Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020130004&lang=en vol. 46 num. 4 lang. en <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>In memoriam</b> <b>:</b> <b>Speaking across generations: Nelson Rolihlahla Mandela 1918 - 2013</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400001&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>Madiba would have agreed: "The law is for protection of the people"</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400002&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>Patrimonial consequences at the conversion of the marriage system</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400003&lng=en&nrm=iso&tlng=en The Recognition of Customary Marriages Act provides for the "conversion" of a customary marriage into a civil marriage. The Act, however, does not adequately regulate the consequences during the interface between the spouses' customary marriage and civil marriage. Section 10(2) provides only that if spouses who are married at customary law subsequently enter into a civil marriage with each other, their marriage is in community of property and of profit and loss unless such consequences are specifically excluded in an antenuptial contract which regulates the matrimonial property system of their marriage. This section does not deal with the position where the customary marriage, for example, is in community of property and the spouses want to "convert" their customary marriage in a civil marriage out of community of property. Uncertainty exists as to whether the joint estate of the customary marriage continues to exist or is terminated at the date of the civil marriage, and whether the spouses in the aforementioned example have to enter into an antenuptial contract prior to the civil marriage or have to comply with other requirements. The fact that the Act is silent on the effect of the conversion on the customary marriage contributes to the uncertainty. The purpose of this article is to address these issues. <![CDATA[<b>Access to justice in the South African social security system: Towards a conceptual approach</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400004&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die Grondwet waarborg aan elkeen die reg op toegang tot sosiale sekerheid. Dit verplig die staat verder om redelike wetgewende en ander maatreëls, binne die perke van beskikbare middele, te neem om die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot sosiale sekerheid te bewerkstellig. 'n Stelsel wat deur die staat ingestel is om die reg op toegang tot sosiale sekerheid te verwesenlik, sou onvolledig wees sonder 'n doeltreffende en uitvoerbare stelsel wat gebruikers van die stelsel in staat stel om geskille wat mag ontstaan, te besleg. So 'n stelsel sou gevolg moes gee aan die reg op toegang tot die howe (regspleging). Gevolglik moet 'n sosiale sekerheids-geskilbeslegtingstelsel bestaanbaar wees met die begrip van toegang tot regpleging, soos beoog in die Grondwet. Alhoewel die Grondwet nie toegang tot regspleging omskryf nie, dui dit die benadering wat by die uitleg van die regte in die Handves van Regte gevolg moet word, aan. Hierdie artikel poog om die begrip van toegang tot regspleging te ontwikkel vir sover dit van toepassing is op ontvangers van sosiale sekerheid. Dit beveel 'n breë benadering tot die begrip aan, wat voorsiening maak vir die instelling van 'n geskilbeslegtingstelsel; en die aanname van maatreëls gerig op die bemagtiging van ontvangers. <![CDATA[<b>A contractual perspective on the strict liability principle in the World Anti-Doping Code</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400005&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die beginsel van strenge aanspreeklikheid in die World Anti-doping Code bepaal dat indien die atleet se bloed of urinemonster 'n positiewe resultaat vir verbode middels toon, die atleet outomaties skuldig is aan 'n oortreding ingevolge die kode. Die skuldigbevinding staan ongeag of die atleet op 'n skuldige of onskludige wyse gehandel het. Die afwesigheid van skuld sal slegs 'n rol speel by die bepaling van die sanksie wat die atleet ontvang. Hierdie beginsel is direk uit die privaatreg oorgeplant om toepassing te vind in dissiplinêre verhore wat handel oor die gebruik van verbode middels in sport. Sommige skrywers meen dat privaatregtelike beginsels nie 'n plek in dié soort tugverhore behoort te hê nie. Hulle verloor egter uit die oog dat die verhouding tussen atleet en sportligaam 'n kontraktuele verhouding is en dat die atleet kontraktueel gebonde is om nie in stryd met die kode te handel nie. Dus, indien die atleet 'n bepaling van die kode oortree, stel dit kontrakbreuk daar in die vorm van positiewe wanprestasie. In die geval van positiewe wanprestasie is dit nie nodig vir die eiser om te bewys dat die verweerder skuld gehad het toe kontrakbreuk plaasgevind het nie. Geen verontskuldiging kan die kontrakbreuk tot niet maak nie. Die afwesigheid van skuld, al dan nie, speel slegs 'n rol by die bepaling van die mate waartoe die verweerder aanspreeklik gehou kan word. Daarom word aangevoer dat die beginsel van strenge aanspreeklikheid in tugverhore rakende die gebruik van verbode middels deur atlete slegs 'n toepassing is van die algemene beginsels van die kontraktereg. <![CDATA[<b>Section 49, lethal force and lessons from the De Menezes shooting in the United Kingdom</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400006&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die Strafproseswysigingswetsontwerp 2010 stel sekere wysigings aan artikel 49 van die Strafproseswet 51 van 1977 voor ten einde die artikel in lyn te bring met die riglyne wat vasgestel is deur die Konstitusionele Hof in Ex parte: The Minister of Safety and Security: In re S v Walters 2002 2 SASV 105 (KH) rakende die gebruik van geweld ten einde 'n inhegtenisneming uit te voer. Hierdie artikel poog om die aandag te vestig op die tekortkominge van die voorgestelde wysigings aan artikel 49, deur gebruik te maak van die De Menezes-voorval wat plaasgevind het in die Verenigde Koninkryk, as 'n voorbeeld om die potensiële probleme met die bewoording van die wysigingswetsontwerp toe te lig. Hierdie voorval, waarin 'n onskuldige man deur die Britse polisie doodgeskiet is, gee aanleiding tot 'n aantal interessante vraagstukke met betrekking tot die vlak van geweld wat deur die polisie gebruik mag word om 'n inhegtenisneming te bewerkstellig, en die impak wat terrorisme -spesifiek selfmoordterrorisme - internationaal gehad het op polisie taktiek. In lyn met die Britse ondervinding, sal dit betoog word dat die voorgestelde wysigings aan artikel 49 nie 'n aanvaarbare oplossing in Suid-Afrika bied vir 'n soortgelyke terroristebedreiging nie. Hierdie argument is gebaseer op die voorgestelde teks in artikel 49(2)(b) -naamlik dat "the suspect is suspected" ("die verdagte word vermoed") mag lei tot onskuldige dodings, aangesien die woorde die potensiaal het om die beluitneming, rakende die gebruik van dodelike geweld, van die arresteerder na die verwyderde "supervisor" ("inspekteur") oor te dra. Verder het die insluiting van die teks, "having committed a crime" ("wat 'n misdryf gepleeg het"), en die uitsluiting van die frase, "future death or grievous bodily harm" ("toekomstige doding of ernstige liggaamlike besering"), die gevolg dat die voorgestelde artikel 49 slegs bruikbaar sal wees in voorvalle waar die verdagte ook 'n verdagte is in 'n vorige misdaad, en sal dit nie van hulp wees vir die arresteerder in gevalle waar die verdagte moontlik 'n misdaad in die toekoms beplan nie. <![CDATA[<b>Match fixing in sport: a top priority and ongoing challenge for sports governing bodies</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400007&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die gewildheid, wêreldwye invloed en finansiële impak van sport - wat tans meer as 3% tot internasionale handel bydra - is ook verantwoordelik vir 'n groot aantal noemenswaardige probleme, onder andere korrupsie in die vorm van knoeiery, wat al meer algemeen voorkom en soveel verskillende sportsoorte raak, insluitende sokker - die wêreld se gunsteling en mees winsgewende sport! Sport beheerliggame op internasionale-, nasionale- en streeksvlakke is gedurig besig om hierdie plaag van knoeiery te probeer hokslaan, met gemengde resultate. 'n Groot probleem wat hulle in die gesig staar is om op hoogte te bly met nuwe tegnologiese ontwikkelinge, soos aanlyn weddenskappe wat deur groot weddenskap-sindikate gebruike word om resultate van sport byeenkomste te beïnvloed, wat die integriteit en regverdigheid waarvoor sport bekend is, of ten minste bekend moet wees, ondermyn. Hierdie is 'n deurlopende stryd wat gewen moet word! Hierdie artikel bespreek die voortdurende stappe wat geneem word deur sport beheerliggame en ander organisasies met 'n gevestigde belang daarin om ontslae te raak van knoeiery in sport. <![CDATA[<b>The right to say "I don't": The reception of the action for breach of promise</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400008&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel speur die ontwikkeling en aard van die aksie vir troubreuk na van sy Romeinse oorsprong af deur die Kanonieke-, Engelse- en Romeins-Hollandse reg heen tot by die Suid-Afrikaanse reg in die jaar 2013. Die sosiale konteks waarbinne die aksie toepassing gevind het, word ook telkens geskets om die interaksie tussen die reg en sosiale faktore te illustreer. Die volgende premis word deur hierdie oorsig bevestig: die toepassing van die aksie vir troubreuk binne 'n regstelsel weerspieël die mores van die eietydse gemeenskap. Die feit dat die aksie vir troubreuk langer as 'n halwe eeu onder dispuut in die Suid-Afrikaanse howe en onder regsgeleerdes is, dui daarop dat die aksie lank reeds nie meer strook met bogenoemde premis nie. Die wye nuusdekking wat die onlangse saak van Bridges v Van Jaarsveld geniet het en regter Harms se bedenking oor die paslikheid van so 'n aksie in ons tyd, het hierdie dissonansie opnuut aan die kaak gestel. Met regter Henney se uitspraak in die saak van Cloete v Maritz in April 2013 word daar eindelik weggedoen met die aksie vir troubreuk in Suid-Afrika. Met Regter Harms se rigtinggewende obiter dictum as basis gee ons 'n opsomming van faktore wat bydra tot die aksie se ongewensdheid binne 'n moderne Suid-Afrikaanse konteks. Baie spesifieke omstandighede het veroorsaak dat dit lank geneem het vir sosiale kragte om 'n impak op die reg te hê, maar ten slotte kon die aksie vir troubreuk nie die veranderende houdings, gewoontes en realiteite van die Suid-Afrikaanse samelewing oorleef nie. <![CDATA[<b>Section 85 of the National Credit Act 34 of 2005: thoughts on its scope and nature</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400009&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 het groot omwentelinge in die Suid-Afrikaanse kredietlandskap meegebring deur die invoering van die skuldverligtingsremedies ten aansien van oorverskuldigdheid en roekelose krediet. Dit is veral die konsep van oorverskuldigdheid wat op 'n prosedurele vlak 'n wesenlike invloed het op 'n kredietverskaffer se reg op skuldinvordering. Die Nasionale Kredietwet bevat verskeie bepalings wat aan 'n verbruiker toegang tot die skuldhersieningsproses bied, naamlik artikel 86(1) wat voorsiening maak vir die verbruiker om vrywillig aansoek te doen om skuldhersiening, artikel 85 wat 'n hof magtig om in te gryp indien dit in enige verrigtinge beweer word dat 'n verbruiker oorverskuldig is, artikel 86(11) wat voorsiening maak vir hervatting van 'n skuld-hersiening wat beëindig is, artikel 130(4)(c) wat toegang tot skuld-hersiening bewerkstellig in gevalle waar die kredietverskaffer nie aan die bepalings van die Kredietwet voldoen het nie. Hierdie bydra ondersoek die aard van die bepalings in artikel 85 en die prosesregtelike interaksie daarvan met die ander bepalings in die Kredietwet wat betrekking het op skuldhersiening. Dit spreek aspekte aan soos wie die prosedure mag gebruik, asook op watter stadium en onder welke omstandighede dit gebruik mag word. Dit stel ook ondersoek in na die verskille tussen die diskresie van die hof, asook die hof se verwysings- en skuld-herstruktureringsbevoegdhede, ingevolge artikel 85(a) en (b) onder-skeidelik. <![CDATA[<b>The continued relevance of the <i>mandament van spolie:</i> recent developments relating to dispossession and eviction</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400010&lng=en&nrm=iso&tlng=en Ten spyte daarvan dat artikel 26(3) van die Grondwet die uitsetting van persone in die afwesigheid van 'n hofbevel verbied, het drie onlangse hofsake aangedui dat sulke uitsettings steeds plaasvind. Hoewel verskeie opsies vir die applikante (staatsorgane) beskikbaar was om persone uit geboue en skuilings te verwyder, (nood-, gesondheids- en rampmaatreëls en die Uitsettingswet 19 van 1998), is uitsetting in die gevalle onder bespreking effektiewelik bewerk deur spoliasie - van die gebou of skuiling as 'n geheel of van elemente wat integraal tot die skuiling was (ontneming van dakplate). Om besitsherstel te bewerkstellig (en uitsetting om te keer), is die mandament van spolie deur die respondente geopper. Hoewel die feite en omstandighede soortgelyk (maar nie identies nie) was, is die uitsprake taamlik uiteenlopend. In twee van die drie sake was die mandament onsuksesvol en is 'n grondwetlike besitsherstelremedie ontwikkel. In die derde geval was die mandament inderdaad suksesvol, hoewel die dakplate met plaasvervangende materiaal herstel moes word. Die bydrae ontleed die drie sake in die lig van (a) die basiese beginsels van die mandament en die redes vir die remedie in die algemeen; en (b) die noodsaaklikheid (al dan nie) om die remedie te ontwikkel. Dit wil voorkom of die mandament toenemend aangewend word om ander oogmerke, byvoorbeeld grondwetlike beskerming teen uitsetting, te bereik. Dit is problematies in die lig daarvan dat die mandament nooit beoog het om substantiewe regte of, soos in hierdie gevalle, veilige grondbeheer ("secure tenure") daar te stel nie. Wat egter duidelik na vore kom, is dat (a) die Uitsettingswet nie persone beskerm wat in dieselfde posisie as die respondente is nie omdat die Wet te reaktief is; en (b) dat die mandament steeds relevansie het deurdat alle rolspelers gedwing om aan 'n formele proses wat by 'n openbare forum afspeel, deel te neem. Solank as wat die leemtes in die Uitsettingswet voortbestaan, is die mandament relevant, nie net as besitsherstelremedie nie, maar ook as meganisme om die belange van kwesbares - veral by onwettige uitsetting - uit te lig. <![CDATA[<b>A new role for crime victims? An evaluation of restorative justice procedures in the Child Justice Act 2008</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400011&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel ontleed die herstellende geregtigheidsprosedures in die Wet op Kinderberegting 75 van 2008. Die oogmerk hiermee is om te evalueer in welke mate slagoffers ingesluit is en of, in lyn met vorige akademiese opinie, hulle werklik 'n sentrale posisie in so 'n benadering tot die strafregstelsel beklee. Vervolgens word voordele vir slagoffers wat 'n groter rol speel ondersoek, sowel as kritiek daarteen. Alhoewel bevind word dat slagoffers van kinderoortreders nie sentraal staan in hierdie nuwe regsparadigma nie, word aanbevelings gemaak vir die optimale uitleg en toepassing van herstellende geregtigheidsprosedures in die Wet op Kinderberegting. Op so 'n wyse kan die terapeutiese uitkomste wat vir slagoffers in die wet beoog word, verwesenlik word. <![CDATA[<b>Infringement of the right to goodwill; the basic legal principles in relation to South African case law</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400012&lng=en&nrm=iso&tlng=en Onregmatige mededinging in die Suid-Afrikaanse gemenereg is gegrond op die algemene beginsels van die deliktereg. Aanspreeklikheid word dus slegs bevind indien al die elemente bevredig word. Die beoordeling van aanspreeklikheid word gewoonlik gedoen teen die agtergrond van die ageerbare ommstandighede wat in respraak oorweeg is. Die gronde vir aanspreeklikheid vorm egter nie 'n numerus clausus nie. Aangesien die tempo waarteen nuwe gronde geïdentifiseer word in pas is met die gereeldheid van geskille wat voor die howe kom, is dit maar 'n stadige proses. Dit sou dus voordelig wees om 'n benadering gegrond op beginsels te ontwikkel om vas te stel watter handelinge of soorte gedrag tot aanspreeklikheid kan aanleiding gee. 'n Benadering gegrond op beginsels moet dus fokus op die indetifikasie van regtens afkeurenswaardige gedrag wat die reg op werfkrag skend en die bewys dat sodanige gedrag ondermatig is. <![CDATA[<b>Share issues and shareholder protection</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400013&lng=en&nrm=iso&tlng=en Onregmatige mededinging in die Suid-Afrikaanse gemenereg is gegrond op die algemene beginsels van die deliktereg. Aanspreeklikheid word dus slegs bevind indien al die elemente bevredig word. Die beoordeling van aanspreeklikheid word gewoonlik gedoen teen die agtergrond van die ageerbare ommstandighede wat in respraak oorweeg is. Die gronde vir aanspreeklikheid vorm egter nie 'n numerus clausus nie. Aangesien die tempo waarteen nuwe gronde geïdentifiseer word in pas is met die gereeldheid van geskille wat voor die howe kom, is dit maar 'n stadige proses. Dit sou dus voordelig wees om 'n benadering gegrond op beginsels te ontwikkel om vas te stel watter handelinge of soorte gedrag tot aanspreeklikheid kan aanleiding gee. 'n Benadering gegrond op beginsels moet dus fokus op die indetifikasie van regtens afkeurenswaardige gedrag wat die reg op werfkrag skend en die bewys dat sodanige gedrag ondermatig is. <![CDATA[<b><i>A (Pty) Ltd v The Commissioner for the South African Revenue Service</i></b><b> ITC 12644 (2012)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400014&lng=en&nrm=iso&tlng=en Onregmatige mededinging in die Suid-Afrikaanse gemenereg is gegrond op die algemene beginsels van die deliktereg. Aanspreeklikheid word dus slegs bevind indien al die elemente bevredig word. Die beoordeling van aanspreeklikheid word gewoonlik gedoen teen die agtergrond van die ageerbare ommstandighede wat in respraak oorweeg is. Die gronde vir aanspreeklikheid vorm egter nie 'n numerus clausus nie. Aangesien die tempo waarteen nuwe gronde geïdentifiseer word in pas is met die gereeldheid van geskille wat voor die howe kom, is dit maar 'n stadige proses. Dit sou dus voordelig wees om 'n benadering gegrond op beginsels te ontwikkel om vas te stel watter handelinge of soorte gedrag tot aanspreeklikheid kan aanleiding gee. 'n Benadering gegrond op beginsels moet dus fokus op die indetifikasie van regtens afkeurenswaardige gedrag wat die reg op werfkrag skend en die bewys dat sodanige gedrag ondermatig is. <![CDATA[<b><i>Modjadji Florah Mayelane v Mphephu Maria Ngwenyama</i></b><b> [2013] ZACC 14</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400015&lng=en&nrm=iso&tlng=en Onregmatige mededinging in die Suid-Afrikaanse gemenereg is gegrond op die algemene beginsels van die deliktereg. Aanspreeklikheid word dus slegs bevind indien al die elemente bevredig word. Die beoordeling van aanspreeklikheid word gewoonlik gedoen teen die agtergrond van die ageerbare ommstandighede wat in respraak oorweeg is. Die gronde vir aanspreeklikheid vorm egter nie 'n numerus clausus nie. Aangesien die tempo waarteen nuwe gronde geïdentifiseer word in pas is met die gereeldheid van geskille wat voor die howe kom, is dit maar 'n stadige proses. Dit sou dus voordelig wees om 'n benadering gegrond op beginsels te ontwikkel om vas te stel watter handelinge of soorte gedrag tot aanspreeklikheid kan aanleiding gee. 'n Benadering gegrond op beginsels moet dus fokus op die indetifikasie van regtens afkeurenswaardige gedrag wat die reg op werfkrag skend en die bewys dat sodanige gedrag ondermatig is. <![CDATA[<b><i>Baker Tilly (a firm) v Makar</i></b><b> [2010] EWCA Civ 1411</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000400016&lng=en&nrm=iso&tlng=en Onregmatige mededinging in die Suid-Afrikaanse gemenereg is gegrond op die algemene beginsels van die deliktereg. Aanspreeklikheid word dus slegs bevind indien al die elemente bevredig word. Die beoordeling van aanspreeklikheid word gewoonlik gedoen teen die agtergrond van die ageerbare ommstandighede wat in respraak oorweeg is. Die gronde vir aanspreeklikheid vorm egter nie 'n numerus clausus nie. Aangesien die tempo waarteen nuwe gronde geïdentifiseer word in pas is met die gereeldheid van geskille wat voor die howe kom, is dit maar 'n stadige proses. Dit sou dus voordelig wees om 'n benadering gegrond op beginsels te ontwikkel om vas te stel watter handelinge of soorte gedrag tot aanspreeklikheid kan aanleiding gee. 'n Benadering gegrond op beginsels moet dus fokus op die indetifikasie van regtens afkeurenswaardige gedrag wat die reg op werfkrag skend en die bewys dat sodanige gedrag ondermatig is.