Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020120002&lang=en vol. 45 num. 2 lang. en <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Editorial</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200001&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>The past, present and future of vicarious liability in South Africa</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200002&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die onlangse - en volgens sommige, onrusbarende - tendens in Suid-Afrika om werkgewers (veral die staat) aanspreeklik te hou vir die onregmatige, skuldige dade van hulle werknemers gee aanleiding tot probleme en enige ondersoek na die moontlike middellike aanspreeklikheid van die werkgewer moet noodwendig altyd begin met die vraag of die werknemer wel 'n delik gepleeg het. Waar daar nie 'n delik is nie, is daar nie sprake van direkte of middellike aanspreeklikheid nie. Dit is belangrik om vas te stel wat die verhouding tussen die delikspleger en sy werkgewer was waar dit vasstaan dat die werknemer wel 'n delik gepleeg het. Dit is dan juis by die vasstelling of die werknemer in die loop van sy diens gehandel het dat beleids-oorwegings na vore kom. Suid-Afrikaanse howe het oor die jare toetse geformuleer om vas te stel of 'n werknemer in die loop van sy diens gehandel het of nie. Die doel van hierdie artikel is om die probleem van middellike aanspreeklikheid onder die loep te neem. Eisers probeer altyd in die diepste sakke grawe - diè van werkgewers - en hierdie tendens sal waarskynlik voortgesit word. Hierdie artikel streef om 'n nuwe perspektief op middellike aanspreeklikheid te gee en begin deur 'n kort historiese oorsig van hierdie vorm van skuldlose aanspreeklikheid in Suid-Afrika. Die artikel bespreek ook 'n aantal spesifieke probleme, waarvan die dilemma aangaande werknemers wat op diens is of nie en die ingewikkelde vraag rondom diensbestek die eerste is. Die artikel ondersoek ook die Wet op Arbeidsverhoudinge soos wat dit op wangedrag van toepassing is en die aard van die verhouding tussen werkgewer en werknemer. Direkte aanspreek-likheid as 'n alternatiewe eisoorsaak teen werkgewers onder sekere omstandighede word spesifiek gemeld. <![CDATA[<b>A comparison between formal debt administration and debt review - the pros and cons of these measures and suggestions for law reform (Part 2)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200003&lng=en&nrm=iso&tlng=en Ongeveer 'n dekade gelede het die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, na aanleiding van klagtes deur verbruikers oor die misbruik van die administrasieprosedure, 'n projek ter hervorming van hierdie prosedure van stapel gestuur. Hierdie projek is egter opgeskort vanweë 'n onafhanklike inisiatief van die Departement van Handel en Nywerheid om verbruikerswetgewing, wat in 2007 in die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 gekulmineer het, te hervorm. Ongelukkig het die wetgewer met die invoering van die skuldhersieningsprosedure ingevolge die Nasionale Kredietwet 'n gulde geleentheid laat verbygaan om die reg insake skuldverligtingsmaatreëls behoorlik en volledig te hersien. Daarbenewens het die wetgewer ook nie die verhouding tussen skuldhersiening en ander bestaande skuldverligtingsmaatreëls, in die besonder administrasiebevele, behoorlik oorweeg nie. In die eerste gedeelte van hierdie artikel wat in 2012 De Jure 80 verskyn het is administrasie ingevolge die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 en skuldhersiening ingevolge die Nasionale Kredietwet geanaliseer om sodoende sekere positiewe en negatiewe aspekte rakende hierdie twee prosedures te identifiseer. In hierdie tweede gedeelte van die artikel word 'n vergelyking tussen administrasie en skuldhersiening gedoen en voorstelle ter regshervorming gemaak. Die skrywers doen aan die hand dat Suid-Afrika 'n volledige hersiening van sy huidige skuldherskedulerings-maatreëls benodig en dat die wetgewer vir een enkele maatreël wat op alle skuldherskeduleringsgevalle van toepassing is, voorsiening moet maak. Na aanleiding van die vergelyking tussen administrasie en skuldhersiening belig die skrywers die hoofkwessies wat die wetgewer na hul mening in ag moet neem wanneer so 'n nuwe prosedure ontwerp word. <![CDATA[<b>The rule of law versus <i>decisionism</i> in the South African constitutional discourse</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200004&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die heerskappy van die reg (rule of law) is een van die grondliggende waardes van die Suid-Afrikaanse grondwetlike orde. Saam met 'n aantal ander waardes wat in artikel 1 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 vervat is, omskryf dit die eenstemmige waardekompleks waarop die huidige grondwetlike orde berus. Hierdie bydrae ontleed onlangse gebeure in die Suid-Afrikaanse grondwetlike diskoers, meer bepaald: (1) die omstredenheid rondom die Regterlike Dienskommissie se hantering van die klagtes van die regters van die Konstitusionele Hof teen regterpresident John Hlophe en (2) die president se verlenging van die ampstermyn van die vorige hoofregter kragtens 'n ongrondwetlike wetsbepaling. Daar word geargu-menteer dat die omstredenheid te wyte is aan twee onversoenbare denkbeelde oor die heerskappy van die reg. Die een is die klassieke konsep van oppergesag van die reg, wat op die beginsel van legaliteit gegrond is, en die ander, hier desisioinisme genoem, is gegrond op 'n "norm" van die "beste" besluit in die omstandighede. Hierdie diepliggende verskil spruit voort uit twee uiteenlopende (regs)kulture. Die een het 'n skriftuurlike grondslag en is geanker in 'n soewereine corpusvan reg teenoor die ander een wat mondeling en teenswoordig-gesentreerd is en wat nie met die idee van 'n soewereine corpus van reg soos dit eeue lank in veral die Westerse regskultuur bestaan, bekend is nie. <![CDATA[<b>Colonialism, justice and the rule of law: A Southern African and Australian narrative</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200005&lng=en&nrm=iso&tlng=en Kolonialisme het 'n groot impak op die regstelsels van lande regoor die wêreld gehad. Die historiese impak van die Britse Ryk kan vandag nog steeds gevoel word in lande so uiteenlopend soos Australië en Suid-Afrika. Hierdie impak word in beide hierdie lande ondersoek, in sowel sy historiese vorm van rassediskriminasie, as die moderne gevolge van die koloniale verlede. Hierdie artikel ontleed hoe formele opvattings van die oppergesag van die reg en regsekerheid, pogings om geregtigheid vir gedane historiese onreg te bewrkstellig, kan ondermyn. Voorbeelde hiervan kan gevind word in die Aboriginal grondregte litigasie in Australië, sowel as litigasie in die Verenigde State van Amerika onder die Alien Tort Act. <![CDATA[<b>An overview of certain aspects regarding the regulation of sovereign insolvency law</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200006&lng=en&nrm=iso&tlng=en Daar is tans geen internasionale erkende of geldige insolvensiestelsel wat toegepas kan word in die geval van die insolvensie van 'n staat nie. Regeringsamptenare en owerhede regoor die wêreld poog tans om die impak van die huidige internasionale ekonomiese krisis te versag deur gebruik te maak van verskeie kunsmatige ondersteuningsmeganismes en ekonomiese beleidsreaksies. Akademici sowel as beleidmakers pleit reeds geruime tyd vir die ontwikkeling van internasionale maatreëls ten einde so 'n internasionale ekonomiese krisis te hanteer en sodoende die herhaling en erns daarvan te beperk. 'n Doeltreffende en effektiewe insolvensiestelsel is 'n kritiese komponent van elke goed-funksionerende mark-ekonomie en die huidige debat oor ekonomiese globalisering kan ook nie geïgnoreer word nie. Die onlangse ekonomiese ondergang van Griekeland en ander Europese lande het die behoefte beklemtoon om ekonomiese aangeleenthede ten opsigte van staatsinsolvensies op 'n tydige, ordelike en voorspelbare wyse aan te spreek. Die doel van hierdie bespreking is nie om die moontlike oorsake, implikasies en oplossings vir die huidige internasionale ekonomies krisis te bespreek nie, maar om 'n oorsig van sekere aspekte met betrekking tot staatsinsolvensie te gee en die behoefte aan 'n internasionale insolvensie-raamwerk te beklemtoon. So 'n stelsel het die potensiaal om toekomstige finansiële krisisse te voorkom of minstens die impak daarvan te verlig. <![CDATA[<b>Can an employer still raise the retrenchment flag in interest negotiations?</b> <b>The <i>Fry's Metals</i> case under the Labour Relations Amendment Bill 2012</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200007&lng=en&nrm=iso&tlng=en Artikel 187(1)(c) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 55 van 1996 ("WAV") maak die sogenaamde uitsluitings-ontslag, in die loop van kollektiewe onderhandelinge, outomaties onbillik. Werknemers word egter alleenlik deur die huidige artikel 187(1)(c) beskerm, as die afdanking ten doel het om die werknemers te dwing om hul werkgewer se eis ten aansien van 'n aangeleentheid van gemeenskaplike belang te aanvaar, en as die afdanking bloot tydelik is. Dit is dus huidig moontlik om finale diensbeëindigings teweeg te bring, vir operasionele redes (ingevolge artikel 189 of 189A van die WAV) as werknemers nie bereid is om toe te stem tot wysigings aan hulle diensvoorwaardes nie, mits die werkgewer substantiewe billikheid in die ontslag kan bewys, en solank die ontslag nie tydelike werking het nie. Op 22 Maart 2012 het die Suid-Afrikaanse Kabinet sekere voorgestelde wysigings aan die WAV goedgekeur. Artikel 187(1)(c) sal, as die wetsontwerp in sy huidige vorm aanvaar word, die uitwerking hê dat enige ontslagte wat intree as gevolg van werknemers se weiering om toe te stem tot eise van hul werkgewers, ten aansien van aangeleenthede van gemeenskaplike belang, outomaties onbillik sal wees. Dit laat die vraag ontstaan hoe werkgewers artikel 189- en 189A-prosesse, waar moontlike veranderinge aan diensvoorwaardes voorgestel word as alternatief tot ontslag, moet benader, en of sodanige situasies noodwendig tot gevolg sal hê dat die werkgewer nie werknemers wat weier om die alternatief te aanvaar, mag ontslaan nie. Die skrywers kom tot die slotsom dat artikel 187(1)(c) nie voorrang behoort te geniet bo artikels 189 en 189A nie, en dat dit eerder 'n feitevraag moet wees, wat in elke geval beantwoord moet word, gebaseer op die normale kousaliteitsbeginsels, of die oorwegende rede vir die afdankings gevind kan word in 'n poging deur die werkgewer om werknemers te dwing om 'n aanbod op 'n gemeenskaplike-belang-aangeleentheid te aanvaar, teenoor die vraag of die rede vir die afdanking as gevolg van bona fide operasionele-vereistes ontslag is. <![CDATA[<b>Houston, we have a problem!</b> <b>Gaps, glitches and gremlins in recent amendments to the law of civil procedure pertaining to the magistrates' courts</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200008&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die tempo van verandering op die gebied van siviele prosesreg het onlangs toegeneem. Grootskaalse verandering gaan egter dikwels gepaard met verwarring en ontwrigting. Merkwaardige veranderinge aan die struktuur en funksionering van die land se landdroshowe het onlangs 'n reeks "gapings, glipsies en goggas" tot gevolg gehad. Die aard en omvang van hierdie "gapings, glipsies en goggas" dui op 'n kommerwekkende ontwikkeling, naamlik dat onvoldoende sorg en aandag geskenk blyk te word gedurende die proses van wetsontwerp en opstel van regulasies. Indien dit nie aangespreek word nie, mag die verskeie probleme waarop hierdie artikel dui, selfs die toekomstige vlot transformasie van die Suid-Afrikaanse regstelsel verhinder. <![CDATA[<b>Handtekening as vereiste vir die geldigheid van 'n kontrak</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200009&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die tempo van verandering op die gebied van siviele prosesreg het onlangs toegeneem. Grootskaalse verandering gaan egter dikwels gepaard met verwarring en ontwrigting. Merkwaardige veranderinge aan die struktuur en funksionering van die land se landdroshowe het onlangs 'n reeks "gapings, glipsies en goggas" tot gevolg gehad. Die aard en omvang van hierdie "gapings, glipsies en goggas" dui op 'n kommerwekkende ontwikkeling, naamlik dat onvoldoende sorg en aandag geskenk blyk te word gedurende die proses van wetsontwerp en opstel van regulasies. Indien dit nie aangespreek word nie, mag die verskeie probleme waarop hierdie artikel dui, selfs die toekomstige vlot transformasie van die Suid-Afrikaanse regstelsel verhinder. <![CDATA[<b><i>Mogale Alloys (Pty) Ltd v Nuco Chrome Boputhatswana (Pty) Ltd </i></b><b>2011</b><b> (6) SA 96 (GSJ)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200010&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die tempo van verandering op die gebied van siviele prosesreg het onlangs toegeneem. Grootskaalse verandering gaan egter dikwels gepaard met verwarring en ontwrigting. Merkwaardige veranderinge aan die struktuur en funksionering van die land se landdroshowe het onlangs 'n reeks "gapings, glipsies en goggas" tot gevolg gehad. Die aard en omvang van hierdie "gapings, glipsies en goggas" dui op 'n kommerwekkende ontwikkeling, naamlik dat onvoldoende sorg en aandag geskenk blyk te word gedurende die proses van wetsontwerp en opstel van regulasies. Indien dit nie aangespreek word nie, mag die verskeie probleme waarop hierdie artikel dui, selfs die toekomstige vlot transformasie van die Suid-Afrikaanse regstelsel verhinder. <![CDATA[<b><i>MM v MN</i></b><b> 2010 (4) SA 286 (GNP)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200011&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die tempo van verandering op die gebied van siviele prosesreg het onlangs toegeneem. Grootskaalse verandering gaan egter dikwels gepaard met verwarring en ontwrigting. Merkwaardige veranderinge aan die struktuur en funksionering van die land se landdroshowe het onlangs 'n reeks "gapings, glipsies en goggas" tot gevolg gehad. Die aard en omvang van hierdie "gapings, glipsies en goggas" dui op 'n kommerwekkende ontwikkeling, naamlik dat onvoldoende sorg en aandag geskenk blyk te word gedurende die proses van wetsontwerp en opstel van regulasies. Indien dit nie aangespreek word nie, mag die verskeie probleme waarop hierdie artikel dui, selfs die toekomstige vlot transformasie van die Suid-Afrikaanse regstelsel verhinder. <![CDATA[<b><i>Longfellow v BOE Trust Ltd NO</i></b><b> (13591/2008) [2010] ZAWCHC 117 <i>Mabika v Mabika</i> [2011] ZAGPJHC 109 <i>Taylor v Taylor</i> [2011] ZAECPEHC 48</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200012&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die tempo van verandering op die gebied van siviele prosesreg het onlangs toegeneem. Grootskaalse verandering gaan egter dikwels gepaard met verwarring en ontwrigting. Merkwaardige veranderinge aan die struktuur en funksionering van die land se landdroshowe het onlangs 'n reeks "gapings, glipsies en goggas" tot gevolg gehad. Die aard en omvang van hierdie "gapings, glipsies en goggas" dui op 'n kommerwekkende ontwikkeling, naamlik dat onvoldoende sorg en aandag geskenk blyk te word gedurende die proses van wetsontwerp en opstel van regulasies. Indien dit nie aangespreek word nie, mag die verskeie probleme waarop hierdie artikel dui, selfs die toekomstige vlot transformasie van die Suid-Afrikaanse regstelsel verhinder. <![CDATA[<b><i>Equity Aviation v SATAWU</i></b><b> (478/09) [2011] ZASCA 232 (30 November 2011)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000200013&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die tempo van verandering op die gebied van siviele prosesreg het onlangs toegeneem. Grootskaalse verandering gaan egter dikwels gepaard met verwarring en ontwrigting. Merkwaardige veranderinge aan die struktuur en funksionering van die land se landdroshowe het onlangs 'n reeks "gapings, glipsies en goggas" tot gevolg gehad. Die aard en omvang van hierdie "gapings, glipsies en goggas" dui op 'n kommerwekkende ontwikkeling, naamlik dat onvoldoende sorg en aandag geskenk blyk te word gedurende die proses van wetsontwerp en opstel van regulasies. Indien dit nie aangespreek word nie, mag die verskeie probleme waarop hierdie artikel dui, selfs die toekomstige vlot transformasie van die Suid-Afrikaanse regstelsel verhinder.