Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020120001&lang=en vol. 45 num. 1 lang. en <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Redaksioneel</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100001&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>The application of section 85 of the National Credit Act in an application for summary judgment</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100002&lng=en&nrm=iso&tlng=en Voor die inwerkingtreding van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (NKW) in 2007 was dit ietwat ongehoord om in Suid-Afrika te hoor van wetgewing gerig op verbruikersbeskerming. Een van die NKW se hoofdoelstellings is die beskerming van skuldenaars. Skuldberading ingevolge artikel 86 is een van die wyses waarop die wetgewer aan sodanige beskerming uiting gee. Artikel 85 bepaal dat 'n hof, in enige verrigtinge waarin 'n kredietooreenkoms ter sprake kom en indien die skuldenaar beweer dat hy oorverskuldig is, die kredietooreenkoms na 'n skuldberader mag verwys of self die skuldenaar oorverskuldig verklaar en sy skuld herstruktureer. In die praktyk word artikel 85 hoofsaaklik by aansoeke om summiere vonnis met betrekking tot ontroerende eiendom deur skuldenaars geopper. Artikel 85 verleen aan die hof die diskresie om die kredietooreenkoms na 'n skuldberader te verwys met die gevolg dat summiere vonnis uitgestel of gewysig kan word. Die onus rus op die skuldenaar om die hof te oortuig om sodanige verwysing te beveel. Die howe het 'n aantal aspekte geïdentifiseer wat oorweeg moet word by die toepassing van die hof se diskresie. Hierdie artikel is 'n kritiese bespreking van artikel 85 asook die uitleg daarvan deur die howe. <![CDATA[<b>Tax characteristics of an ideal holding company location</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100003&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die Suid-Afrikaanse regering het in 2008 aangekondig dat hulle van voorneme is om Suid-Afrika te bevorder as 'n gepaste maatskappyjurisdiksie vir beleggings in Afrika in die algemeen en sub-Sahara Afrika in die besonder. Ten einde hierdie doel te bereik behoort die regulatoriese-, ekonomiese- en juridiese-raamwerke geskik te wees vir internasionale belegging. Een van die ekonomiese en juridiese aspekte wat tans hersien word, is die belasting-stelsel. Die belastingstelsel mag sommige eienskappe bevat wat nadelig is vir internasionale houermaatskappye en ander wat bevorderlik is vir sulke maatskappye. Hierdie artikel ontleed die belastingeienskappe van 'n ideale houermaatskappybedeling en beklemtoon die spesifieke elemente tot die mate wat dit houermaatskappye beïnvloed en wat sal verseker dat Suid Afrika 'n ideale ligging vir houermaatskappye word. Hierdie is hoofsaaklik 'n gunstige kapitaalwinsbelastingbedeling, lae inkomstebelasting, geen of lae belasting op dividende, eensydige vermyding van dubbelbelasting, 'n gunstige belastingverdrag netwerk, die afwesigheid van beheerde buitelandse maatskappy wetgewing en 'n liberale dun kapitalisasie- en oordragprys bedeling. Sekere belasting eienskappe soos 'n eensydige vermyding van dubbelbelasting in die vorm van 'n korting vir buitelandse belasting betaal, deelnemende vrystelling en 'n oorvloed van dubbelbelasting verdrae trek beleggings suksesvol aan in die vorm van houermaatskappye na 'n land met sulke eienskappe. In teenstelling hiermee het eienskappe soos buitelandse beheerde maatskappy wetgewing en streng oordragprys bepalings en streng dun kapitalisasie bepalings die teenoorgestelde uitwerking. Selfs in gevalle waar die bepalings nie op houermaatskappye van toepassing is nie mag die blote teenwoordigheid van bogenoemde bepalings steeds buitelandse beleggers afskrik. <![CDATA[<b>The institutionalisation of community service and community service learning at South African tertiary institutions: With specific reference to the role of university law clinics</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100004&lng=en&nrm=iso&tlng=en Met die institusionalisering van samelewingsdiens-¹ en diensleer aan Suid-Afrikaanse tersiêre instellings, is dit nodig om die rol van Suid-Afrikaanse universiteitsregsklinieke in die lig daarvan te ondersoek. Die artikel ondersoek die omskrywings van gemeenskapsdiens- en diensleer en kom tot die gevolgtrekking dat ten spyte van die feit dat gemeenskapsdiens- en diensleer, en kliniese regsonderrig baie gemeen het, elkeen 'n afsonderlike onderrigmetodologie is. Die tradisionele "werklike kliënt"-model van kliniese regsonderrig wat aan die meeste universiteitsregsklinieke gevolg word, voldoen egter nie per definisie aan óf gemeenskapsdiens- óf gemeenskapsdiensleer vereistes nie. Die artikel wys op die verskille, maar ook die ooreenkomste tussen die drie onderrigmetodologie. Dit beklemtoon die omskrewe vereistes by suiwer gemeenskapsdiens- en diensleer programme, naamlik die van gemeenskapsvennootskappe en die vereiste van wederkerige leer en -onderrig. Ten einde institusionele ondersteuning te verkry is 'n heroorweging van die tradisionele rol van universiteitsregs-klinieke nodig om vas te stel of ware gemeenskapsdiens- en diensleer modules deur universiteitsregsklinieke akkommodeer kan word. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat hulle ideaal geposisioneer is vir hierdie doel, en demonstreer dit aan die hand van 'n gemeenskapsdiensleerprogram wat inkorporeer is in die module bewysreg. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat die insluiting van ware gemeenskapsdiens- en diensleer modules aanvullend tot kliniese regsonderrigprogramme institusionele geldelike steun kan lok tot voordeel van die operasionele kostes van universiteitsregsklinieke. <![CDATA[<b>Legal issues associated with the use of do not resuscitate orders in US schools</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100005&lng=en&nrm=iso&tlng=en Geenbybringopdragte (GBO) in die Verenigde State is in die algemeen aanwysings wat voorberei word deur geneeshere op versoek van ouers om lewensondersteuningsdienste te beëindig of af te skaal op grond van 'n mediese diagnose dat 'n kind 'n terminale toestand bereik het waar hy of sy nie meer self besluite kan neem nie en geen mediese vooruitsig op herstel van 'n komateuse of vegetatiewe toestand het nie. Sulke GBOs bring egter belangrike vraagstukke na vore aangaande die gesag van ouers en mediese praktisyns om besluite namens kinders te neem wat dikwels nie in 'n geestes- of liggaamstoestand is om die aard van 'n GBO te verstaan nie, die reg op lewe van 'n kind ten spyte van sy of haar aftakelende of terminale toestand en die verantwoordelikhede van skoolpersoneel om 'n GBO uit te voer wat tot groter gestremdheid of die dood van 'n leerling kan lei. Regsgedinge rakende GBOs het hoofsaaklik gefokus op minderjarige kinders binne hospitaalverband, hoewel mediese en verpleegkundige publikasies heelwat advies aangaande noodhulp by skole bevat. Meeste van hierdie publikasies spreek egter lewensgevaarlike noodgevalle vir leerlinge in die algemene milieu van beperking van aanspreeklikheid aan, met beperkte klem op die voortdurende en deurlopende behoeftes van gestremde leerlinge. Regsgedinge rakende GBOs en minderjaringes het nie vraagstukke rondom leerlinge met afsonderlike onderrigplanne ingevolge die INDIVIDUALS WITH DISABILITIES EDUCATION ACT(IDEA): aangespreek nie. Die gesag van ouers om besluite aangaande GBOs in hospitale te neem word afgestomp en ontlont in die skoolomgewing waar ouers met gestremde kinders slegs een deel van die besluitnemingsproses rakende hulle kinders is. Die belangrike onderskeid is die mate waartoe 'n versoek vir nuwe verwante dienste of plasings ingevolge IDEA: om 'n kind se onderrig te verbeter, gelykstel kan word met 'n GBO wat in wese kan neerkom op 'n versoek om 'n kind te laat sterf. Kan 'n GBO vir 'n leerling wat gestrem is geregverdig word wanneer die doel van IDEA: en die afsonderlike onderrigplanne daarop gerig is om toe te sien dat gestremde leerlinge doelwitte en mikpunte ingevolge IDEA: het wat sinvolle prestasievergelyking met leerlinge sonder gestremdhede moontlik maak, maar steeds die aard van hulle gestremdhede in aanmerking neem? Die doel van hierdie artikel is om sommige beleidsoorwegings rakende die gepastheid van GBOs in skoolverband te ondersoek, veral in soverre dit gestremde kinders raak. <![CDATA[<b>A comparison between formal debt administration and debt review - the pros and cons of these measures and suggestions for law reform (Part 1)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100006&lng=en&nrm=iso&tlng=en Ongeveer 'n dekade gelede het die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, na aanleiding van klagtes deur verbruikers oor die misbruik van die administrasieprosedure, 'n projek ter hervorming van hierdie prosedure van stapel gestuur. Hierdie projek is egter opgeskort vanweë 'n onafhanklike inisiatief van die Departement Handel en Nywerheid om verbruikerswetgewing, wat in 2007 op die Nasionale Kredietwet 34 van 2005¹ uitgeloop het, te hervorm. Ongelukkig het die wetgewer met die invoering van die skuldhersieningsprosedure ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 'n gulde geleentheid laat verbygaan om die reg insake skuldverligtingsmaatreëls behoorlik en volledig te hersien. Daarbenewens het die wetgewer ook nie die verhouding tussen skuldhersiening en ander bestaande skuldverligtingsmaatreëls, in die besonder administrasiebevele, behoorlik oorweeg nie. Die doel van hierdie eerste gedeelte van die artikel is dus om administrasie ingevolge die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 en skuldhersiening ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 te ontleed en sodoende sekere positiewe en negatiewe aspekte rakende hierdie twee prosedures te identifiseer. In die tweede gedeelte van die artikel word 'n vergelyking tussen administrasie en skuldhersiening gedoen en voorstelle ter regshervorming gemaak. Die skrywers doen aan die hand dat Suid-Afrika 'n volledige hersiening van sy huidige skuldherskeduleringsmaatreëls benodig en dat die wetgewer vir een enkele maatreël wat op alle skuldherskeduleringsgevalle van toepassing is, voorsiening moet maak. Na aanleiding van die vergelyking tussen administrasie en skuldhersiening belig die skrywers die hoofpunte wat die wetgewer na hul mening in ag moet neem wanneer so 'n nuwe prosedure ontwerp word. <![CDATA[<b>Experiencing the South African undergraduate law curriculum</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100007&lng=en&nrm=iso&tlng=en In 1998 is die vierjarige LLB-graad as deel van 'n post-apartheid transformasie-agenda bekendgestel. In 'n studie om die gepastheid van die vierjarige LLB-graad vas te stel, is 'n onderhoud met vier regsgegradueerde, nou praktiserende prokureurs, gevoer. Hierdie vier gegradueerdes was almal in dieselfde jaargroep aan dieselfde, historiese wit, universiteit. Die doel van hierdie deel van die empiriese studie was om insigte in die ondervinding van die voorgraadse leerplan van 'n verteenwoordigende groep gegradueerdes, wat almal die graad in die minimum voorgeskrewe tyd verwerf het, te kry. Deur 'n fenomenografiese metodologie aan te neem, wat poog om die verskillende persepsies van respondente in verband met 'n sekere ondervinding te ondersoek, in hierdie geval die ondervinding van die voorgraadse leerplan vir regte, het die studie 'n ontleding van sommige wyses waarop die studente op die LLB leerplan gereageer het, ontwikkel. Die kategorieë omskrywings wat uit die gegradueerdes se onderhoude afgelei is, het 'n interessante "oorsig van die kollektiewe denke" van die gegradueerdes tot gevolg gehad: die instrumentele strategis (buitestander); die pragmatiese generalis (in gemaksone) en die omvormde beroepsgeörienteerde (betrokke binnestander). Hierdie drie posisies blyk drie hiërargies-geordende vlakke van ingeskakeldheid met die leerplan te weerspieël. Die sleutelbeginsels wat die ontwerp van die voorgraadse leerplan sou inlig, naamlik die integrering van vaardighede, uitdruklike onderrig van etiek en die sensitisering van studente vir die praktisering van die reg in 'n diverse, pluralistiese samelewing, is nie effektief geïmplimenteer nie en dit speel 'n rol in die manier wat regstudente die leerplan ervaar. 'n "Kringloop van nadeel" het uit die data te voorskyn gekom as 'n voorstelling van die herhaling van historiese nadeel deur die leerplan. Vir baie "nie-tradisionele" studente, neig hulle status as "buitestanders" - beide in die universiteit en verder wanneer hulle die sfeer van die professionele inkweking binnegaan -tesame met hulle persoonlike geskiedenis en verwagtinge, om hulle sosiale stand na te boots. Die leerplan vir regte neig om bestaande ongelykhede weer op te lewer eerder as om as 'n omvormende middel te dien. Ten slotte ontwikkel die outeur 'n paar voorstelle vir maniere waarop die ondervinding van die voorgraadse leerplan vir regte in Suid-Afrika 'n omvormende opvoedkundige proses kan word, in plaas daarvan dat dit 'n belemmering bly vir baie studente wat poog om toegang tot die regsberoep te kry. <![CDATA[<b>Nationalisation of mineral rights in South Africa</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100008&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Wet 28 van 2002, het grondeienaars van hulle eiendomsreg ten aansien van onontginde minerale en petroleum produkte ontneem en bepaal nou dat minerale en petroleum hulpbronne "die gemeenskaplike erfenis van die hele bevolking van Suid-Afrika" is met die Staat as die bewaarder daarvan. Prospekteer- en mynregte ten aansien van "ongebruikte ou orde regte" en met betrekking tot die oorskakeling van "ou orde prospekteerregte" en "ou orde mynregte" na "nuwe orde" prospekteer en/of mynregte is onderworpe gestel aan ingrypende tydsbeperkings en veeleisende substantiewe voorwaardes wat deur die Minister van Minerale en Energie Aangeleenthede goedgekeur moet word. Terwyl die Staat in die verlede prospekteer- en mynregte gereguleer het, hoofsaaklik met die doel om veiligheid en omgewingsbewaring te bevorder, het die wetgewer nou streng vereistes gestel vir die vergunning van prospekteer en/of mynregte omdat dit eienaar geword het van minerale en petroleum hulpbronne - of as personifikasie van "die bevolking van Suid-Afrika" of as 'n openbare trustee van "die erfenis van die hele bevolking van Suid-Afrika". Artikel 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika maak 'n onderskeid tussen ontneming van eiendom, wat nie die betaling van vergoeding deur die Staat vereis nie, en onteiening, waarvoor wel vergoeding betaal moet word. Dit word algemeen aanvaar dat onteiening bestaan uit ontneming plus 'n bykomstige element of bykomstige elemente. Daar is twee moontlike faktore wat 'n ontneming in onteiening kan omskep: of die verkryging van eiendomsreg ten aansien van dit wat ontneem is deur 'n ander entiteit, byvoorbeeld die Staat, öf soos wat in Artikel 25 aangedui word, deur die ontneming van die eienaar se regte in die openbare belang of vir 'n openbare doel. In hierdie artikel word geargumenteer dat die ontneming van minerale en petroleum hulpbronne onder enigeen van die twee persepsies op onteiening neerkom. <![CDATA[<b>Where does mining stop and manufacturing commence?</b> <b>A critical analysis of section 15A of the Income Tax Act</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100009&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>Die Toepaslikheid (al dan nie) van die Nasionale Kredietwet op rentevrye kontrakte</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100010&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>Capital versus Revenue: Some guidance</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100011&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b><i>Ex parte WH </i></b><b>2011 6 SA 514 (GNP)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100012&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b><i>Kasper v Andrè Kemp Boerdery CC </i></b><b>2012 SA 20 (WKK)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100013&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b><i>Santam Limited v Dial Direct Limited and Joe Public (Pty) Ltd</i></b><b>: Unreported Western Cape High Court case number 13278/11 (WCC)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100014&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b><i>Pienaar v Master of the Free State High Court Bloemfontein </i></b><b>2011 (6) SA 338 (SCA)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602012000100015&lng=en&nrm=iso&tlng=en