Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020120003&lang=pt vol. 45 num. 3 lang. pt <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Redaksioneel</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300001&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt <![CDATA[<b>Criminal liability and policy considerations in the context of high speed pursuits</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300002&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Artikels 58(3) en 60 van die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996 maak voorsiening daarvoor dat die bestuurders van sekere voertuie onder bepaalde omstandighede die padreëls mag verontagsaam of die spoedgrens mag oorskry. Hierdie vrystellings geld ook vir verkeersbeamptes of 'n persoon aangestel ingevolge die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens 68 van 1995 wat 'n voertuig in die uitvoering van sy of haar pligte bestuur. Hierdie artikel ondersoek die moontlike strafregtelike aanspreeklikheid van polisie- en verkeerspolisiebeamptes wat betrokke is by insidente waar ander padgebruikers in die loop van hoëspoed-agtervolgings gedood of beseer is. Die doel is om vas te stel of hulle onder hierdie omstandighede "immuniteit" geniet. 'n Oorsig oor die toepaslike padverkeerswetgewing en vrystellings word gegee. Die moontlike aanspreeklikheid van polisie- en verkeerspolisiebeamptes word ondersoek met verwysing na die algemene beginsels van strafregtelike aanspreeklikheid en die waardes wat in die Grondwet verskans is. Laastens word ondersoek ingestel na die posisie in die VSA vir die ontwerp van moontlike riglyne waar daar spesifiek gekyk word na die benadering gevolg in grondwetlike en privaatregtelike sake waar derdepartypadgebruikers beseer of gedood is. <![CDATA[<b>The influence of the Consumer Protection Act 68 of 2008 on the warranty against latent defects, <i>voetstoots</i> clauses and liability for damages</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300003&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die bespreking fokus op die invloed van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 op die gemeenregtelike waarborg teen verborge gebreke en die gemeenregtelike remedies tot die koper se beskikking waar die waarborg nie nagekom word nie. Die verbruiker se regte op veilige, goeie gehalte goedere ingevolge artikel 55 sowel as die versweë waarborg van gehalte ingevolge artikel 56 word krities bespreek. Die voortbestaan van voetstootsklousules ingevolge die Wet word bespreek asook die posisie waar eiendomsagente betrokke is by die verkoop van onroerende eiendom en die posisie ten opsigte van tweedehandse goedere. Ten laaste word die aanspreeklikheid vir skade deur goedere veroorsaak soos beoog in artikel 61 van die Wet bespreek. <![CDATA[<b>Reflections on finality in arbitration</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300004&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Hierdie artikel oorweeg die Telcordia- en Lufuno-sake vanuit die oogpunt van die finaliteit van 'n arbitrasiebevel. Die vraag wat te berde kom, is wanneer 'n arbitrasiebevel finaliteit bereik waar 'n saak voor meer as een forum (arbitrasie en staatlike howe), in meer as een jurisdiksie gevoer word. Die prosedurele meganismes wat Amerikaanse en Suid-Afrikaanse howe tydens die Telcordia-dispuut toegepas het asook hul onderskeie benaderings tot res iudicata, het 'n groot mate van ooreenstemming getoon. Dit is te verstane dat die afhandeling van 'n internasionale proses vertraag kan word deur bepaalde grondwetlike regte wat die spoed van die afhandeling van 'n saak kan beïnvloed. Nietemin, indien die reg op 'n billike verhoor op enige stadium in die verrigtinge gepleit mag word, word 'n geleentheid geskep vir die dispuut om vryelik te eskaleer gedurende die verhoor. Dit kan die hofproses oopstel vir misbruik en die afhandeling van die geskil vertraag. Die minderheidsbeslissing in Lufuno skenk 'n mate van oorweging aan die potensiële negatiewe implikasies hiervan. Die finaliteit van die geskilbeslegtingsproses kan na behore bestuur word aan die hand van 'n wyer interpretasie van res iudicata in internasionale dispute en 'n meer geredelike ondersoek hierna, op die hof se inisiatief. Die moontlikheid dat die Telcordia-dispuut verder bespoedig sou kon word, word ondersoek met verwysing na die New York Konvensie op die Erkenning en Afdwing van Arbitrasiebevele van 1958, en aan die hand van aanbevelings wat deur ander gerekende internasionale liggame uitgereik is. <![CDATA[<b>Sustainable Development and the culture of <i>uBuntu</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300005&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Volhoubare ontwikkeling en die bewaring van die omgewing is nie een en dieselfde begrip nie. In die lig van die historiese agtergrond van die ontwikkeling van die begrip, word dit verstaan dat dit ten minste die sentrale elemente van "intergenerational and intragenerational ekwiteit beliggaam en behels die integrasie van die drie pilare van volhoubare ontwikkeling, naamlik ekonomiese groei, die bewaring van die omgewing en sosiale ekwiteit. Hierdie artikel doen aan die hand dat kultuur as 'n vierde pilaar in die volhoubare ontwikkeling vergelyking bygevoeg moet word en kennis moet hiervan geneem word in enige poging om volhoubare ontwikkeling teweeg te bring. Die inheemse reg kultuur is in die konteks van 'n multikulturele samelewing in Suid-Afrika verseker, en moet daarom in ag geneem word in die volhoubare ontwikkeling-dialoog. Daar word voorgestel dat omdat ubuntu die kern inheemse waarde-sisteem beliggaam, dit 'n betekenisvolle rol in die bereiking van volhoubare ontwikkeling kan speel. Die idee van ubuntu word bespreek sowel as die rol wat dit alreeds in die ontwikkeling van die reg in Suid-Afrika vertolk het. Omdat kultuur sosiale gedrag inlig, moet strategieë om volhoubare ontwikkeling te implementeer in lyn wees met die heersende waardes van die betrokke gemeenskap. Terwyl dit kan werk in 'n homogene samelewing, kan daar moontlik probleme ontstaan waar daar 'n multikulturele samelewing is soos die van Suid-Afrika en hier word dit voorgestel dat harmonisering 'n oplossing mag bied. Die konsep van volhoubare ontwikkeling soos wat dit ontwikkel het moet nie geneer word nie maar moet ingelig en verryk word deur die inheemse filosofie van ubuntu. Nie alleen sou dit in die belang van volhoubare ontwikkeling dien nie, maar dit sou ook polities dienstig wees indien volhoubare ontwikkeling die Westerse sowel as die Afrika etos reflekteer en dit sou in lyn wees met die visie wat in die aanhef tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 vervat is: 'Ons, die mense van Suid-Afrika, ... Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.' <![CDATA[<b>Judicial oversight for sales in execution of residential property and the National Credit Act</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300006&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Praktiese uitvoering word gegee aan 'n hofbevel wanneer 'n huis in eksekusie verkoop word. Verkope in eksekusie stel 'n party in staat om 'n hofbevel teen 'n skuldenaar af te dwing. So 'n afdwinging is belangrik vir regswerking. Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005** is uitgevaardig om (meestal) prosedurele beskerming te bied aan skuldenaars, terwyl sake soos Jaftha v Schoeman en Gundwana v Steko Development verg dat howe geregtelike toesig het by bevele wat lei tot verkope van huise in eksekusie. Die pad tot hier was lank en soms deurmekaar. Howe het geworstel met die vraag of 'n bevel om 'n huis te verkoop in eksekusie sonder 'n hofbevel inbreuk maak op die grondwetlike reg tot toegang tot genoegsame behuising. Verskillende howe het tot verskillende gevolgtrekkings gekom. Alhoewel die probleem meestal opgelos is deur die Jaftha en Gundwana beslissings, is die sake waarin die howe met die vraagstuk geworstel het steeds belangrik om in die toekoms die howe te help om 'n balans te vind tussen die regte van die skuldeiser om haar hofbevel af te dwing, en die skuldenaar se grondwetlike regte. In die artikel word die impak van die Nasionale Kredietwet op die skuldeiser se vermoe om 'n hofbevel te bekom teen 'n skuldenaar, sowel as die mees belangrike sake tot Gundwana wat handel oor die skuldeiser se vermoe om so 'n bevel af te dwing, bespreek. Die fokus is op hoe die hof die mededingende regte moet opweeg. <![CDATA[<b>The taxation of image rights: A comparative analysis</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300007&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Sport het vandag 'n industrie geword en dit het gelei tot die kommersialisering van regte op die openbare beeld wat binne die konsep van persoonlikheidsregte en in die konteks van die actio iniuriarum erkenning geniet en as regtens beskermbare belang beskou word. Die daaropvolgende toename in sportlui se waarde en inkomste het onvermydelik die belasting-gaarder se belangstelling gewek. Dit het sportlui genoodsaak om belasting-advies te bekom en het 'n aantal belastingbeperkingskemas tot gevolg gehad. Een van hierdie skemas is om 'n sportman se verskaffing van promosiedienste van sy lewering van spelersdienste te skei. Talle sportlui het met die oog op hul regte op die openbare beeld persoonlike maatskappye gestig wat bepaal hoe hierdie regte oorgedra of gelisensieer kan word en sodoende absolute beheer uitoefen oor die kommersiele ontginning van die sportman se regte op sy beeld. Die doel van sodanige skeiding is om die sportman se belastinglas te verlig deur belastingaanspreeklikheid op grond van vergoeding vir promosiedienste te vermy. Die inkomste wat verkry word uit die ontginning van regte op die openbare beeld sal deel van die maatskappy se winste vorm. Die maatskappy sal dan op sodanige winste belas word en die sportman sal 'n dividend van die maatskappy ontvang. Die regsvraag is egter of die belastinggaarder so 'n skema sal toelaat. Daar moet ook vasgestel word of die inkomste verkry uit die gebruik van 'n sportman se regte op die openbare beeld as van 'n kapitale aard beskou kan word wat as 'n kapitaalwins aan minder belasting onderhewig is en of dit as bruto inkomste ingevolge die Inkomstebelastingwet geklassifiseer moet word. Hierdie belastingkwessies is nog nie omvattend in Suid-Afrika aangespreek nie. Ten einde 'n beter begrip te verkry van die verwikkeldhede wat met die belasting van inkomste uit die gebruik van regte op die openbare beeld gepaardgaan, word die benadering in die Verenigde Koninkryk geevalueer weens die ooreenkomste tussen ons regstelsels in hierdie verband. <![CDATA[<b>The judicial and legislative reform of the customary law of succession</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300008&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die inheemse erfreg was gebaseer op die grondslag dat die manlike eersgeborene die oorledene se erfgenaam is. Die Konstitusionele Hof het dit ongrondwetlik verklaar omdat dit teen vrouens en kinders van die oorledene diskrimineer. Die hof het dus gelas dat alle intestate boedels moet vererf ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging. Weens die verweefdheid van die inheemse familiereg met die erfopvolgingsreg was die wetgewer verplig om die reels van die intestate erfopvolging te versoen met sekere familieregtelike gebruike. Die uitkoms was die "Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act. In hierdie artikel wys die skrywers op sekere ongerymdhede in die Wet en dat sommige bepalings nie prakties uitvoerbaar is nie. <![CDATA[<b><i>S v Matyityi</i></b><b> 2011 1 SACR 40 (SCA)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300009&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die inheemse erfreg was gebaseer op die grondslag dat die manlike eersgeborene die oorledene se erfgenaam is. Die Konstitusionele Hof het dit ongrondwetlik verklaar omdat dit teen vrouens en kinders van die oorledene diskrimineer. Die hof het dus gelas dat alle intestate boedels moet vererf ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging. Weens die verweefdheid van die inheemse familiereg met die erfopvolgingsreg was die wetgewer verplig om die reels van die intestate erfopvolging te versoen met sekere familieregtelike gebruike. Die uitkoms was die "Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act. In hierdie artikel wys die skrywers op sekere ongerymdhede in die Wet en dat sommige bepalings nie prakties uitvoerbaar is nie. <![CDATA[<b><i>Netshituka v Netshituka</i></b><b> 2011 (5) SA 453</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300010&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die inheemse erfreg was gebaseer op die grondslag dat die manlike eersgeborene die oorledene se erfgenaam is. Die Konstitusionele Hof het dit ongrondwetlik verklaar omdat dit teen vrouens en kinders van die oorledene diskrimineer. Die hof het dus gelas dat alle intestate boedels moet vererf ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging. Weens die verweefdheid van die inheemse familiereg met die erfopvolgingsreg was die wetgewer verplig om die reels van die intestate erfopvolging te versoen met sekere familieregtelike gebruike. Die uitkoms was die "Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act. In hierdie artikel wys die skrywers op sekere ongerymdhede in die Wet en dat sommige bepalings nie prakties uitvoerbaar is nie. <![CDATA[<b><i>Cadia Holdings Pty Ltd v State of New South Wales</i></b><b> (2010) 269 ALR 204</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300011&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die inheemse erfreg was gebaseer op die grondslag dat die manlike eersgeborene die oorledene se erfgenaam is. Die Konstitusionele Hof het dit ongrondwetlik verklaar omdat dit teen vrouens en kinders van die oorledene diskrimineer. Die hof het dus gelas dat alle intestate boedels moet vererf ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging. Weens die verweefdheid van die inheemse familiereg met die erfopvolgingsreg was die wetgewer verplig om die reels van die intestate erfopvolging te versoen met sekere familieregtelike gebruike. Die uitkoms was die "Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act. In hierdie artikel wys die skrywers op sekere ongerymdhede in die Wet en dat sommige bepalings nie prakties uitvoerbaar is nie. <![CDATA[<b><i>Association Belge des Consommateurs Test-Achats ASBL, Vann van Vugt, Charles Basselier v Conseil des ministres</i></b><b> Case C-236/09 ECJ</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300012&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die inheemse erfreg was gebaseer op die grondslag dat die manlike eersgeborene die oorledene se erfgenaam is. Die Konstitusionele Hof het dit ongrondwetlik verklaar omdat dit teen vrouens en kinders van die oorledene diskrimineer. Die hof het dus gelas dat alle intestate boedels moet vererf ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging. Weens die verweefdheid van die inheemse familiereg met die erfopvolgingsreg was die wetgewer verplig om die reels van die intestate erfopvolging te versoen met sekere familieregtelike gebruike. Die uitkoms was die "Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act. In hierdie artikel wys die skrywers op sekere ongerymdhede in die Wet en dat sommige bepalings nie prakties uitvoerbaar is nie. <![CDATA[<b><i>Fish Hoek Primary School v GW</i></b><b> 2010 2 SA 141 (SCA)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300013&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die inheemse erfreg was gebaseer op die grondslag dat die manlike eersgeborene die oorledene se erfgenaam is. Die Konstitusionele Hof het dit ongrondwetlik verklaar omdat dit teen vrouens en kinders van die oorledene diskrimineer. Die hof het dus gelas dat alle intestate boedels moet vererf ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging. Weens die verweefdheid van die inheemse familiereg met die erfopvolgingsreg was die wetgewer verplig om die reels van die intestate erfopvolging te versoen met sekere familieregtelike gebruike. Die uitkoms was die "Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act. In hierdie artikel wys die skrywers op sekere ongerymdhede in die Wet en dat sommige bepalings nie prakties uitvoerbaar is nie. <![CDATA[<b><i>FirstRand Bank Ltd t/a First National Bank v Seyffert and three similar cases</i></b><b> 2010 6 SA 429 (GSJ) <i>Seyffert & Seyffert v Firstrand Bank Ltd</i> 2012 ZASCA 81</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000300014&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die inheemse erfreg was gebaseer op die grondslag dat die manlike eersgeborene die oorledene se erfgenaam is. Die Konstitusionele Hof het dit ongrondwetlik verklaar omdat dit teen vrouens en kinders van die oorledene diskrimineer. Die hof het dus gelas dat alle intestate boedels moet vererf ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging. Weens die verweefdheid van die inheemse familiereg met die erfopvolgingsreg was die wetgewer verplig om die reels van die intestate erfopvolging te versoen met sekere familieregtelike gebruike. Die uitkoms was die "Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act. In hierdie artikel wys die skrywers op sekere ongerymdhede in die Wet en dat sommige bepalings nie prakties uitvoerbaar is nie.