Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020140002&lang=en vol. 47 num. 1 lang. en <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Editorial</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000200001&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>Legal issues involving student cyber speech in the United States</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000200002&lng=en&nrm=iso&tlng=en Sake wat oor leerders se vryheid van uitdrukking handel het oor die afgelope vier dekades die federale- en staatshowe se aandag geëis. Tot en met die laaste dekade was hierdie kwessies se fokus op leerder-uitdrukking by skole of by skoolaktiwiteite. Meer onlangs het die howe egter 'n stryd begin voer met leerder-uitdrukking wat nie op die skoolperseel geskep of gelewer is nie, liewer, kuber-spraak wat buite die skoolterrein geskep is maar toegang daarna word by die skool verkry. 'n Uitdaging vir die aanspreek van kuber-spraak is dat die persoon wat toegang tot die kuber-spraak verkry iemand anders kan wees as die persoon wat die inhoud daarvan geskep het. staats- en federale howe moes hierdie kuber-spraak uitdaging met konstitusionele vryheid van uitdrukking toetse aanspreek wat vir uitdrukking direk op die skoolperseel of by skoolaktiwiteite ontwerp is. Die gevolglike vonnise het tot 'n verwarrende waterval van interpretasie gelei, waar die uitkoms kan afhang van watter Hoogeregshof leerder-uitdrukking sake op gesteun word as presedent. Die implikasies van interpretasies van grondwetlikereg aangaande vrye spraak het 'n impak op die gesag van skooldistrikte om gedragskodes neer te lê en af te dwing, leerder-uitdrukking regte, en die reg van ouers om hul kinders se opvoeding rigting te gee. <![CDATA[<b>Approaches to pregnancy under the law: a relational response to the current South African position and recent academic trends</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000200003&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel neem drie verskillende geregtelike benaderings tot swangerskap in oënskou en oorweeg die onderskeie aansprake om ongeborenes tot geboorte te beskerm. Die benaderings wat ondersoek word is die enkel-entiteitbenadering, die aparte-entiteite benadering en die nie-een-nie-maar-nie-twee-nie benadering. Daar is tekortkominge in beide die enkel-entiteit en die aparte-entiteite benaderings. Beide benaderings faal daarin om die relasionele karakter van swangerskap te akkommodeer aangesien ongeborenes beskou word as nie-entiteite tot voordeel van swanger vrouens of swanger vrouens se belange opsy geskuif word tot voordeel van ongeborenes. Die artikel gaan verder om die nadelige implikasies van hierdie twee benaderings te beklemtoon en voor te stel dat 'n relasionele benadering tot swangerskap opgeneem en gevolg word. Hierdie benadering word beliggaam in die nie-een-nie-maar-nie-twee-nie benadering en steun op die verhouding tussen swanger vrouens en ongeborenes om sodoende die waarde van beide die entiteite wat 'n swangerskap opmaak, te erken. Die nie-een-nie-maar-nie-twee-nie benadering lê tussen die twee uiterste benaderings van die enkel-entiteit benadering en die aparte-entiteite benadering. Die voorstel beliggaam in hierdie benadering is dat die waarde van ongeborenes erken moet word maar wel in verhouding tot swanger vrouens wat die ongeborenes dra. Die artikel bekyk die definisie van die nie-een-nie-maar-nie-twee-nie benadering, die skakels met relasionele feminisme en die moontlike toepassing daarvan in 'n Suid-Afrikaanse konteks. Die artikel benadruk dat regsprobleme wat ten opsigte van swangerskap, swanger vrouens of ongeborenes ontstaan, benader behoort te word vanuit die vertrekpunt van die geleefde en beliggaamde ervarings van swangerskap om sodoende die pad vorentoe te bepaal. <![CDATA[<b>Direct marketing and spam via electronic communications: An analysis of the regulatory framework in South Africa</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000200004&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel weerlê die feit dat die reguleering van "spam" en direkte bemarking aanlyn nie holistiese aandag geniet nie en dat die gefragmenteerde benadering in terme van die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies 25 van 2002, Wet op Verbruikers-beskerming 68 van 2008 en die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 ongewens is. Dit het die gevolg dat verbruikers onvoldoende beskerming geniet en 'n onvermoë van die reg om "spam" en direkte bemarking aanlyn effektief te beheer. Terwyl aanlyn direkte bemarking en "spam" tot 'n mate oorvleuel is "spam" 'n wyer konsep as direkte bemarking. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat nie alle direkte bemarking "spam" is nie, en nie alle "spam" direkte bemarking is nie. Die beperking van die regulering van "spam" tot kommersiële kommunikasies of selfs die meer noue konsep, kommunikasies wat met direkte bemarking betrekking het, is nie voldoende nie omdat daar dan steeds baie verskillende tipes "spam" is wat nog ongereguleerd sal bly. Die artikel argumenteer dat hoewel onlangse regulatoriese veranderinge kan gesien word as 'n verbetering op die vorige posisie in sekere aspekte, is daar nog meer aspekte wat onaangeraak bly en daar is 'n paar bepalings wat nuwe probleme skep. Ten spyte van die onlangse veranderinge in die regulatoriese omgewing is dit waarskynlik dat verbruikers steeds blootgestel gaan word aan 'n deurlopende stroom van nuusbriewe, meningsopnames, godsdienstige boodskappe, politieke inhoud, virus waarskuwings en virus bedrog, nuus, ketting briewe, haat-pos en noukeurige vervaardigde elektroniese kommunikasies wat bedrieglike of misleidende inhoud bevat. <![CDATA[<b>The judicial application of the "interest" requirement for standing in constitutional cases: "A radical and deliberate departure from common law"</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000200005&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel ondersoek die geregtelike toepassing van die vereistes vir verskyningsbevoegdheid (locus standi) in grondwetlike aangeleenthede sedert die aanvang van die grondwetlike era in Suid-Afrika. In die lig van die parlement se betreurenswaardige versuim om die aanbevelings van die Suid-Afrikaanse Regskommissie met betrekking tot klas- en openbare aksies te implementeer, moes die land se howe stapsgewys hul eie sekerheid rakende die vereistes en vertolking van verskyningsbevoegdheid skep. In die vorige Westminster-staatsmodel is verskyningsbevoegdheid beperk tot litigante wat 'n direkte, beduidende belang by die saak en by die gewenste regsverligting kon toon. Hierdie streng benadering tot verskyningsbevoegdheid was gegrond op vrese dat 'n liberaler aanslag die sluise van litigasie sou ooptrek, wat op sy beurt openbare administrasie sou bemoeilik. Die aanvaarding van die Grondwet van 1996, en artikel 38 in die besonder, het egter 'n era van groot verandering in die bepalings oor verskyningsbevoegdheid ingelui. Dít blyk duidelik uit presedentereg sedertdien. Aan die hand van 'n bespreking van die waterskeidingsaak Ferreira v Levin, die Giant Concerts-aangeleentheid, die Tulip Diamonds-saak en etlike ander onlangse uitsprake, bied hierdie artikel 'n uitstippeling van die howe se stelselmatige vertolking en toepassing van artikel 38 met betrekking tot die vereistes vir verskyningsbevoegdheid in grondwetlike aangeleenthede. Dit word eerstens vinnig duidelik dat daar, in teenstelling met destyds, nou van howe verwag word om 'n ruim benadering tot verskyningsbevoegdheid in grondwetlike litigasie te volg en só te verseker dat die regte in die Handves van Regte sowel as elders in die Grondwet verwerklik word. Tweedens blyk dit dat litigante wat in eie belang optree, verkieslik ook "iets meer" as blote eie belang moet bewys; 'n groter openbare belang wat met die Grondwet strook. Sodanige groter openbare belang sluit onder meer in die behoefte aan groter regsekerheid vir behoorlike regspleging, die belang om te verseker dat openbare mag ingevolge grondwetlike en regsvoorskrifte uitgeoefen word, en die behoefte om die onafhanklikheid van die regbank te verseker en te versterk. Die derde en finale gevolgtrekking van hierdie navorsing is dat artikel 38 van die Grondwet inderdaad 'n radikale en doelbewuste afwyking van die gemenereg behels, en dat die Grondwet self 'n juiste en doeltreffende raamwerk bied vir 'n hof om grondwetlike verskyningsbevoegdheidsvereistes te bepaal. Laastens word die nie implementering van die Suid Afrikaanse Regskomissie se konsep wetsontwerp vir openbare-en klasaksies betreur omdat regsrekerheid reeds 'n geruime tyd gelede oor kwessies van locus standi verkry kon gewees het. <![CDATA[<b>The regime of forfeiture of patrimonial benefits in South Africa and a critical analysis of the concept of unduly benefited</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000200006&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel poog om die verbeurdverklaring van vermoëensregtelike voordele van die huwelik in die Suid-Afrikaanse reg volledig te bespreek. Die Suid-Afrikaanse howe is gereeld genader om sulke bevele in egskeidings sake te maak vandat die Romeins-Hollandsereg in Suid-Afrika aangeneem is. Hierdie kwessie is eers in 1979 in die Wet op Egskeidings artikel 9(1) gereguleer. Hierdie artikel fokus spesifiek op artikel 9(1) van die Wet en bespreek die faktore wat die howe in ag mag neem as verbeurdverklaringsbevele toegestaan word. Daar word egter geargumenteer dat die howe gevaal het om artikel 9(1) behoorlik te interpreter, aangesien hulle nie riglyne in verband met die betekenis van "onbehoorlike voordeel" (soos dit in die wetsartikel verskyn) voorsien het nie. <![CDATA[<b>Is die rede vir die beslissing in <i>Knox NO v Mofokeng and Others</i> 2013 4 SA 46 (GSJ) regtens korrek?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000200007&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel poog om die verbeurdverklaring van vermoëensregtelike voordele van die huwelik in die Suid-Afrikaanse reg volledig te bespreek. Die Suid-Afrikaanse howe is gereeld genader om sulke bevele in egskeidings sake te maak vandat die Romeins-Hollandsereg in Suid-Afrika aangeneem is. Hierdie kwessie is eers in 1979 in die Wet op Egskeidings artikel 9(1) gereguleer. Hierdie artikel fokus spesifiek op artikel 9(1) van die Wet en bespreek die faktore wat die howe in ag mag neem as verbeurdverklaringsbevele toegestaan word. Daar word egter geargumenteer dat die howe gevaal het om artikel 9(1) behoorlik te interpreter, aangesien hulle nie riglyne in verband met die betekenis van "onbehoorlike voordeel" (soos dit in die wetsartikel verskyn) voorsien het nie. <![CDATA[<b><i>Ex parte MS</i></b><b> 2014 JDR 0102 Case No 48856/2010 (GNP)</b><b>:</b> <b>Surrogate motherhood agreements, condonation of non-compliance with confirmation requirements and the best interests of the child</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000200008&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel poog om die verbeurdverklaring van vermoëensregtelike voordele van die huwelik in die Suid-Afrikaanse reg volledig te bespreek. Die Suid-Afrikaanse howe is gereeld genader om sulke bevele in egskeidings sake te maak vandat die Romeins-Hollandsereg in Suid-Afrika aangeneem is. Hierdie kwessie is eers in 1979 in die Wet op Egskeidings artikel 9(1) gereguleer. Hierdie artikel fokus spesifiek op artikel 9(1) van die Wet en bespreek die faktore wat die howe in ag mag neem as verbeurdverklaringsbevele toegestaan word. Daar word egter geargumenteer dat die howe gevaal het om artikel 9(1) behoorlik te interpreter, aangesien hulle nie riglyne in verband met die betekenis van "onbehoorlike voordeel" (soos dit in die wetsartikel verskyn) voorsien het nie. <![CDATA[<b>Constitutional perspectives on the judgments of the Labour Appeal Court and the Supreme Court of Appeal in <i>Solidarity (acting on behalf of Barnard) v South African Police Services</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000200009&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel poog om die verbeurdverklaring van vermoëensregtelike voordele van die huwelik in die Suid-Afrikaanse reg volledig te bespreek. Die Suid-Afrikaanse howe is gereeld genader om sulke bevele in egskeidings sake te maak vandat die Romeins-Hollandsereg in Suid-Afrika aangeneem is. Hierdie kwessie is eers in 1979 in die Wet op Egskeidings artikel 9(1) gereguleer. Hierdie artikel fokus spesifiek op artikel 9(1) van die Wet en bespreek die faktore wat die howe in ag mag neem as verbeurdverklaringsbevele toegestaan word. Daar word egter geargumenteer dat die howe gevaal het om artikel 9(1) behoorlik te interpreter, aangesien hulle nie riglyne in verband met die betekenis van "onbehoorlike voordeel" (soos dit in die wetsartikel verskyn) voorsien het nie. <![CDATA[<b><i>Nedbank Ltd v Swartbooi</i></b><b> Unreported Case No 708/2012 (ECP)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602014000200010&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel poog om die verbeurdverklaring van vermoëensregtelike voordele van die huwelik in die Suid-Afrikaanse reg volledig te bespreek. Die Suid-Afrikaanse howe is gereeld genader om sulke bevele in egskeidings sake te maak vandat die Romeins-Hollandsereg in Suid-Afrika aangeneem is. Hierdie kwessie is eers in 1979 in die Wet op Egskeidings artikel 9(1) gereguleer. Hierdie artikel fokus spesifiek op artikel 9(1) van die Wet en bespreek die faktore wat die howe in ag mag neem as verbeurdverklaringsbevele toegestaan word. Daar word egter geargumenteer dat die howe gevaal het om artikel 9(1) behoorlik te interpreter, aangesien hulle nie riglyne in verband met die betekenis van "onbehoorlike voordeel" (soos dit in die wetsartikel verskyn) voorsien het nie.