Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020130002&lang=en vol. 46 num. 2 lang. en <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Editorial</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200001&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>Plain packaging and its impact on trademark law</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200002&lng=en&nrm=iso&tlng=en Handelsmerke word ruim beskerm en wetgewers laat die eienaars van handelsmerke tot 'n groot mate toe om hulle handelsmerke ongestoord te gebruik. Daar is egter 'n nuwe wetgewende tendens op die horison wat 'n bedreiging inhou vir handelsmerke. Hierdie wetgewing, wat hoofsaaklik op tabakprodukte gemik is, vereis dat sodanige produkte slegs in voorgeskrewe ongetooide verpakking te koop aangebied mag word. Die verpakking is effekleurig en slegs die handelsnaam mag op die voorkant verskyn. Dit is die gevolg van riglyne uitgereik deur die Wêreld Gesond-heidsorganisasie na aanleiding van die konvensie oor die beheer van tabakprodukte. Australiê is die eerste land wat by wyse van wetgewing aan die riglyne uitvoering gegee het en hierdie wetgewing het toetsing deur die howe deurstaan. Dit wil voorkom of Suid-Afrika ook afstuur op soortgelyke wetgewing. Die gebruik van ongetooide verpakking kan egter onverwagse gevolge inhou. Vervalsing en sluikhandel word tot 'n groot mate bekamp deur die eienaars van handelsmerke wat hulle handelmerke teen misbruik beskerm. Indien tabakprodukte in ongetooide verpakking verkoop moet word, kan dit vervalsing en sluikhandel bevorder deurdat dit makliker sal wees om die verpakking na te boots en moeiliker sal wees vir die eienaars van handelsmerke om hulle regte af te dwing. <![CDATA[<b>Collective sale of sports television rights in the European Union</b>: <b>competition law aspects</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200003&lng=en&nrm=iso&tlng=en Televisieregte vir sport word wêreldwyd vir astronomiese bedrae verhandel. In die Europese Unie (EU), word hierdie regte gewoonlik deur sportliggame en -ligas op 'n kollektiewe rondslag verhandel, ten einde die waarde daarvan te verhoog. Sulke reelings is egter onderhewig aan EU Mededingingsmaatreêls, wat daarop gerig is, nie om mededinging te verhoed nie, maar om onregmatige mededinging te verbied en die spreekwoordelike speelveld gelyk te maak. Hierdie artikel oorweeg die maatstawwe, soos neergelê deur die mededingingsdirektoraat van die Europese Kommissie en uitgewys in regspraak van die Europese geregs-hof, om te bepaal of sodanige kollektiewe verhandelinge van geval tot geval regmatig is. Dit oorweeg ook die beperkings wat die sogenaamde EU "Television Without Frontiers" Directive plaas op die verhandeling van TV-regte deur sportliggame, en wat vereis dat bepaalde sportgeleenthede van sosiale belang in elkeen van die 28 lidstate van die EU algemeen beskikbaar moet wees op "gratis-oor-die-lug-televisie". Die artikel fokus ook op die onlangse appèlsake wat in die Europese geregshof ten aansien van die FIFA sokker-wêreldbeker en UEFA Europese kampioenskap beslis is. <![CDATA[<b>Miscellaneous problems relating to the existence and validity of a will at the death of the testator (part 1)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200004&lng=en&nrm=iso&tlng=en Executing a will is an important step in estate planning. A will gives the testator the opportunity to bequeath his assets and to indicate how he wants his estate to be distributed after his death. Not only is the proper execution of a will important but it should be updated regularly and carefully to provide for changed circumstances. The will must accordingly be readily available for the testator to amend or revoke. The availability of the will after the testator's death is crucial in order for the administration process to commence. Although an easily accessible will can lead to problems surrounding the authenticity of the will, it can contribute to the prompt administration of the estate as it must be submitted to the master in terms of the Administration of Estates Act. In this article numerous problems relating to the existence, availability and recovery of a will at the death of the testator are discussed. Interrelated issues such as forgery, lost wills, missing wills, concealment of wills and revocation by destruction of a will are discussed with reference to case law and other examples. Questions as to the proper custody of the will, before and after the death of the testator, resolving disputes amongst next-of-kin, and the onus of proof, are discussed. Cases, that in fact dealt with common law lost wills, but where section 2(3) condonation applications were incorrectly brought, are discussed. Possible resolutions for the miscellaneous problems with wills are explored and recommendations made to solve potential problems. <![CDATA[<b>Cosmetic surgery and responsible patient selection - does a legal duty to screen patients exist?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200005&lng=en&nrm=iso&tlng=en Daar is sekere unieke uitdagings wat pasiëntkeuse vir kosmetiese chirurgie betref. Die uitdaging wat kosmetiese chirurge in die gesig staar is hoe om reeds voor chirurgiese ingryping pasiënte te identifiseer wat 'n swak resultaat in terme van sielkundige aanpassing en psigososiale funksionering sal hê, ten spyte van 'n tegnies aanvaarbare resultaat. Aangesien sielkundige faktore onderliggend is aan die meeste versoeke vir kosmetiese chirurgie, word daar aan die hand gedoen dat kosmetiese chirurge 'n regsplig het om bewus te wees van algemeen erkende psigiatriese toestande en simptome. Kosmetiese chirurge, meer so as die meeste ander spesialiste, moet aandagtige luisteraars wees met kliniese vernuf wat strek buite die tipiese grense van medisyne en siekte. Die deliktuele, strafregtelike en kontraktuele aanspreeklikheid van 'n kosmetiese chirurg wat opereer op 'n sielkundig onstabiele pasiënt word in besonderhede bespreek. Die bespreking vind plaas aan die hand van 'n Amerikaanse saak, die enigste saak van sy soort ter wêreld, waar die vraag of 'n pasiënt wat ly aan liggaamsdismorfiese versteuring geldige toestemming tot kosmetiese chirurgie kan gee, aangespreek is. <![CDATA[<b>Restricting freedom of speech or regulating gatherings?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200006&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierde bydrae is 'n kritise oorsig oor Suid Afrikaanse wetgewing met betrekking tot optogte en betogings naamlik die Regulation of Gatherings Act 205 of 1993. In hierdie kritise oorsig word openbare geweld en die gevolge daarvan bevraeteken, die waarde van openbare optogte in verband met die opbou van demokrasie bespreek en die funksie en rol van die howe in die bevordering van vryheid van uitdrukking en assosiasie word vasgestel. Die gevolgtrekking is dat die Regulation of Gatherings Act 205 of 1993 gewysig word moet om vryheid van uitdrukking en assosiasie te beter te beskerm <![CDATA[<b>The role of the judiciary in balancing flexibility and security</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200007&lng=en&nrm=iso&tlng=en In wat volg word die regskeppende bevoegdhede van die howe ondersoek en drie verskillende maniere gemerk waardeur die howe kan bydra tot die regulering van die arbeidsmarkte. Eerstens, kan die howe nuwe regulering skep deur middel van hul vertolkingsmandaat. Tweedens, kan die howe nuwe regulering skep deur middel van hul remediërende magte na aanleiding van 'n bevinding van ongrondwetlikheid van bestaande reëls en regulasies. Derdens, kan howe ook verdere regulering deur die wetgewer veroorsaak in hul omgang met en hantering van wetgewing. Daar word gelet op die belang van wetgewing in die algemeen maar ook op die besondere belang van arbeidswetgewing ten opsigte van die regulering van die samelewing en die arbeidsmarkte. Verder word die inherente regskeppende funksie van die howe beskryf. Daar word gemerk dat sekere begrippe juis vaag en wyd opgestel is ten einde dit aan die howe oor te laat om die bepalings van sodanige wetgewing te vertolk en inhoud daaraan te gee. Die howe is dus belangrike akteurs in die buigsaamheid/sekerheid debat aangesien hulle reëls en regulasies "skep" deur middel van hulle vertolkingsmandaat. Daar word egter verder aangevoer dat (as gevolg van die openheid van taal) hierdie verskeinsel nie slegs beperk kan word tot daardie gevalle wat as vaag en wyd bestempel kan word nie. Die vertolkingsbenaderings van onderskeidelik die Hoogste Hof van Appèl en die Grondwetlike Hof, ten opsigte van arbeids-aangeleenthede, word ondersoek. Die howe kan egter ook reg skep na aanleiding van 'n bevinding van ongrondwetlikheid ingevolge artikel 172(1)(a) van die Grondwet en kan ook verdere ingrypings deur die wetgewer in die arbeidsmark veroorsaak. Hierdie verskeinsel laat vrae ontstaan oor hoe howe kan bydra tot die buigsaamheid/sekerheid debat en die regulering van die arbeidsmarkte. <![CDATA[<b>Pashukanis on crime and punishment</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200008&lng=en&nrm=iso&tlng=en Evgeny Pashukanis is bekend vir die sogenaamde kommoditeits-vorm regsteorie. Die teorie is gebaseer rondom die verhouding tussen die regsvorm en die kommoditeitsvorm, wat wentel om die beginsel van ekwivalensie. Pashukanis het dit as 'n algemene teorie ontwikkel en hy het dit nog altyd as sulks aanvaar. Sedert die publikasie daarvan in 1924, was die Pashukanis regsteorie die teiken van volgehoue kritiek. Een van die mees prominente punte van kritiek is die bewering dat die teorie nie algemeen toepassbaar is nie en dat die teorie nie van sy historiese oorsprong in kontraktereg kan ontsnap nie. Terwyl die beginsel van ekwivalensie toegepas kan word in privaatreg, weerspieël dit nie die verhoudings in die publiekreg nie. Pashukanis se poging om misdaad en straf as 'n integrale aspek van die kommoditeits-vorm teorie aan te bied, is nie oortuigend nie. Die teorie kan slegs slaag as 'n teorie van privaatreg, maar nie as 'n algemene teorie van die reg nie. Hierdie artikel beoog om die argument dat Pashukanis se teorie nie 'n algemene teorie is nie, te ondersoek. Dit word gedoen met spesifieke verwysings na die ontleding van misdaad en straf, en poog om te wys, histories en analities, dat die beginsel van ekwivalensie ook in hierdie gebiede van toepassing is. Die ontleding sluit in pleitonderhandeling, borgtog, noodweer, toestemming en toerekeningsvatbaarheid. In die algemeen word die onderlinge verhoudings tussen kontrakte, delikte en misdaad ook ondersoek. Die impak wat die beginsel van ekwivalensie op straf het word ook verduidelik. Ten slotte is die gevolgtrekking dat daar geen teenstrydighede tussen strafreg en die beginsel van ekwivalensie is nie. Inteendeel, strafreg is 'n vertakking van die reg waar hierdie regsvorm die opvallendste is. Die Pashukanis-regsteorie kan dus beskou word as 'n algemene regsteorie <![CDATA[<b>Surrogate motherhood agreements and their confirmation</b>: <b>A new challenge for practitioners?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200009&lng=en&nrm=iso&tlng=en Ondanks die feit dat onlangse regspraak sommige onduidelikhede aangaande die regsposisie van surrogaatskap uit die weg geruim het, bestaan verskeie regs- en etiese dilemmas steeds op dié gebied. Ten spyte van die huidige lacunae dien die kontrak as 'n hulpmiddel om die belange van beide die lasgewende ouer(s) en die surrogaatmoeder te bevestig en te beskerm. Die howe vereis 'n volledige, eerlike en omvattende kontrak, beëdigde verklaring en aansoek. Ten spyte hiervan blyk partye onbewus of ongeërg oor die moontlikheid en uitwerking van hul versuim om gehoor te gee aan hierdie vereistes. Voordat surrogaatskap deur die Kinderwet¹ gereguleer was, het onvrugbare paartjies waarskynlik surrogaatskap onwettiglik beoefen. Die vraag is dus waarom, nou dat die praktyk wettig is, paartjies steeds die gereg tart? Vanweë die aard van surrogaatskap bestaan die praktyk grotendeels uit die strewe na 'n balans tussen die belange van die verskeie partye, die kind en die gemeenskap as 'n geheel - 'n taak wat byna onmoontlik blyk te wees. Tans is die surrogaatmoederskapsooreenkoms die mees gepaste instrument om die belange van alle betrokkenes te beskerm. Die moontlikheid van 'n surrogaatskap-spesifieke model moet ondersoek word, om sodoende voornemende partye, asook ons howe leiding te bied in die uitleg, bekragtiging en implementering van surrogaatmoederskapsooreenkomste onder Hoofstuk 19 van die Kinderwet. Todat 'n surrogaatskap-spesifieke model ontwerp word, of 'n hof 'n uitspraak lewer wat só 'n model impliseer, word daar aanbeveel dat die kontraktereg-model toegepas word. Dit maak voorsiening vir die moontlikheid dat die bedoeling van die partye nagejaag kan word. Verder word ook aan die hand gedoen dat toepassing van die kontraktereg-model kan lei tot die teëwerking van die onsekerhede wat daargestel word deur die afwesigheid van regulasies kragtens Hoofstuk 19 van die Wet. <![CDATA[<b>Dawn of a competitive electricity sector for South Africa</b>: <b>The Independent System and Market Operator Bill B 9-2012 - Context, content and comment</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200010&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die Independent System and Market Operator Bill B9-2012 ("ISMO-Wetsontwerp") wat tans voor die Parlement dien, is 'n kardinale stap in die ontwikkeling van mededinging in die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsektor. Die Wetsontwerp word hier krities beskou in die konteks van mededingingsverwikkelinge in die sektor en enkele vergelykings word getref met die Ontario Independent Electricity System Operator (IESO) ten einde voorstelle ter verstewiging van die Wetsontwerp aan die hand te doen. Hierdie het hoofsaaklik betrekking op die korporatiewe vorm van ISMO; ISMO se drievoudige rol met betrekking tot die elektrisiteitbeplanningsfunksie, stelselontwikkeling en as stelsel- en markoperateur; en die eienaarskap van die transmissiebates. 'n Deurtastende beskouing van mededinging in die elektrisiteitsektor toon aan dat velerlei ondernemings in dié verband gemaak is deur die owerhede sedert 1998, maar dat daar weinig van gekom het tot dusver, met die resulterende kapasiteitskrisis wat weer in die winter van 2012 gelei het tot kragonderbrekings en beurtkrag. Daar word voorgestel dat ISMO 'n groter rol te speel het as wat tans in die Wetsontwerp beoog word in verband met elektrisiteitsbeplanning, die toewysing van nuwe opwekkingsgeleenthede, die ontwikkeling en uitbreiding van die nasionale transmissiestelsel en die kontraktering vir nuwe opwekking. Dit word ook beklemtoon dat die eienaarskap van die transmissiebates 'n deurslaggewende faktor kan wees in die uiteindelike sukses aldan nie van ISMO. Die belang van 'n onafhanklike, neutrale mark- en stelseloperateur kan nie oorbeklemtoon word met verwysing na die Renewable Energy Independent Producer Procurement Programme wat einde 2011 deur die Departement van Energie van stapel gestuur is nie. Dit is 'n voorvereiste vir 'n suksesvolle belegging deur 'n onafhanklike kragprodusent dat hy onbelemmerde toegang tot die transmissienetwerk moet kry en dat hy van 'n afset verseker is vir sy produk. ISMO vervul juis hierdie rol <![CDATA[<b>The labour rights of educators in South Africa and Germany and quality education</b>: <b>An exploratory comparison</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200011&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die aandrang op toegang tot onderwys vir almal soos vergestalt in die Education for All-beweging van die 1990s het deur die jare verander in 'n aandrang op toegang vir almal tot kwaliteit basiese onderwys soos beoog in die Dakar Framework for Action Education for All: Meeting Our Collective Commitments. Wêreldwyd was daar al etlike pogings om kwaliteit-onderwys te definieer en dit word telkens in verband gebring met onder meer die kwaliteit van onderwysers en die gehalte van hulle opleiding, hoewel geen reglynige verhouding aangedui kan word nie. Die UNESCO/ ILO Recommendation concerning the Status of Teachers van 1966 gaan van die standpunt uit dat opvoeders toegang tot bepaalde regte, insluitende arbeidsregte, moet hê om hulle werk om kwaliteit-onderwys te voorsien behoorlik te kan doen. In Suid-Afrika het opvoeders volle eenvormige toegang tot die volledige reeks arbeidsregte in die Grondwet en ander wetgewing terwyl daar in Duitsland twee stelsels arbeidsregte vir opvoeders geld. Baie navorsing is nog nodig oor die verhouding tussen opvoeders se arbeidsregte (en die gebruik en misbruik daarvan) en die kwaliteit van onderwys en ons voer aan dat beperkings op fundamentele arbeidsregte en volle en onbeperkte toegang tot arbeidsregte sonder om enige ander faktore rakende kwaliteit-onderwys in ag te neem beide problematies is. <![CDATA[<b>Incoterms<sup>®</sup> variants</b>: <b>greater precision or more uncertainty?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200012&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die aandrang op toegang tot onderwys vir almal soos vergestalt in die Education for All-beweging van die 1990s het deur die jare verander in 'n aandrang op toegang vir almal tot kwaliteit basiese onderwys soos beoog in die Dakar Framework for Action Education for All: Meeting Our Collective Commitments. Wêreldwyd was daar al etlike pogings om kwaliteit-onderwys te definieer en dit word telkens in verband gebring met onder meer die kwaliteit van onderwysers en die gehalte van hulle opleiding, hoewel geen reglynige verhouding aangedui kan word nie. Die UNESCO/ ILO Recommendation concerning the Status of Teachers van 1966 gaan van die standpunt uit dat opvoeders toegang tot bepaalde regte, insluitende arbeidsregte, moet hê om hulle werk om kwaliteit-onderwys te voorsien behoorlik te kan doen. In Suid-Afrika het opvoeders volle eenvormige toegang tot die volledige reeks arbeidsregte in die Grondwet en ander wetgewing terwyl daar in Duitsland twee stelsels arbeidsregte vir opvoeders geld. Baie navorsing is nog nodig oor die verhouding tussen opvoeders se arbeidsregte (en die gebruik en misbruik daarvan) en die kwaliteit van onderwys en ons voer aan dat beperkings op fundamentele arbeidsregte en volle en onbeperkte toegang tot arbeidsregte sonder om enige ander faktore rakende kwaliteit-onderwys in ag te neem beide problematies is. <![CDATA[<b>The winner takes it all!</b> <b>Reflections on the world anti-doping code and the possible criminalisation of doping in sport</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200013&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die aandrang op toegang tot onderwys vir almal soos vergestalt in die Education for All-beweging van die 1990s het deur die jare verander in 'n aandrang op toegang vir almal tot kwaliteit basiese onderwys soos beoog in die Dakar Framework for Action Education for All: Meeting Our Collective Commitments. Wêreldwyd was daar al etlike pogings om kwaliteit-onderwys te definieer en dit word telkens in verband gebring met onder meer die kwaliteit van onderwysers en die gehalte van hulle opleiding, hoewel geen reglynige verhouding aangedui kan word nie. Die UNESCO/ ILO Recommendation concerning the Status of Teachers van 1966 gaan van die standpunt uit dat opvoeders toegang tot bepaalde regte, insluitende arbeidsregte, moet hê om hulle werk om kwaliteit-onderwys te voorsien behoorlik te kan doen. In Suid-Afrika het opvoeders volle eenvormige toegang tot die volledige reeks arbeidsregte in die Grondwet en ander wetgewing terwyl daar in Duitsland twee stelsels arbeidsregte vir opvoeders geld. Baie navorsing is nog nodig oor die verhouding tussen opvoeders se arbeidsregte (en die gebruik en misbruik daarvan) en die kwaliteit van onderwys en ons voer aan dat beperkings op fundamentele arbeidsregte en volle en onbeperkte toegang tot arbeidsregte sonder om enige ander faktore rakende kwaliteit-onderwys in ag te neem beide problematies is. <![CDATA[<b>Regulated flexibility and the Labour Relations Amendment Bill of 2012</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200014&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die aandrang op toegang tot onderwys vir almal soos vergestalt in die Education for All-beweging van die 1990s het deur die jare verander in 'n aandrang op toegang vir almal tot kwaliteit basiese onderwys soos beoog in die Dakar Framework for Action Education for All: Meeting Our Collective Commitments. Wêreldwyd was daar al etlike pogings om kwaliteit-onderwys te definieer en dit word telkens in verband gebring met onder meer die kwaliteit van onderwysers en die gehalte van hulle opleiding, hoewel geen reglynige verhouding aangedui kan word nie. Die UNESCO/ ILO Recommendation concerning the Status of Teachers van 1966 gaan van die standpunt uit dat opvoeders toegang tot bepaalde regte, insluitende arbeidsregte, moet hê om hulle werk om kwaliteit-onderwys te voorsien behoorlik te kan doen. In Suid-Afrika het opvoeders volle eenvormige toegang tot die volledige reeks arbeidsregte in die Grondwet en ander wetgewing terwyl daar in Duitsland twee stelsels arbeidsregte vir opvoeders geld. Baie navorsing is nog nodig oor die verhouding tussen opvoeders se arbeidsregte (en die gebruik en misbruik daarvan) en die kwaliteit van onderwys en ons voer aan dat beperkings op fundamentele arbeidsregte en volle en onbeperkte toegang tot arbeidsregte sonder om enige ander faktore rakende kwaliteit-onderwys in ag te neem beide problematies is. <![CDATA[<b>The consequences of pleading a non-admission</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200015&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die aandrang op toegang tot onderwys vir almal soos vergestalt in die Education for All-beweging van die 1990s het deur die jare verander in 'n aandrang op toegang vir almal tot kwaliteit basiese onderwys soos beoog in die Dakar Framework for Action Education for All: Meeting Our Collective Commitments. Wêreldwyd was daar al etlike pogings om kwaliteit-onderwys te definieer en dit word telkens in verband gebring met onder meer die kwaliteit van onderwysers en die gehalte van hulle opleiding, hoewel geen reglynige verhouding aangedui kan word nie. Die UNESCO/ ILO Recommendation concerning the Status of Teachers van 1966 gaan van die standpunt uit dat opvoeders toegang tot bepaalde regte, insluitende arbeidsregte, moet hê om hulle werk om kwaliteit-onderwys te voorsien behoorlik te kan doen. In Suid-Afrika het opvoeders volle eenvormige toegang tot die volledige reeks arbeidsregte in die Grondwet en ander wetgewing terwyl daar in Duitsland twee stelsels arbeidsregte vir opvoeders geld. Baie navorsing is nog nodig oor die verhouding tussen opvoeders se arbeidsregte (en die gebruik en misbruik daarvan) en die kwaliteit van onderwys en ons voer aan dat beperkings op fundamentele arbeidsregte en volle en onbeperkte toegang tot arbeidsregte sonder om enige ander faktore rakende kwaliteit-onderwys in ag te neem beide problematies is. <![CDATA[<b><i>Makulu Plastics & Packaging CC v Born Free Investments 128 (Pty) Ltd and Others</i></b><b> 2013 1 SA 377 (GSJ)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000200016&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die aandrang op toegang tot onderwys vir almal soos vergestalt in die Education for All-beweging van die 1990s het deur die jare verander in 'n aandrang op toegang vir almal tot kwaliteit basiese onderwys soos beoog in die Dakar Framework for Action Education for All: Meeting Our Collective Commitments. Wêreldwyd was daar al etlike pogings om kwaliteit-onderwys te definieer en dit word telkens in verband gebring met onder meer die kwaliteit van onderwysers en die gehalte van hulle opleiding, hoewel geen reglynige verhouding aangedui kan word nie. Die UNESCO/ ILO Recommendation concerning the Status of Teachers van 1966 gaan van die standpunt uit dat opvoeders toegang tot bepaalde regte, insluitende arbeidsregte, moet hê om hulle werk om kwaliteit-onderwys te voorsien behoorlik te kan doen. In Suid-Afrika het opvoeders volle eenvormige toegang tot die volledige reeks arbeidsregte in die Grondwet en ander wetgewing terwyl daar in Duitsland twee stelsels arbeidsregte vir opvoeders geld. Baie navorsing is nog nodig oor die verhouding tussen opvoeders se arbeidsregte (en die gebruik en misbruik daarvan) en die kwaliteit van onderwys en ons voer aan dat beperkings op fundamentele arbeidsregte en volle en onbeperkte toegang tot arbeidsregte sonder om enige ander faktore rakende kwaliteit-onderwys in ag te neem beide problematies is.