Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020130001&lang=es vol. 46 num. 1 lang. es <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Special edition: Education Law in a Democracy</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100001&lng=es&nrm=iso&tlng=es <![CDATA[<b>The role of the courts in ensuring the right to a basic education in a democratic South Africa: a critical evaluation of recent education case law</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100002&lng=es&nrm=iso&tlng=es Hierdie artikel ontleed onlangse regspraak aangaande die reg op basiese odnerwys. Die "vier A-skema", wat deur 'n voormalige spesiale rapporteur op onderwys van die Verenigde Nasies voorgestel is en deur die Komitee op Sosiale-, Ekonomiese- en Kulturele Regte in sy Algemene Kommentaar 13 ondersteun is, vorm die raamwerk vir die ontleding. Die vier A-skema omvat beskikbaarheid (availability), toeganklikheid (accessibility), aanvaarbaarheid (acceptability) en aanpasbaarheid (adaptability). 'n Kritiese ontleding van die regspraak dui aan dat daar probleme in die lewering van basiese onderwys in Suid-Afrika bestaan met betrekking tot elkeen van die vier verwante elemente. Sommige van die hindernisse het betrekking op die versuim om noodsaaklike vereistes soos infrastruktuur, skryfbehoeftes en vervoer te voorsien. Ander uitdagings hou verband met geskille rakende die magte van skoolbeheerliggame en skole teenoor die magte van provinsiale departe-mentshoofde, lede van provinsiale uitvoerende komitees en, ten opsigte van nasionale beleid, die nasionale Minister van Basiese Onderwys. Die artikel wys dat litigasie 'n belangrike rol speel om die reg op basiese onderwys te verwesenlik, geskille te besleg en die toewysing van dienste en middele aan leerders te verseker. Die slotsom is dat die soms noodsaaklik en gepas is om die geregtelike roete wat binne 'n grondwetlike demokrasie beskikbaar is, te volg om die reg op basiese onderwys te verwesenlik. <![CDATA[<b>Recognising situatedness and resolving conflict: Analysing US and South African education law cases</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100003&lng=es&nrm=iso&tlng=es Hierdie artikel voer aan dat hofbeslissings, veral die wat op die hoogste vlak gemaak word, nie die produk is van neutral regsbeginsels nie, maar heel dikwels van ideologie. Deur te verwys na sake soos Morse v Frederick and Parents Involved in Community Schools v Seattle School District No 1 in die Verenigde State, sowel as Mpumalanga Department of Education v Ermelo in Suid-Afrika, toon hierdie artikel duidelik op hierdie verskynsel wat merkwaardiglik nie algemeen aanvaar word nie. In antwoord daarop, stel die outeurs 'n leerstuk van omstandigheidsbewustheid oftewel "situational appreciation", 'n leerstuk wat bewustheid van 'n besluitnemer se omstandighede in ag neem. Die omstandihede, of konteks, voorsien 'n verskaf 'n konsekwente maatstaf om die beslissende faktore in daardie Hoogste Hof- en Grondwetlike Hof uitsprake te identifiseer, verduidelik, en te bespreek. Daarby bespreek die artikel die invloed van kollegialiteit tussen regters in die hoogste howe, en beveel aan dat die Hoogste Hof in die Verenigde State en die Grondwetlike Hof in Suid-Afrika kollegialiteit beklemtoon om te verhoed dat skerp ideologiese verskille uitsprake beïnvloed, en te verseker dat uitsprake op grond van beginsels deur samewerking verwoord word. Hopenlik sal hierdie ontleding 'n noodsaaklike beskrywende en bepalende konteks verleen aan die uitsprake wat ons lewens voortdurend raak. <![CDATA[<b>The effectiveness of legal remedies in education: A school governing body perspective</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100004&lng=es&nrm=iso&tlng=es Na bykans 'n dekade van grondwetlike regsontwikkeling, word howe steeds versoek om geskille tussen skoolbeheerliggame en hul onderskeie provinsiale onderwysdepartemente by te lê. Alhoewel verskeie redes hiervoor uitgelig kan word, fokus hierdie artikel op aangeleenthede wat betref die Staat en skoolbeheerliggame se besorgdheid aangaande die voorsiening van gehalte-onderwys in die taal van keuse ingevolge artikel 29(2) van die Grondwet. Die doeltreffendheid van regsmiddele in hierdie verband, word aan die hand van drie prominente hofsake, naamlik Laerskool Middelburg, Laerskool Mikro en Hoërskool Ermelo ondersoek. Vir die doeleindes hiervan, is 'n dokumentêre navorsingsontwerp en hermeneutiese benadering binne 'n kwalitatiewe dimensie in die kleine gevolg om die ervaring van minstens twee persone wat verbonde is aan elk van die skole en betrokke was by elke hofsaak, te bekom. Die resultate van die studie dui daarop dat taal oor die algemeen 'n polities-gedrewe aangeleentheid is, dat regsmiddele inderdaad - met verloop van tyd - verligting en sekerheid bring en dat howe wél die korrekte forum is vir geskilbeslegting wat betref onderwysaangeleenthede. <![CDATA[<b>Are fixed-term school governing body employment contracts for educators the best model for schools?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100005&lng=es&nrm=iso&tlng=es Weens departementele begrotingstekorte en groeiende behoeftes in skole is dit vandag algemene praktyk dat skoolbeheerliggame aanstellings uit skoolfondse finansier. Indien 'n beheerliggaam 'n aanstelling maak, is die skool die werkgewer, en nie die tersaaklike departement van onderwys nie. Die belangrikste gevolg hiervan is dat arbeidswetgewing, en nie net wetgewing spesifiek uitgevaardig vir die onderwys nie, die werksverhouding reguleer. Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dit dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur beheerliggame aangestel word. 'n Groot persentasie van hierdie aanstellings is vir 'n vaste tydperk en beheerliggame voer verskeie redes aan waarom dit die beste model is. Daar is geen statutêre beperkinge op die sluit van termynkontrakte nie, en in die meeste gevalle is dit weens praktiese oorwegings die enigste opsie vir skole. Begrotings word jaarliks opgestel en goedgekeur, waarná 'n beheerliggaam die aantal poste vir die volgende jaar vasstel. Versuim om 'n vastetermynkontrak te hernu was nog altyd 'n omstrede aangeleentheid. Indien daar gedurende die dienstermyn 'n verwagting van 'n voortdurende verhouding geskep is, sal die versuim om die kontrak te hernu ooreenkomstig artikel 1 86(1)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge op ontslag neerkom. Die tydperk van afwagting is uit die aard van die saak 'n stresvolle tydperk vir die opvoeder wat gepaard gaan met werkonsekerheid en finansiële bekommernis wat 'n nadelige invloed op die opvoeder se onderrig kan uitoefen. Hierdie artikel ondersoek die aard en wenslikheid van diensooreenkomste tussen skool beheerliggame en opvoeders en kom tot die gevolgtrekking dat die vastetermynkontrak nie teenoor die reg van die opvoeder gestel behoort te word nie, maar dat daar na die praktiese oorwegings binne skole en die beste belang van leerders gekyk word binne 'n raamwerk van goeie beheer en bestuur. <![CDATA[<b>Legislation and policies: Progress towards the right to inclusive education</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100006&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die doel van enige onderwysstelsel is die voorsiening van gehalte onderwys aan alle leerders, afgesien van hulle vlak van onderwys. Die ontwikkeling van wetgewing en beleid het baie aandag ontvang en dit weerspieël die Suid-Afrikaanse regering se verbintenis om die diversiteit in die leerderpopulasie te verseker. In lyn met die regering se verantwoordelikheid om beleid te ontwikkel en die transformasieprogram te lei, is die witskrif ontwikkel wat spesifiek gerig is op leerders met leerprobleme. Inklusiewe onderwys kan suksesvol wees indien ons erken dat onderwys die gesamentlike verantwoordelikheid van ouers, onderwysers, kurrikulumkundiges en die gemeenskap is. Inklusiewe onderwys vir almal soos vervat in beleid en wetgewing loop die risiko om eksklusief vir baie leerders in Suid-Afrika te word. Die artikel fokus op die vraag of Suid-Afrika werklik gevorder het in sy belofte van inklusiewe onderwys vir almal deur die daarstel van beleid en wetgewing. <![CDATA[<b>Learners' religious-cultural rights: A delicate balancing act</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100007&lng=es&nrm=iso&tlng=es Suid-Afrikaanse openbáre skole konfronteer die uitdaging om duidelike riglyne te ontwikkel wat die grondwetlik-beskermende regte van alle godsdienste en kulture respekteer en eer. Die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 verwag van skoolbeheerliggame om 'n Gedragskode vir Leerders daar te stel wat streng onderworpe is aan die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.¹ Die reg van groepe om hul godsdiens te beoefen en hul kultuur te geniet moet in lyn wees met die bepalings van die Handves van Menseregte, en dit impliseer dat daar nie onbillik inbreuk gemaak mag op die reg op vryheid van godsdiens en kultuur nie.² In die Verenigde State van Amerika verskaf die federale Grondwet op 'n beperkte wyse beskerming vir leerders se vryheid van godsdiens en kultuur op skool. Die beskerming geld solank die uitoefen van sulke regte nie inmeng met die bestuur van die skool en die regte van ander leerders nie.³ Met die Grondwetlike Hof van Suid-Afrika wat diverse godsdiens- en kultuurregte op openbare skole erken, ontstaan daar spanning tussen die menings wat betref die menseregte van leerders wat uit verskillende godsdienstige en kulturele agtergronde afkomstig is en skoolamptenare se verantwoordelikheid om veilige en gehalte skole te bedryf. In hierdie artikel ondersoek die outeurs hierdie spanning en die implikasie daarvan op skoolbeleid vir Suid-Afrikaanse openbare skole. <![CDATA[<b>Search and seizure of learners in schools in a constitutional democracy: A comparative analysis between South Africa and the United States</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100008&lng=es&nrm=iso&tlng=es In hierdie artikel word die regsraamwerk wat die effektiewe bestuur van deursoeking en beslagleggingsaksies rig, gebruik om die reg van leerders op privaatheid in gevalle van onredelike deursoeking en beslaglegging van leerders se besittings in Suid-Afrika te vergelyk met die Verenigde State. In Suid-Afrika mag 'n skoolhoof of die persoon aan wie hierdie gesag gedelegeer is, 'n groep leerders of die besittings van 'n groep leerders lukraak deursoek vir enige gevaarlike voorwerp of onwettige dwelmmiddel, mits daar 'n billike en redelike vermoede bestaan. In die Suid-Afrikaanse reg word die begrippe deursoeking en beslaglegging nie duidelik gedefinieer nie. Hoewel daar riglyne gepubliseer is wat die bestuur en voorkoming van dwelmmisbruik in skole rig, word deursoeking van leerders tans oorgelaat aan eie oordeel wat van een geval tot die volgende gebruik word. Deursoeking noodsaak 'n mate van skending van die reg op privaatheid van leerders of hulle besittings. Daar is 'n belangrike verskil tussen Suid-Afrika en die Verenigde State wat betref die vryheid om 'n individu te mag deursoek. In die Verenigde State mag 'n skoolhoof nie 'n groep leerders deursoek as daar 'n redelike vermoede bestaan dat een van hulle 'n moontlike oortreding begaan het nie. Indien daar 'n redelike vermoede bestaan dat 'n individuele leerder 'n moontlike oortreding begaan het, mag slegs daardie leerder deursoek word. In die artikel word onderwysers gemaan dat elke situasie waartydens deursoeking of beslaglegging betrokke is van mekaar verskil en dat 'n presedent moeilik gevolg kan word. Nuwe hofuitspake en verskillende omstandighede noodsaak verskillende optredes. Die doel met deursoeking en inbeslaglegging van leerders se besittings moet verband hou met die handhawing van goeie orde en dissipline by 'n skool en nie met die toepassing van strafreg nie. <![CDATA[<b>Students, websites, and freedom of expression in the United States and South Africa</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100009&lng=es&nrm=iso&tlng=es Leerders het geredelik toegang tot die internet en dit skep die geleentheid om deur e-pos en ander vorme van elektroniese kommunikasie met persone by die skool te kommunikeer sonder dat hulle fisies teenwoordig hoef te wees. Terwyl baie van hierdie kommunikasie steurend kan wees wanneer leerders gedurende die skooldag hulle daarmee besig hou, is die mees kommerwekkende aspek van elektroniese boodskappe dié wat kru, beledigend, neerhalend of selfs dreigend is. In die Verenigde State van Amerika (VSA) het skoolbeamptes gevind dat die beheer van sodanige kuberspraak wat hulle oorsprong buite die skool het, wemel van konstitusionele probleme. Hierdie artikel het drie doelstellings. Die eerste is om die regspraak oor leerder kuberspaak in die VSA te ondersoek waar die volgende vyf feitelike variante die gesag van die skool om leerders te bestraf beïnvloed: die plek van oorsprong van die kuberspraak (binne of buite die skoolterrein), die plek van toegang tot die kuberspraak (binne of buite die skoolterrein), die persone wat die toegang tot die spraak bewerkstellig het (personeel of ander leerders), die inhoud van die elektroniese uitdrukking, en die impak van die uitdrukking op die skool. Die tweede doelstelling is om die gesag wat die skool het om leerders te bestraf vir buite-skoolse kuberkommunikasie te bespreek in verhouding tot die ouers se reg om die rigting en inhoud van hulle kinders se opvoeding te bepaal. 'n Bespreking van die regte van leerders tot uitdrukking in die kuberruimte vereis 'n veelsydige benadering wat oorweging skenk aan beide die regsbank se beoordeling van leerders se regte en die gesag wat skole het om leerders te dissiplineer. Hierdie artikel sal 'n ewewig bewerkstellig deur die hofuitsprake van Amerika sowel as Suid-Afrika te oorweeg. Die finale oogmerk is om beginsels vanuit die Amerikaanse regspraak, waar veelvuldige aspekte deur-dink is, te ekstrapoleer tot riglyne vir Suid-Afrika. <![CDATA[<b>A critical analysis of legislation on the financial management of public schools: A South African perspective</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100010&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die oogmerk van hierdie ondersoek is om die implementering van wetgewing wat handel oor openbare skole se finansiële bestuur te verstaan, verduidelik en te kritiseer. Die artikel fokus op die weersprekings en geskille wat ontstaan het rondom die bestuur van skool-finansies sedert 1994. Twee ooglopende finansiëlebestuursake word ondersoek: Wie is werklik aanspreeklik vir die skool se finansies: Die beheerliggaam of die skoolhoof? Wetgewing soos die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 en die Indiens-nemingswet vir Opvoeders 76 van 1998 omskryf die regte en verantwoordelikhede van skoolhoofde en beheerliggame. Die tweede saak wat aangespreek word is: Spreek dit werklik sosiale regverdigheid en billikheid aan deur die implementering van die Nasionale Norme en Standaarde vir Skool-befondsing se Beleid op Openbare Skole? Dit is noodsaaklik dat skoolbeheerliggame wat daarna streef om skool-finansies behoorlik en doeltreffend te bestuur, 'n duidelike begrip van die wetgewing relevant tot skool finansiële bestuur te hê. <![CDATA[<b>Educational law in democracy - Who guards the guardians? Freedom of expression and whistle-blowers - A personal narrative</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100011&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die bespreking van die opvoeder se reg op vryheid van uitdrukking in hierdie artikel spruit voort uit 'n departementele tugverhoor wat werklik plaasgevind het. Die opvoeder het, aldus die klagstaat, met die pers gepraat oor 'n voorval wat by die skool plaasgevind het. Die Departement beweer dat die opvoeder nie met die pers mag praat sonder die toestemming van die Departement nie. Hy sou dan ook nie sodanige toestemming gehad het nie. Tydens die verhoor het die skrywer as vakbondverteenwoordiger namens die opvoeder gepoog om die voorsittende beampte te oortuig dat die geldigheid van die klagtes oorweeg moet word in die lig van die opvoeder se reg op vryheid van spraak, welke reg nie willekeurig deur amptenare van die Departement beperk kan word nie. Dit sou beteken dat dit geldige aanklagtes moet wees. Hierdie verweer was nie suksesvol nie. Die aandag van die voorsittende beampte is ook gevestig op nuwe kinderwetgewing wat die beskerming van kinders vereis en die aanmelding van bepaalde oortredings verpligtend maak vir opvoeders. Die voorsittende beampte kon dit aanvaar, maar alleen aanmelding aan die polisie maar nie aan die pers nie. 'n Laaste poging is aangewend deur die voorsittende beampte se aandag te vestig op die voorskrifte van die Wet op Beskermde Bekendmakings 26 van 2000, wat die werkgewer gebied om, onder omstandighede waar aan die vereistes van die Wet voldoen is, 'n werknemer wat so 'n bekendmaking doen, te beskerm en verder die werkgewer verbied om die werknemer aan beroepsnadeel te onderwerp, wat in hierdie geval 'n skorsing en tugverhoor behels het. Ook hierdie poging was onsuksesvol. In die loop van die bespreking word ook melding gemaak van die basiese vereistes vir 'n billike verhoor wat verontagsaam is en wat buitendien daartoe behoort te lei dat die verrigtinge op appèl ter syde gestel behoort te word. <![CDATA[<b>Children's right to participate: Implications for school discipline</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100012&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die nuwe Kinderwet 38 van 2005** maak voorsiening vir addisionele regte wat die kind se grondwetlike regte ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 aanvul. Een van hierdie regte is die kind se reg om deel te neem aan verrigtinge wat hom of haar raak. Die inhoud van hierdie reg word bespreek met verwysing na General Comment No 12 van die Verenigde Nasies se Komitee oor die Regte van die Kind. Verder word daar ook gefokus op Hart en Shier se onderskeie modelle om die vlak van kinders se deelname te meet. In die laaste instansie, word Lundy se model vir die implimentering van artikel 12 van die Konvensie op die Regte van die Kind gebruik om te verseker dat dit behoorlik geïmplementeer word. Die model fokus op die volgende vier faktore naamlik die skep van 'n ruimte waarbinne opinies gelug kan word, die geleentheid wat die kind gegee word om opinies te lug, 'n gehoor wat verplig is om te luister na die opinies van die kind, en laastens, die geleentheid om besluite te beïnvloed. Hierdie faktore word dan toegepas op, onderskeidelik, die strafgeoriënteerde- en herstellende geregtigheids-benadering tot dissipline. Die gevolgtrekking word gemaak dat die herstellende geregtigheidsbenadering tot dissipline die mees gepaste benadering is om gevolg te gee aan die kind se reg om deel te neem. <![CDATA[<b>The constitutionality of section 16A of the South African Schools Act 84 of 1996</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100013&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die Wysigingswet op Onderwyswette 31 van 2007 het artikel 16A tot die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 toegevoeg. Hierdie artikel sal onder meer kyk na die implikasies van artikel 16A van die Skolewet op die rol van die skoolhoof as 'n lid van die beheerliggaam en as 'n werknemer van die Departement van Onderwys en die potensiële botsing van belange voortspruitend uit artikel 16A. Die grondwetlikheid van die betrokke artikel gaan deeglik ondersoek en bespreek word. Artikel 16(2) van die Skolewet bepaal dat 'n beheerliggaam in 'n vertrouensposisie teenoor die skool staan. Hierdie bepaling geld ook vir die skoolhoof, as 'n lid van die beheerliggaam. Die gevolg van Artikel 16A is dat die skoolhoof 'n opdrag van die Departement kan ontvang om die Departement se belange in die beheerliggaam te verteenwoordig, maar dat hierdie belange dikwles in stryd is met die belange van beheerliggaam. Artikel 23(1) van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg tot billike arbeidspraktyke het. Billike arbeidspraktyke word nie in die Grondwet self omskryf nie. Daar kan geargumenteer word dat die Departement die skoolhoof in 'n ongemaklike werksituasie plaas omdat daar ingevolge wetgewing, van die skoolhoof verwag word om twee teenstrydige opdragte uit te voer. Artikel 16A verwag van die skoolhoof om die Departement van Onderwys se belange eerste te stel terwyl artikel 16(2) die skoolhoof verplig om die skool se belange eerste te stel. Dit gee gevolg tot 'n onbillike arbeidspraktyk omdat die skoolhoof uit vrees vir 'n tugverhoor, sou hy nie sy opdrag van sy werkgewer navolg nie, 'n mandaat uitvoer wat strydig is met sy vertouensposisie teenoor die skool ingevolge artikel 16(2); of sou hy ingevolge artikel 16(2) optree en die belange van die skool bo die belange van die Departement kies en dan sy plig as werknemer teenoor die Departement ingevolge artikel 16A nie nakom nie. In beide hierdie situasies sal dit die verhouding tussen die skoolhoof en Departement nadelig bëinvloed en op 'n onbillike arbeidspraktyk neerkom wat teenstrydig is met artikel 23 van die Grondwet. <![CDATA[<b>Statistical adjustment of matric marks: The right of access to information</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100014&lng=es&nrm=iso&tlng=es Hierdie artikel neem die historiese rol van Umalusi, 'n liggaam wat wetlik daargestel is om as kwaliteitversekeraar en kurator van die Nasionale Senior-Sertifikaat (Graad 12) te funksioneer, onder die loep. Die doel is om vas te stel in welke mate die Bevordering van Toegang tot Inligting Wet 2 van 2000 gebruik kan word om toegang tot sensitiewe inligting aangaande die statistiese verstelling of "standaardisering" van matriekpunte te verkry. Die artikel verskaf in-diepte agtergrond aangaande twee aspekte, naamlik: die legitieme mandaat van Umalusi om punteverstellings te mag doen en hulle aanvanklike weiering in 2011 om die uitkomste van sulke verstellings aan die media en breë publiek bekend te stel, gegewe die historiese konteks; tweedens ontleed die artikel die doel en bepalings van die Wet ten einde uitvoering te gee aan artikel 32(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Die uitgang van hierdie studie is die betoog van die media en publiek in 2011 dat hulle die grondwetlike reg het om ingelig te word aangaande die proses en uitkoms van die statistiese verstelling van matriekpunte (Graad 12). Volgens regsvertolking is Umalusi deur parlementêre wetgewing daargestel as 'n staatsliggaam wat in die openbare belang binne 'n bepaalde politieke en juridiese raamwerk funksioneer en sy aksies moet as sodanig gemoniteer kan word. <![CDATA[<b>The human rights paradox of lesbian, gay, bisexual and transgender students in South African education</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100015&lng=es&nrm=iso&tlng=es Onlangse navorsing toon duidelik aan dat benewens geslag, seksuele oriëntasie waarskynlik die volgende sleuteleienskap is wat bepaal wie ons as mense is. Seksuele oriëntasie is een van die belangrike aspekte wat 'n persoon se identiteit, persona, selfbeeld, samehorigheid, gelykheid en waardigheid bepaal. Wanopvattings en vooroordele lei dikwels tot emosionele, sielkundige en woordelikse diskriminasie of viktimisasie, en kan selfs tot fisiese geweld teen lesbiese, gay, biseksuele en transgeslagtelike (LGBT) student lei. Hierdie artikel ondersoek eerstens historiese voorbeelde van menseregteskendings teen LGBT-mense in Suid-Afrika, sowel as voorbeelde van teenswoordige menseregteskendings teen LGBT-mense, ten spyte van duidelike rondwetlike bepalings in hierdie verband. Ten einde die onderliggende faktore wat sulke skendings meebring te verstaan, word sosiale wanopvattings aangaande LGBT-mense ondersoek, gevolg deur 'n bespreking van wat biologiese navorsing aangaande LGBT-oriëntasie aan die lig gebring het. Die Menseregtekommissie berig dat fisiese en sielkundige misbruik van LGBT-studente is menseregteskendings wat dikwels in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel voorkom. Die artikel voer aan dat stilswye, wanopvattings, miskenning sosiale vooroordele aangaande seksuele oriëntasie 'n "verskuilde kurrikulum" skep wat LGBT-studente se reg op waardigheid en gelykheid skend, en 'n paradoks meebring met die grondwetlike waardes wat Suid-Afrika se demokratiese bestel onderlê. <![CDATA[<b>The potential remedial function of the law in the deteriorating public education system of South Africa</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100016&lng=es&nrm=iso&tlng=es Hierdie artikel maak daarop aanspraak dat die Suid-Afrikaanse regstelsel sowel die vermoë as die verpligting het om die nodige remediërende funksie te vervul, sodat verdere agteruitgang van die openbare onderwysstelsel gestuit word. Daadwerklike optrede vanuit die regstelsel word in die vooruitsig gestel om openbare amptenare, onderwysvakbondlede en politici wat die reg verontagsaam, te dwing om die heerskappy van die reg en oppergesag van die Grondwet te erken en te respekteer. Die artikel wys daarop dat daar dringende optrede nodig is teen vakbonde soos SADOU, wat volgens alle getuienis die reeds kwesbare onderwysstelsel verder ondermyn. Sowel die aanstigting van gewelddadige optrede tydens langdurige stakingsaksies as die beskerming van lede wat hulle deurlopend skuldig maak aan substandaard-onderrig, moet teengewerk word. Sodanige onprofessionele, onetiese optrede tas die reg van leerders op onderwys ernstig aan. Die Staat se aandeel aan mislukte onderhandelinge en die gevolglike nywerheidsaksies in die openbare sektor, insluitend die onderwys, moet egter nie misgekyk word nie. Die eerste aanbeveling is dat belanghebbendes by die onderwys moet saamwerk om die nodige respek vir die heerskappy van die reg te vestig en af te dwing. In gevalle waar versuim onder amptenare, vakbondlede of politici om die reg te respekteer opgemerk word, moet die belanghebbendes nie skroom om hofsake teen die oortreders aanhangig te maak nie. Die tweede aanbeveling hou verband met die potensieel kragdadige optrede van die howe, soos in Coetzee v National Commissioner of Police 2011 2 SA 227 (GNP) gedemonstreer is. Daar word aanbeveel dat, waar openbare amptenare hulle aan mala fide-optrede skuldig maak, hulle in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou sal word vir die volle regskoste, eerder as om dit vanuit Staatsfondse te laat vereffen. Dit sal as 'n gepaste straf dien, en ook as 'n afskrikmiddel om ander amptenare te keer om hulle aan soortgelyke wangedrag skuldig te maak. <![CDATA[<b>Language and culture restrictions in K-12 non-public schools in the United States: Exploring the reach of federal non-discrimination law and implications for South Africa</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100017&lng=es&nrm=iso&tlng=es In hierdie artikel ondersoek en vergelyk ons aspekte van die beperking sowel as die beskerming van taal- en kultuurregte in skoolverband (onafhanklike skole in die Verenigde State en openbare skole in Suid-Afrika). Ons doen dit deur grondwetlike en ander bepalings te bespreek en geselekteerde regspraak in die twee lande onder die vergrootglas te plaas. Ons ondersoek ook die samehang of gebrek aan samehang tussen die konsepte taal en kultuur in wetgewing en in regspraak. Ten slotte dui ons enkele besluitnemings- en bestuursimplikasies vir rolspelers in die onderwys aan en oorweeg ons ook die rol wat wetgewing en regspraak sou kon speel in die voortbestaan of ondergang van minderheidstale en -kulture. <![CDATA[<b>Compatibility of democracy and learner discipline in South African schools</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100018&lng=es&nrm=iso&tlng=es As gevolg van die afskaffing van lyfstraf voel baie onderwysers magteloos om ernstige leerder wangedrag by skole effektiewelik te hanteer. Nogtans bevat die Skolewet kenmerke van verteenwoordigende- en deelnemende demo-krasie en is gegrond op die beginsels van aanspreeklikheid, deursigtigheid en billikheid. Demokrasie beteken nie anargie of wetteloosheid nie, maar impliseer die behoud van 'n ordelike en gedissiplineerde skoolomgewing op grond van die oppergesag van die reg. Uit die regspraak is dit duidelik dat die howe deurgaans die behoud van dissipline en respek vir gesag handhaaf, veral in gevalle van kwetsende vrye uitdrukkings en ernstige leerder-wangedrag. Fundamentele regte is 'n voorvereiste en grondwetlike element van demokrasie. Elke skool is 'n mikrokosmos van die samelewing en demokratiese praktyke, soos die handhawing van dissipline en die skepping van 'n menseregtekultuur, is in ooreenstemming met die daarstelling van substantiewe demokrasie. <![CDATA[<b>Keeping children safe whilst playing sport: What can South Africa learn from the United Kingdom experience?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602013000100019&lng=es&nrm=iso&tlng=es OPSOMMING Sportbeheerliggame het ernstige problem in die gesig gestaar met kinderbeskerming en was dikwels nie toegerus om die problem te hanteer nie. 'n Sleutelvraag was of daar van sportbeheerliggame verwag is om die problem alleen die hoof te bied en of kinder beskerming in sport deel moes uitmaak van 'n breër holistiese stelsel van kinderwelsyn wat ook ander organisaies moes insluit. Die Verenigde Koninkryk het daarna gestreef om 'n beskermende raamwerk van kinderwelsyn dwarsoor alle sport te bewerkstellig wat deur sportbeheerliggame afgedwing word, en fokus op onderrig en opleiding van vrywilligers wat by sport betrokke is. 'n Sleutelpunt was die skepping van die Child Protection in Sport Unit binne die National Society for the Prevention of Cruelty to Children. Die Safeguarding Vulnerable Groups Act 2006 het 'n sentrale ligaam, die Independent Barring Board, later verander na die Independent Safeguarding Authority ingestel wat verantwoordelik is vir die bedryf van 'n keuring- en uitsluitingskema. Sport klubs val binne die omskrywing van "Regulated Activity Provider" en moet die status van enige persoon wat gereeld by bedrywighede betrokke is en kontak met kinders het, nagaan. Aanvanklik is die vlak van bedrywighede wat as gereelde kontak beskou is, taamlik laag gestel sodat 'n groot aantal aktiwiteite en persone binne die omskrywing sou val. Latere hersienings het voorgestel dat die vlak van bedrywighede beter omskryf en op 'n hoer vlak gestel word ten einde die proses meer vaartbelein te maak. In Suid-Afrika, bevorder Sport en Ontspanning Suid-Afrika gestruktureerde deelname aan sport- en ontspanningsbedrywighede in skole en die opheffing van sport in skole en sportklubs. Die Suid-Afrikaanse sportsektor moet ook die problem van seksuele teistering en misbruik is sport aanspreek en kan in hierdie verband gerus uit die ondervinding in die Verenigde Koninkryk leer.