Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020130003&lang=pt vol. 46 num. 3 lang. pt <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Editorial</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300001&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt <![CDATA[<b>The application of "repealed" sections of the Companies Act 61 of 1973 to liquidation proceedings of insolvent companies</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300002&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die Maatskappyewet 71 van 2008 het op 1 Mei 2011 in werking getree en die Maatskappyewet 61 van 1973 herroep. Nietemin is die bepalings in die 1973-Wet insake korporatiewe insolvensieverrigtinge in wese behou deur artikel 224 en item 9 van skedule 5 by die 2008-Wet. Die 2008-Wet bevat bepalings om die likwidasie van solvente maatskappye in werking te stel maar geen prosedures om dit deur te voer nie, soos wat die 1973-Wet wel bevat. Geen substantiewe bepalings in verband met die gronde en prosedures vir die likwidasie van insolvente maatskappye is ontwikkel en geïnkorporeer in die 2008-Wet nie. In plaas daarvan, en met spesifieke verwysing na die likwidasie van 'n maatskappy wat insolvent is, is die bepalings van hoofstuk 14 van die 1973-Wet van toepassing "asof hierdie bepalings nie herroep is nie". In lig van die voormelde en in die konteks van die likwidasie van insolvente maatskappye, oorweeg hierdie artikel drie vrae. Eerstens word die vraag gevra of 'n interpretasie van item 9 van skedule 5 by die 2008-Wet 'n ruim benadering ondersteun waarvolgens daar gesteun mag word op bepalings van die 1973-Wet wat buite die grense van hoofstuk 14 van die Wet val. Tweedens word eksperimentele oorweging verleen aan die toepassing van die bovermelde benadering om sodoende te kan steun op die bepalings van artikels 12 en 13 van die 1973-Wet. Die saak van Botha NO v Van den Heever NO word in hierdie verband bespreek. Derdens word die vraag gevra of die inhoud van die bepalings insake jurisdiksie (artikel 12) en sekuriteit vir kostes (artikel 13) waarde toevoeg tot die uitvoering van likwidasie prosedures, dus in effek of daar 'n behoefte is om hierdie bepalings te behou binne die konteks van die toepassing van hoofstuk 14 en die likwidasie-prosedures vervat in die 1973-Wet. In afwagting van omvattende wetgewing om insolvensie prosedures te reguleer, word daar voorgestel dat die bepalings van die 1973-Wet in soverre dit betrekking het op die likwidasie van insolvente maatskappye, selfs waar hierdie bepalings nie binne die grense van hoofstuk 14 vervat is nie, steeds aangewend mag word in sekere gevalle. <![CDATA[<b>Miscellaneous problems relating to the existence and validity of a will at the death of the testator (part 2)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300003&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Executing a will is an important step in estate planning. A will gives the testator the opportunity to bequeath his assets and to indicate how he wants his estate to be distributed after his death. Not only is the proper execution of a will important but it should be updated regularly and carefully to provide for changed circumstances. The will must accordingly be readily available for the testator to amend or revoke. The availability of the will after the testator's death is crucial in order for the administration process to commence. Although an easy accessible will can lead to problems surrounding the authenticity of the will, it can contribute to the prompt administration of the estate as it must be submitted to the master in terms of the Administration of Estates Act. In this article numerous problems relating to the existence, availability and recovery of a will at the death of the testator are discussed. Interrelated issues such as forgery, lost wills, missing wills, concealment of wills and revocation by destruction of a will are discussed with reference to case law and other examples. Questions as to the proper custody of the will, before and after the death of the testator, resolving disputes amongst next-of-kin, and the onus of proof, are discussed. Cases that in fact dealt with common law lost wills, but where section 2(3) condonation applications were incorrectly brought, are discussed. Possible resolutions for the miscellaneous problems with wills are explored and recommendations made to solve potential problems. <![CDATA[<b>The role of a curator <i>ad litem</i> and children's access to the courts</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300004&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Normaalweg is dit 'n kind se ouer(s) wat hom of haar in litigasie bystaan of vir en namens die kind litigeer. In uitsonderlike gevalle is dit egter nie moontlik of wenslik om hierdie funksie aan die ouers of voogde oor te laat nie. Dit is deel van ons Romeins-Hollandse regserfenis dat kurators ad litem in hierdie gevalle gebruik word om kinders se ontbrekende of beperkte verskyningsbevoegdheid aan te vul. In hierdie bydrae word aangetoon dat die regspraak die rol van die kurator ad litem duidelik omskryf het deur dit onder andere te onderskei van die rol van die Gesinsadvokaat en 'n regsverteenwoordiger. Daar word voorts ook aangetoon dat die howe egter verder gegaan het en die rol van die kurator ad litem wat vir kinders optree, uitgebrei het om onder andere ook die belange van kinders in die algemeen te dien, dus in gevalle waar hulle nie voor die hof was nie. Die uitbreiding van die rol van hierdie kurators kan op vele maniere verklaar word. Dit kan egter nie betwyfel word dat die Kinderwet 38 van 2005 en litigasie wat in die openbare belang ten behoewe van kinders onderneem word, 'n leeue-aandeel hierin gespeel het nie. Hierdie uitbreiding word verwelkom omdat toegang tot die howe noodsaaklik is ten einde sosiale geregtigheid te bewerkstellig en kinderregte te verwesenlik. Daar word egter ook aangetoon dat die Suid-Afrikaanse kinderreg in hierdie verband by ander regstelsels kan kersopsteek, aangesien kinders in sekere gevalle steeds hul reg op deelname aan belangrike besluitneming ontneem word. <![CDATA[<b>What would my mother say? Refusal, forgiveness and the subjectivity of South African women</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300005&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Hierdie artikel handel hoofsaaklik oor die subjektiwiteit van Suid-Afrikaanse vroue bespreek vanuit die oogpunt van vergifnis en versoening. Die prosesse van die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) word as fokuspunt gebruik om oor die posisie van vroue na te dink. Die getuienis van 'n moeder voor die WVK asook ander narratiewe word bespreek teen die agtergrond van die konsep van "weiering" soos mee omgegaan binne die post-apartheid regsleer. Daar word gepoog om aan te dui dat die prosesse van die WVK bygedra het tot die huidige posisie van Suid-Afrikaanse vroue. "Weiering" word voorgehou as 'n moontlike alternatiewe benadering tot die reg wat eweneens alternatiewe moontlikhede na vore kan bring. In die artikel word daar voorgestel dat aandag aan die manlike kulturele orde geskenk moet word om sodoende die marginalisering van vroue aan te spreek. Verder word daar voorgestel dat die konsep van "weiering" die daaglikse lewe en stryd van Suid-Afrikaanse vroue kan uitlig en na vore bring. <![CDATA[<b>Unpacking "progressive realisation", its relation to resources, minimum core and reasonableness, and some methodological considerations for assessing compliance</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300006&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt "Toenemende verwesenliking" is een van die beperkings waaraan die implementering van sosio-ekonomiese regte in verskeie grondwette, sowel as internasionale standaarde, onderwerp is. Die beperking kan deur state gebruik word om implementering te vertraag indien hulle die betekenis van die beperking nie korrek verstaan nie of dit misken. Hierdie artikel poog om te verduidelik wat die beperking behels. Die artikel oorweeg of 'n benadering van toenemende verwesenliking tot die afdwinging van sosio-ekonomiese regte inhou dat die verwesenliking van die regte van armes, benadeeldes, verstotenes of die mees miskendes in die samelewing, uitgestel word en of dit waarde toevoeg tot die begrippe "dwingende nood" of "redelikheid" soos deur die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof ontwikkel. Laastens oorweeg die artikel metodes wat benut word om voldoening aan die toenemende verwesenliking-vereiste te toets. <![CDATA[<b>Acquisition of ownership inside virtual worlds</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300007&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die artikel het ten doel om as kort inleiding te dien tot die manier waarop eiendom binne in 'n virtuele wêreld verkry kan word. Die Suid-Afrikaanse sakereg word as agtergrond gebruik om die nuwe veld van virtuele goederereg te bespreek en binne in die konteks van die reg in die regte wêreld te plaas. Ondersoek word ingestel om te bepaal of daar ooreenkomste is tussen die oordrag van eiendom in die regte en die virtuele wêrelde. In sommige gevalle blyk dit te wees dat eiendomsregte afgelei word deur middel van standaard kontraktuele bedinge wat deur die ontwikkelaar van 'n virtuele wêreld bepaal word. Soms is hierdie bloot gebruiksregte, maar in ander gevalle, en spesifiek binne-in virtuele wêrelde wat die regte wêreld simuleer, kan gebruikers eienaarskap verkry van hul virtuele goedere. Vanuit die voorbeelde is dit duidelik dat daar sterk ooreenkomste tussen eiendom in die regte en virtuele wêrelde is. Eiendom kan onder andere deur beide oorspronklike sowel as afgeleide wyses verkry kan word in die virtuele wêreld en eiendomsreg in 'n virtuele item kan onder andere gesedeer, verkoop of ge-erf word of selfs verlore gaan in 'n insolvente boedel. <![CDATA[<b>Let false light (publicity) shine forth in South African law</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300008&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die reg aangaande privaatheidskending het die afgelope aantal jare drastiese ontwikkeling ondergaan in alle opsigte, behalwe met betrekking tot vals lig publikasie. Die onlangse saak van Le Roux v Dey 2011 3 SA 274 (CC) het egter 'n hewige debat ontketen oor die vraag of 'n gemanipuleerde foto wat 'n skoolhoof en adjunk-skoolhoof in 'n seksueel-suggestiewe posisie uitbeeld, sou neerkom op laster. Die Konstitusionele Hof het in 'n meerderheidsuitspraak bevind dat dit inderdaad lasterlik was. Twee aparte minderheidsuitsprake het egter bevind dat die foto nóg belasterend was, nóg die menswaardigheid van die betrokke individue geskend het. Die standpunte van die minderheid was hoofsaaklik gegrond op omsigtigheid om in stryd met artikel 9 van die Grondwet, wat diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie verbied, op te tree. Meeste van die kritiek wat op die meerderheidsuitspraak gelewer is, deel hierdie sentiment. Dit is glad nie vergesog nie dat die howe uiteindelik in die toekoms kan weier om hulp te verleen waar moontlike skending van artikel 9 ter sprake mag kom. Dit laat egter die vraag ontstaan of die tyd nie ryp is om die reg aangaande vals lig privaatheidskending te ontwikkel nie, om in sodanige gevalle inderdaad 'n remedie te verleen. <![CDATA[<b>The nature of a headquarter company</b>: <b>a comparative analysis</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300009&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Ten einde Suid-Afrika as 'n poort vir belegging in Afrika te bevorder, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Tesourie in 2011 die hoofkwartier-maatskappy reguleering bekendgestel. Dit behels dat, kragtens wysigings van belastingswetgewing, die bepaalde struikelblokke wat verhoed dat hoofkwartiermaatskappye na Suid Afrika gelok word, verwyder word. Maatskappye met sekere kwalifiserende strukturele eienskappe geniet spesiale belastingbehandeling ten einde belegging in die vorm van hoofkwartiermaatskappye te bevorder. Verskeie internasionale maatskappye se strukture stem egter ooreen met die eienskappe van hoof-kwartiermaatskappye. In sommige gevalle word die funksies wat deur hierdie entiteite verrig word, gekombineer wat tot gevolg het dat dit die hoofkwartiermaatskappy-funksies van ander entiteite verrig en andersom. Dit skep die geleentheid vir sommige maatskappye, wat nie hoofkwartier-maatskappye is nie, om onbewustelik of bewustelik die voordele wat gemik is op hoofkwartiermaatskappye te verkry. 'n Hoofkwartiermaatskappy is onderskeibaar van verskeie ander vorme van maatskappye wat besigheid in die internasionale sfeer bedryf. Hierdie artikel bespreek die aard van 'n hoofkwartiermaatskappy en onderskei dit van ander soortgelyke entiteite. Dit dui aan dat, alhoewel daar verskeie en verskillende ooreenkomste tussen hoofkwartiermaatskappye en hierdie entiteite is, die funksie en struktuur van hoofkwartiermaatskappye hulle onderskei van die ander entiteite. Dit is belangrik dat die aard van 'n hoofkwartiermaatskappy nie met die van die ander entiteite verwar moet word nie. Indien die hoofkwartiermaatskappy met ander entiteite verwar word sal dit lei tot oningeligte besluite en dat eienskappe daaraan toegedig word wat tot belastingaanslae of verwagtinge in verskillende jurisdiksies kan lei. <![CDATA[<b>Legal framework for public private partnership in Nigeria</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300010&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Nigerië staar tans 'n infrastruktuur-tekort in die gesig, wat 'n beperking plaas op die land se vermoë om ekonomies te groei en te ontwikkel ter bereiking van die nasionale visie om deel van die top 20 wêreld ekonomie teen 2020 te wees. Om die land se infrastruktuur te verbeter en sodoende verbeterde ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, moet daar belê word in die uitbreiding van die infrastruktuur en basiese dienslewering op 'n skaal wat tans vêr buite die bereik is van die regering se begroting en finansiële vermoëns. Dus is die Nigeriese regering afhanglik van privaat inisiatiewe en kapitaal om die land se infrastruktuur te onderhou en uit te brei. Die gebrek van finansiering noodsaak die regering om gebruik te maak van privaatsektor hulpbronne en -finansiering vir die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering deur middel van openbaar-private vennootskappe. Hierdie artikel ondersoek die regsgrondslag vir privaat-sektor deelname in die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering in Nigerië. Uiteindelik, bied dit 'n oorsig en lewer kritiek op sekere wetgewing wat die openbaar-private vennootskap raamwerk in die voorsiening van infrastruktuur, onderhoud en finansiering in Nigerië reël. Die artikel argumenteer dat wetgewing wat die grondslag van die raamwerk in Nigerië beheer ontoereikend is. Die ontoereikendheid van wetgewing is deels verantwoordelik vir die gebrek aan private belegging in Nigerië se openbare infrastruktuur en dienslewering. Dit lei daartoe dat die program nie daarin slaag om privaat beleggings vir die ontwikkeling van Nigeriese infrastruktuur te verseker nie. Gevolglik sal die regte wetgewing die privaatsektor aanmoedig om hulle beleggings te verhoog en die nodige finansiële hulpbronne beskikbaar te stel om kritiese ontwikkeling van openbare infrastruktuur en dienslewering te bewerkstellig. <![CDATA[<b>"Quad motorcycle" qualified as a motor vehicle in terms of the RAF Act 56 of 1996 -requirements relaxed in <i>Jeffrey v Road Accident Fund</i> 2012 4 SA 475 (GSJ)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300011&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Nigerië staar tans 'n infrastruktuur-tekort in die gesig, wat 'n beperking plaas op die land se vermoë om ekonomies te groei en te ontwikkel ter bereiking van die nasionale visie om deel van die top 20 wêreld ekonomie teen 2020 te wees. Om die land se infrastruktuur te verbeter en sodoende verbeterde ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, moet daar belê word in die uitbreiding van die infrastruktuur en basiese dienslewering op 'n skaal wat tans vêr buite die bereik is van die regering se begroting en finansiële vermoëns. Dus is die Nigeriese regering afhanglik van privaat inisiatiewe en kapitaal om die land se infrastruktuur te onderhou en uit te brei. Die gebrek van finansiering noodsaak die regering om gebruik te maak van privaatsektor hulpbronne en -finansiering vir die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering deur middel van openbaar-private vennootskappe. Hierdie artikel ondersoek die regsgrondslag vir privaat-sektor deelname in die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering in Nigerië. Uiteindelik, bied dit 'n oorsig en lewer kritiek op sekere wetgewing wat die openbaar-private vennootskap raamwerk in die voorsiening van infrastruktuur, onderhoud en finansiering in Nigerië reël. Die artikel argumenteer dat wetgewing wat die grondslag van die raamwerk in Nigerië beheer ontoereikend is. Die ontoereikendheid van wetgewing is deels verantwoordelik vir die gebrek aan private belegging in Nigerië se openbare infrastruktuur en dienslewering. Dit lei daartoe dat die program nie daarin slaag om privaat beleggings vir die ontwikkeling van Nigeriese infrastruktuur te verseker nie. Gevolglik sal die regte wetgewing die privaatsektor aanmoedig om hulle beleggings te verhoog en die nodige finansiële hulpbronne beskikbaar te stel om kritiese ontwikkeling van openbare infrastruktuur en dienslewering te bewerkstellig. <![CDATA[<b>Huurooreenkomste waarop die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 moontlik toepassing vind</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300012&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Nigerië staar tans 'n infrastruktuur-tekort in die gesig, wat 'n beperking plaas op die land se vermoë om ekonomies te groei en te ontwikkel ter bereiking van die nasionale visie om deel van die top 20 wêreld ekonomie teen 2020 te wees. Om die land se infrastruktuur te verbeter en sodoende verbeterde ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, moet daar belê word in die uitbreiding van die infrastruktuur en basiese dienslewering op 'n skaal wat tans vêr buite die bereik is van die regering se begroting en finansiële vermoëns. Dus is die Nigeriese regering afhanglik van privaat inisiatiewe en kapitaal om die land se infrastruktuur te onderhou en uit te brei. Die gebrek van finansiering noodsaak die regering om gebruik te maak van privaatsektor hulpbronne en -finansiering vir die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering deur middel van openbaar-private vennootskappe. Hierdie artikel ondersoek die regsgrondslag vir privaat-sektor deelname in die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering in Nigerië. Uiteindelik, bied dit 'n oorsig en lewer kritiek op sekere wetgewing wat die openbaar-private vennootskap raamwerk in die voorsiening van infrastruktuur, onderhoud en finansiering in Nigerië reël. Die artikel argumenteer dat wetgewing wat die grondslag van die raamwerk in Nigerië beheer ontoereikend is. Die ontoereikendheid van wetgewing is deels verantwoordelik vir die gebrek aan private belegging in Nigerië se openbare infrastruktuur en dienslewering. Dit lei daartoe dat die program nie daarin slaag om privaat beleggings vir die ontwikkeling van Nigeriese infrastruktuur te verseker nie. Gevolglik sal die regte wetgewing die privaatsektor aanmoedig om hulle beleggings te verhoog en die nodige finansiële hulpbronne beskikbaar te stel om kritiese ontwikkeling van openbare infrastruktuur en dienslewering te bewerkstellig. <![CDATA[<b>Wanneer vind artikel 7(7) van die Wet op Egskeiding, 70 van 1979, toepassing?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300013&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Nigerië staar tans 'n infrastruktuur-tekort in die gesig, wat 'n beperking plaas op die land se vermoë om ekonomies te groei en te ontwikkel ter bereiking van die nasionale visie om deel van die top 20 wêreld ekonomie teen 2020 te wees. Om die land se infrastruktuur te verbeter en sodoende verbeterde ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, moet daar belê word in die uitbreiding van die infrastruktuur en basiese dienslewering op 'n skaal wat tans vêr buite die bereik is van die regering se begroting en finansiële vermoëns. Dus is die Nigeriese regering afhanglik van privaat inisiatiewe en kapitaal om die land se infrastruktuur te onderhou en uit te brei. Die gebrek van finansiering noodsaak die regering om gebruik te maak van privaatsektor hulpbronne en -finansiering vir die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering deur middel van openbaar-private vennootskappe. Hierdie artikel ondersoek die regsgrondslag vir privaat-sektor deelname in die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering in Nigerië. Uiteindelik, bied dit 'n oorsig en lewer kritiek op sekere wetgewing wat die openbaar-private vennootskap raamwerk in die voorsiening van infrastruktuur, onderhoud en finansiering in Nigerië reël. Die artikel argumenteer dat wetgewing wat die grondslag van die raamwerk in Nigerië beheer ontoereikend is. Die ontoereikendheid van wetgewing is deels verantwoordelik vir die gebrek aan private belegging in Nigerië se openbare infrastruktuur en dienslewering. Dit lei daartoe dat die program nie daarin slaag om privaat beleggings vir die ontwikkeling van Nigeriese infrastruktuur te verseker nie. Gevolglik sal die regte wetgewing die privaatsektor aanmoedig om hulle beleggings te verhoog en die nodige finansiële hulpbronne beskikbaar te stel om kritiese ontwikkeling van openbare infrastruktuur en dienslewering te bewerkstellig. <![CDATA[<b><i>Jerrier v Outsurance Insurance Company</i></b><b> <i>Ltd</i> 2013 JDR 0562 (KZP). The duty to disclose: An ongoing problem?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300014&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Nigerië staar tans 'n infrastruktuur-tekort in die gesig, wat 'n beperking plaas op die land se vermoë om ekonomies te groei en te ontwikkel ter bereiking van die nasionale visie om deel van die top 20 wêreld ekonomie teen 2020 te wees. Om die land se infrastruktuur te verbeter en sodoende verbeterde ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, moet daar belê word in die uitbreiding van die infrastruktuur en basiese dienslewering op 'n skaal wat tans vêr buite die bereik is van die regering se begroting en finansiële vermoëns. Dus is die Nigeriese regering afhanglik van privaat inisiatiewe en kapitaal om die land se infrastruktuur te onderhou en uit te brei. Die gebrek van finansiering noodsaak die regering om gebruik te maak van privaatsektor hulpbronne en -finansiering vir die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering deur middel van openbaar-private vennootskappe. Hierdie artikel ondersoek die regsgrondslag vir privaat-sektor deelname in die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering in Nigerië. Uiteindelik, bied dit 'n oorsig en lewer kritiek op sekere wetgewing wat die openbaar-private vennootskap raamwerk in die voorsiening van infrastruktuur, onderhoud en finansiering in Nigerië reël. Die artikel argumenteer dat wetgewing wat die grondslag van die raamwerk in Nigerië beheer ontoereikend is. Die ontoereikendheid van wetgewing is deels verantwoordelik vir die gebrek aan private belegging in Nigerië se openbare infrastruktuur en dienslewering. Dit lei daartoe dat die program nie daarin slaag om privaat beleggings vir die ontwikkeling van Nigeriese infrastruktuur te verseker nie. Gevolglik sal die regte wetgewing die privaatsektor aanmoedig om hulle beleggings te verhoog en die nodige finansiële hulpbronne beskikbaar te stel om kritiese ontwikkeling van openbare infrastruktuur en dienslewering te bewerkstellig. <![CDATA[<b><i>Banda v Van der Spuy</i></b><b> 2013 4 SA 77 (SCA) Quantifying a claim with the actio quanti minoris</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000300015&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Nigerië staar tans 'n infrastruktuur-tekort in die gesig, wat 'n beperking plaas op die land se vermoë om ekonomies te groei en te ontwikkel ter bereiking van die nasionale visie om deel van die top 20 wêreld ekonomie teen 2020 te wees. Om die land se infrastruktuur te verbeter en sodoende verbeterde ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, moet daar belê word in die uitbreiding van die infrastruktuur en basiese dienslewering op 'n skaal wat tans vêr buite die bereik is van die regering se begroting en finansiële vermoëns. Dus is die Nigeriese regering afhanglik van privaat inisiatiewe en kapitaal om die land se infrastruktuur te onderhou en uit te brei. Die gebrek van finansiering noodsaak die regering om gebruik te maak van privaatsektor hulpbronne en -finansiering vir die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering deur middel van openbaar-private vennootskappe. Hierdie artikel ondersoek die regsgrondslag vir privaat-sektor deelname in die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering in Nigerië. Uiteindelik, bied dit 'n oorsig en lewer kritiek op sekere wetgewing wat die openbaar-private vennootskap raamwerk in die voorsiening van infrastruktuur, onderhoud en finansiering in Nigerië reël. Die artikel argumenteer dat wetgewing wat die grondslag van die raamwerk in Nigerië beheer ontoereikend is. Die ontoereikendheid van wetgewing is deels verantwoordelik vir die gebrek aan private belegging in Nigerië se openbare infrastruktuur en dienslewering. Dit lei daartoe dat die program nie daarin slaag om privaat beleggings vir die ontwikkeling van Nigeriese infrastruktuur te verseker nie. Gevolglik sal die regte wetgewing die privaatsektor aanmoedig om hulle beleggings te verhoog en die nodige finansiële hulpbronne beskikbaar te stel om kritiese ontwikkeling van openbare infrastruktuur en dienslewering te bewerkstellig.