde word gedoen om bewustheid te verhoog aan die kant van die betrokke rolspelers ten aansien van die vraag of die Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing behoorlik toegepas word. Die artikel bespreek ook ander maatreëls wat aangewand kan word, waar nodig, ten einde die betrokke Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing sowel as die toepassing daarvan te verbeter. <![CDATA[<b><i>Dexgroup (Pty) Ltd v Trustco Group International (Pty)</i></b><b> <i>Ltd</i> <i>2013 6 SA 520 (SCA)</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300015&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die gevolge van die misbruik van die mark word reeds in 'n aantal van die wêreld se finansiële markte gevoel. Suid-Afrika is nie 'n uitsondering nie. 'n Reputasie van hoë vlakke van die mark misbruik praktyke wat verband hou met die Suid-Afrikaanse finansiële markte in die middel van die 1990's is 'n goeie voorbeeld. In 'n poging om die misbruik van die mark in Suid-Afrika te bekamp, is die Securities Services Act 36 van 2004 verorden ten einde al die gebrekkige bepalings van die Wet op Binnekennistransaksies 135 van 1998, te herroep en te verbeter. Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie artikel 'n oorsig bied sowel as 'n ontleding van die doeltreffendheid van die mark misbruik regulerende raamwerk in terme van die Securities Services Act 36 van 2004 te ondersoek ten einde vas te stel of dit openbare vertroue van beleggers in die Suid-Afrikaanse finansiële markte herstel het. Laasgenoemde word gedoen om bewustheid te verhoog aan die kant van die betrokke rolspelers ten aansien van die vraag of die Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing behoorlik toegepas word. Die artikel bespreek ook ander maatreëls wat aangewand kan word, waar nodig, ten einde die betrokke Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing sowel as die toepassing daarvan te verbeter. <![CDATA[<b><i>Loureiro and Others v iMvula Quality Protection (Pty) Ltd 2014 3 SA 394 (SCA)</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300016&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die gevolge van die misbruik van die mark word reeds in 'n aantal van die wêreld se finansiële markte gevoel. Suid-Afrika is nie 'n uitsondering nie. 'n Reputasie van hoë vlakke van die mark misbruik praktyke wat verband hou met die Suid-Afrikaanse finansiële markte in die middel van die 1990's is 'n goeie voorbeeld. In 'n poging om die misbruik van die mark in Suid-Afrika te bekamp, is die Securities Services Act 36 van 2004 verorden ten einde al die gebrekkige bepalings van die Wet op Binnekennistransaksies 135 van 1998, te herroep en te verbeter. Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie artikel 'n oorsig bied sowel as 'n ontleding van die doeltreffendheid van die mark misbruik regulerende raamwerk in terme van die Securities Services Act 36 van 2004 te ondersoek ten einde vas te stel of dit openbare vertroue van beleggers in die Suid-Afrikaanse finansiële markte herstel het. Laasgenoemde word gedoen om bewustheid te verhoog aan die kant van die betrokke rolspelers ten aansien van die vraag of die Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing behoorlik toegepas word. Die artikel bespreek ook ander maatreëls wat aangewand kan word, waar nodig, ten einde die betrokke Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing sowel as die toepassing daarvan te verbeter. <![CDATA[<b>Public Procurement Regulation in Africa</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000300017&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die gevolge van die misbruik van die mark word reeds in 'n aantal van die wêreld se finansiële markte gevoel. Suid-Afrika is nie 'n uitsondering nie. 'n Reputasie van hoë vlakke van die mark misbruik praktyke wat verband hou met die Suid-Afrikaanse finansiële markte in die middel van die 1990's is 'n goeie voorbeeld. In 'n poging om die misbruik van die mark in Suid-Afrika te bekamp, is die Securities Services Act 36 van 2004 verorden ten einde al die gebrekkige bepalings van die Wet op Binnekennistransaksies 135 van 1998, te herroep en te verbeter. Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie artikel 'n oorsig bied sowel as 'n ontleding van die doeltreffendheid van die mark misbruik regulerende raamwerk in terme van die Securities Services Act 36 van 2004 te ondersoek ten einde vas te stel of dit openbare vertroue van beleggers in die Suid-Afrikaanse finansiële markte herstel het. Laasgenoemde word gedoen om bewustheid te verhoog aan die kant van die betrokke rolspelers ten aansien van die vraag of die Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing behoorlik toegepas word. Die artikel bespreek ook ander maatreëls wat aangewand kan word, waar nodig, ten einde die betrokke Suid-Afrikaanse mark misbruik wetgewing sowel as die toepassing daarvan te verbeter.