Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020110002&lang=en vol. 44 num. 2 lang. en <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Editorial</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200001&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>Contemporary challenges to international human rights law and the role of human rights education</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200002&lng=en&nrm=iso&tlng=en In hierdie bydrae word vier hedendaagse uitdagings aan international menseregte onder die loep geneem. Hierdie uitdagings is: (1) Die internasionale menseregte-sisteem is oormatig ingewikkeld en gefragmenteerd, dog steeds onvolledig in die substantiewe beskerming wat dit bied. (2) Internasionale menseregte het nie voldoen aan die beloftes wat dit voorgehou het nie. (3) Die staats-gesentreerde aard van menseregte gee aanleiding daartoe dat state die paradoksale posisie inneem as beide menseregte-beskermer en menseregte-skender. (4) Internasionale mense-regte het nie voldoende aandag geskenk aan die behoeftes van die mees behoeftige lede van samelewings nie. Hierdie artikel maak die argument uit dat elkeen van hierdie uitdagings beter verstaan en benader kan word indien 'n multidissiplinêre, eerder as 'n streng judisiële of regsgebaseerde benadering gevolg word. Die inhoud van menseregte-opleiding moet dus krities heroorweeg word, en toelatingsvereistes vir meseregte-programme behoort aangepas te word om so 'n multidissiplinêre benadering te vergestalt. <![CDATA[<b>Bespoke justice?</b> <b>On financial ombudsmen, rules and principles</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200003&lng=en&nrm=iso&tlng=en Alternatiewe geskilbeslegtingsprosedures bestaan om diegene by te staan wat nie hulle regte in die howe kan of wil afdwing nie. Die spesifieke voordeel van ombudsmanne is dat hulle prosesse toeganklik, goedkoop, informeel en vinnig is. Hierdie artikel neem twee skemas onder die loep, naamlik die FAIS ombud in Suid Afrika en die Financial Ombudsman Service (FOS) in Engeland. Daar word gekyk na die wyse waarop die twee instansies reëls sowel as beginsels toepas, wat die jurisdiksie en prosedure van elk behels en hoe daar te werk gegaan word om geskille op te los. Die belangrikste verskil tussen die twee organisasies is dat die FAIS ombud se beslissings in elke wesenlike opsig dieselfde uitwerking as hofbeslissings het en dat dit volledig gerapporteer word, terwyl beslissings deur die FOS nie ten volle gerapporteer word nie en ook nie presedente daarstel nie. Die FOS streef uiteraard daarna om geregtigheid te laat geskied tussen individuele partye, weliswaar binne die bestaande regsraamwerk, maar met die veronderstelling dat billikheid die belangrikste oorweging moet wees. Hierdie werkswyse kan geregverdig word omdat individuele oplossings nie op ander sake van toepassing gemaak word nie. Die FOS of 'n verweerder word deur wetgewing gemagtig om sake na 'n hof te verwys waar daar sprake is van 'n belangrike of nuwe regsvraag. Die beslissing in so 'n saak stel dan 'n presedent daar. Die Suid-Afrikaanse FAIS ombud bereg ook sake binne die bestaande regsraamwerk en moet soos die FOS seker maak dat alle beslissings billik is. Die gevaar is egter dat die FAIS ombud nie verplig is om sake na 'n hooggeregshof te verwys nie, met die gevolg dat 'n beslissing wat in der waarheid oorwegend billik is vir die spesifieke partye tot die geding, presedentele waarde het. Hierdie tekortkoming in die FAIS Wet gee aanleiding daartoe dat die FAIS ombud soos 'n tweede reguleerder word en die gevaar is dat verkeerde interpretasies van die wetgewing tot onbillike resultate vir ander partye tot 'n dispuut kan lei. Hierdie aspek behoort deur die wetgewer aangespreek te word. <![CDATA[<b>The legal validity of an advance refusal of medical treatment in South African law (Part 2)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200004&lng=en&nrm=iso&tlng=en Mediese gebeurlikheidsaanwysings stel persone in staat om mediese behandeling in die toekoms, wanneer hulle nie meer in staat is om wilsbesluite te neem nie, te weier. 'n Mediese gebeurlikheidsaanwysing is 'n lewende testament waarin die outeur weier om mediese behandeling in bepaalde omstandighede in die toekoms te ondergaan. Dit kan ook bestaan uit 'n volmag waarin die outeur 'n ander persoon aanstel om namens hom of haar in die toekoms mediese behandeling te weier. In Suid-Afrika is die regsgeldigheid en afdwingbaarheid van sodanige gebeurlikheidsaanwysing onseker. In die eerste gedeelte van hierdie bydrae wat in 2011 De Jure 32 verskyn het, is die regsposisie soos dit tans in Suid-Afrika daar uitsien, bespreek. Die etiese norme wat in die mediese beroep geld is oorweeg en met die huidige regsposisie vergelyk. Voorts is die relevante grondwetlike waardes wat in ons samelewing geld, kontekstueel ontleed en teen bepaalde belange van die gemeenskap opgeweeg. Hierdie ontleding en belange-afweging het tot die gevolgtrekking gelei dat mediese gebeurlikheidsaanwysings in beginsel as regtens afdwingbare wilsbesluite erken behoort te word. In die tweede gedeelte van hierdie bydrae word aandag geskenk aan die etiese oorwegings wat 'n rol behoort te speel by beantwoording van die vraag of 'n mediese gebeurlikheidsaanwysing in bepaalde omstandighede as regtens afdwingbaar beskou behoort te word. Die ontwikkelinge in buitelandse regstelsels word dan oorweeg en empiriese navorsing wat aldaar onderneem is om die doeltreffendheid van gebeurlikheidsaanwysings in die praktyk te evalueer, word krities ontleed. Die slotsom wat bereik word, is dat die Suid-Afrikaanse parlement oorweging moet skenk aan die destydse voorstelle van die Suid-Afrikaanse Regskommissie in hierdie verband en dat statutêre erkenning aan die regsgeldigheid van mediese gebeurlikheidsaanwysings verleen moet word. Die ondervinding in buitelandse regstelsels dui egter daarop dat blote statutêre erkenning van die regsgeldigheid van gebeurlikheidsaanwysings nie enige noemenswaardige verandering in die praktyk teweeg bring nie. 'n Verandering in opvattings word slegs teweeggebring deur behoorlike opvoeding en die instelling van opleidingsprogramme en ondersteuningstelsels in gesondheid-sorginstellings soos klinieke en hospitale. Daar dus word aan die hand gedoen dat 'n holistiese benadering gevolg moet word, wat beteken dat die staat self betrokke moet raak by die implementering van doeltreffende strategieë om sodoende groter bewuswording van die reg op selfbeskikking van pasiënte by gesondheidsorg-werkers sowel as die breë publiek te bewerkstellig. <![CDATA[<b>Forget me not: Thoughts on the crossroads between law and medicine in assessing claims of amnesia</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200005&lng=en&nrm=iso&tlng=en Geestesdeskundiges word op 'n gereelde basis gebruik om strafbare optrede te rekonstrueer. Een van die groot struikelblokke wat geestesdeskundiges in die gesig staar tydens die assesseringsfase hou verband met die geval waar die beskuldigde beweer dat hy of sy aan geheueverlies ly, hetsy van 'n tydelike- of permanente aard. Die bewering van amnesie, oftewel geheueverlies, lewer 'n uitdaging vir sowel die forensiese geestesdeskundige wat strewe daarna om sover moontlik aan juridiese standaarde te voldoen ten aansien van die lewering van 'n opinie, as vir regsgeleerdes wat hul sake tot die beste van hulle vermoë moet voordra. Een van die struikelblokke tydens die assessering van amnesie hou verband met die beoordeling van die waarheid of egtheid daarvan en dus om ware amnesie te onderskei van gesimuleerde amnesie. Hierdie artikel verskaf 'n oorsig rakende die aard van amnesie, die belangrikste oorsake daarvan asook die juridiese benadering tot amnesia, geskets teen die agtergrond van die wisselwerking tussen die reg en die mediese wetenskappe by die beoodeling van amnesie. <![CDATA[<b>Some thoughts on state regulation of South African insolvency law</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200006&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die grondslag van konstitusionalisme is dat die mag van die staat omskryf en ingeperk moet word om die belange van die gemeenskap te beskerm en daarom moet die doel van enige staatsregulering in Suid-Afrika wees om die onderliggende waardes van die Grondwet te ondersteun en te beskerm. Die belang van 'n moderne insolvensieregstelsel as belangrike hoeksteen van volhoubare ekonomiese ontwikkeling is ook wyd erken en deur internasionale instellings soos die Wêreldbank gedokumenteer. Terwyl die fokus van die regshervormingsproses van die insolvensiereg dus moet wees om die belange van die gemeenskap te beskerm sal dit onrealisties wees om die breëre internasionale konteks te ignoreer. Die artikel bespreek die geskiedenis, rol en funksie van die Meester van die Hooggeregshof en lig sekere probleme ten opsigte van die Meester se toesighoudende funksie oor die insolvensiereg uit. Die aanbeveling word gemaak dat ten einde aan die internasionale standaarde te voldoen asook die vertroue van die plaaslike gemeenskap te herwin, is dit nodig om 'n onafhanklike reguleerder as deel van 'n reguleringsraamwerk in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg in te stel. Na aanleiding van die grondwetlike aspekte van die reguleringsfunksie asook die internasionale maatstawwe wat ge'identifiseer word, word daar dus aanbeveel dat die Suid Afrikaanse regs- en beleidmakers terugkeer na die regshervormingsproses en opnuut die konsep van staatregulering in die insolvensiereg oorweeg. <![CDATA[<b>The deductibility of value added tax on costs incurred to raise share capital: A critical analysis of the <i>ITC 1744</i> case</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200007&lng=en&nrm=iso&tlng=en Maatskappye gaan dikwels wesenlike kostes aan by die uitreik van aandele om bedrywighede te finansier. Tans voer die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) aangegaan op aandeeluitreikingskoste nie aftrekbaar is nie. Hierdie siening is gebaseer op die ITC 1744-saak. Die uitspraak in die ITC 1744-saak is gebaseer op die mening uitgespreek in 'n Europese hofsaak wat in 1994 beslis is. Sedertdien het die European Court of Justice (ECJ) in 'n aantal sake die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste oorweeg en beslis dat insetbelasting in sekere gevalle aftrekbaar sal wees. In hierdie artikel word die vraag gestel of argumente soortgelyk aan die argumente gevolg deur die ECJ in Suid-Afrika aangevoer kan word. Gebaseer op die ontleding van die argumente in die ECJ-beslissings, binne die konteks van die Suid-Afrikaanse wetgewing, word aangevoer dat daar gebiedende gronde bestaan om in Suid-Afrika te argumenteer dat 'n aandeeluitreiking nie 'n lewering daarstel nie en dat aandeeluitreikingskoste as 'n algemene bokoste beskou kan word. Hierdie argumente kan die SAID aanmoedig om die siening wat tans gehuldig word by die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste in Suid-Afrika, te hersien. <![CDATA[<b>For a few dollars more: Overcharging and misconduct in the legal profession of the <i>Zuid-Afrikaansche Republiek</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200008&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die regslui van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR is al beskuldig daarvan dat hulle gewetenloos en ondergekwalifiseerd was en ook buitensporige fooie gevra het van hul kliënte. Hierdie artikel ondersoek sekere van hierdie aantygings. Eerstens word daar gekyk na die regulasie van die kwalifikasie-en toelatingsvereistes van lede van die regsprofessie, asook na verwante aangeleenthede soos die "dual practice" tradisie en die impak van die eksamenraad. Tweedens word die regulasie van regskostes bekyk. Derdens word enkele gevalle van wangedrag in die regsprofessie van die ZAR kortliks bespreek. Ten slotte maak die outeur sekere gevolgtrekkings en lewer kommentaar oor sekere aspekte. The more I think about it, Old Billy was right Let's kill all the lawyers, kill 'em tonight.¹ -The Egles get over it <![CDATA[<b>Orality in African customary- and Roman law of contract: A comparative perspective</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200009&lng=en&nrm=iso&tlng=en Suksesvolle hervorming van Afrika gewoontereg hang saam met 'n begrip van die historiese antesedente van die regstelsel. Antieke Romeinse reg met haar uiterste formalisme, rituele en simboliek bly 'n belangrike vertrekpunt om antieke gewoontereg te belig wat preliterêr van aard was. Die bestaande persepsie is dat Afrika gewoontreg, na analogie van die Romeinse reg, slegs reële kontrakte ken en dat aanspreeklikheid slegs volg op gedeeltelik of volle nakoming van verpligtinge van 'n party. Die geldigheid van herdie aanname asook bestaande interpretasies van ander geselekteerde aspekte van die kontrak in die Afrika gewoontereg word getoets by wyse van vergelyking met die stipulatio van die antieke Romeinse reg. Die analise geskied teen die agtergrond van oraliteit en die fokus is op die verhouding tussen woorde, bedoeling en kontraktuele aanspreeklikheid, konkretisering van verbale kommunikasie en seremonie en die rol van fides. <![CDATA[<b>The right to development in the African human rights system: The <i>Endorois</i> case</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200010&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die doel van hierdie artikel is om die impak van die uitspraak in Centre for Minority Rights Development (namens Endorois) v Kenya (Endorois uitspraak)oor die verwesenliking van die reg to ontiwikkeling in Afrika se menseregte sisteem te ondersoek. Na 'n oorsig van die reg tot ontwikkeling, wat uit eie gekarakteriseer is deur omstredenheid, gaan die artikel voort om te wys hoe die Endoroisuitspraak wegbeweeg van die uitspraak in die Social and Economic Rights Center and the Center for Economic and Social Rights v Nigeria (SERAC uitspraak), Democratic Republic of the Congo v Burundi, Rwanda, and Uganda (DRC uitspraak) en Kevin Mgwanga Gumne et al v Cameroon (Gumne uitspraak). Die Endorois uitspraak omksryf die konsep van "peoples"; maak duidelik wie die begunstigdes van die reg tot ontwikkeling is en beklemtoon die rol van die staat as die primêre pligdraer. Dit verduidelik ook die inhoud van die reg tot ontwikkeling wat veelsydig is omdat dit bestaan uit elemente van nie-diskriminasie, deelname, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid, regverdigheid en keuses asook vermoëns. Verder, verduidelik dit die drempel van mense se deelname benodig in die ontwikkelingspogings en beklemtoon die onmiddellike totstandkoming van menseregte soos omskryf in die African Charter on Human and Peoples Rights. Die Endorois uitspraak gee leiding oor hoe om die beregbaarheid van die reg tot ontwikkeling te verseker. Voor die Endorois uitspraak, is al hierdie eienskappe van die reg tot ontwikkeling nooit opgeklaar deur die Afrika-Kommissie in die SERAC, DRC en Gumne gevalle nie. <![CDATA[<b>The money or the box: Perspectives on reckless credit in terms of the National Credit Act 34 of 2005</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200011&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (hierna die NKW) lei die konsep van roekelose krediet vir die eerste keer In Suid-Afrikaanse kredietwetgewing in. Die NKW poog om roekelose kredietverlening te voorkom deur voorooreenkoms-assessering ingevolge artikel 81 daarvan verpligtend te maak en maak verder voorsiening vir verskeie remedies ten opsigte van roekelose krediet. Daar word aan die howe verskeie magte verleen afhangende van die soort roekelose krediet wat toegestaan is. Aansienlike onduidelikheid bestaan egter oor die basis waarop die magte van die hof om te beveel dat 'n totale of gedeeltelike tersydestelling van die regte en verpligtinge van die verbruiker, aan wie roekelose krediet soos beoog in artikel 80(1)(a) en 80(1)(b)(ii) toegestaan is, uitgeoefen moet word. Dit is voorts ook nie duidelik op watter basis 'n hof ten aansien van voormelde soorte roekelose krediet moet besluit tussen tersydestelling van die verbruiker se regte en verpligtinge of opskorting van die krag en effek van die ooreenkoms nie. Hierdie bespreking stel praktiese ondersoek in na die aard van roekelose krediet en die wyse waarop 'n voorooreenkoms-assessering gedoen moet word. Die remedies ten opsigte van roekelose krediet word ontleed in 'n poging om die praktiese effek van die magte van die hof vas te stel ten opsigte van die verskillende gevalle van roekelose krediet waarvoor die NKW voorsiening maak. Die prosedurele implikasies verbonde aan roeklose krediet word ook ondersoek. <![CDATA[<b>Section 14 of the Children's Act 38 of 2005 and the child's capacity to litigate</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200012&lng=en&nrm=iso&tlng=en Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om 'n saak na 'n hof te bring asook om bygestaan te word om 'n saak aldus te bring. In hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op 'n kind se verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die gemeenregtelike beperkings op 'n infans en 'n minderjarige se verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het in artikel 28(1)(h) vir kinders 'n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van 'n kurator ad litem en 'n artikel 28(1)(h)-regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, 'n bydrae lewer om kinders se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op 'n kind se verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie. <![CDATA[<b>Ondernemingsredding uit die wegspringblokke: Is dit sterk genoeg?</b><i> <b>Swart v Beagles Run Investments 25 (PTY) Ltd</b></i>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200013&lng=en&nrm=iso&tlng=en Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om 'n saak na 'n hof te bring asook om bygestaan te word om 'n saak aldus te bring. In hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op 'n kind se verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die gemeenregtelike beperkings op 'n infans en 'n minderjarige se verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het in artikel 28(1)(h) vir kinders 'n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van 'n kurator ad litem en 'n artikel 28(1)(h)-regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, 'n bydrae lewer om kinders se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op 'n kind se verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie. <![CDATA[<b><i>The Citizen v McBride</i></b><b> 2011 4 SA 191 (CC)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200014&lng=en&nrm=iso&tlng=en Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om 'n saak na 'n hof te bring asook om bygestaan te word om 'n saak aldus te bring. In hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op 'n kind se verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die gemeenregtelike beperkings op 'n infans en 'n minderjarige se verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het in artikel 28(1)(h) vir kinders 'n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van 'n kurator ad litem en 'n artikel 28(1)(h)-regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, 'n bydrae lewer om kinders se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op 'n kind se verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie. <![CDATA[<b><i>Ackermans Ltd v Commissioner for South African Revenue Service, Pep Store (SA) Ltd v Commissioner for South African Revenue Service</i></b><b> 2011 1 SA 1 (SCA)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200015&lng=en&nrm=iso&tlng=en Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om 'n saak na 'n hof te bring asook om bygestaan te word om 'n saak aldus te bring. In hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op 'n kind se verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die gemeenregtelike beperkings op 'n infans en 'n minderjarige se verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het in artikel 28(1)(h) vir kinders 'n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van 'n kurator ad litem en 'n artikel 28(1)(h)-regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, 'n bydrae lewer om kinders se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op 'n kind se verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie. <![CDATA[<b><i>Wesbank v Deon Winston Papier and the National Credit Regulator</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200016&lng=en&nrm=iso&tlng=en Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om 'n saak na 'n hof te bring asook om bygestaan te word om 'n saak aldus te bring. In hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op 'n kind se verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die gemeenregtelike beperkings op 'n infans en 'n minderjarige se verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het in artikel 28(1)(h) vir kinders 'n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van 'n kurator ad litem en 'n artikel 28(1)(h)-regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, 'n bydrae lewer om kinders se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op 'n kind se verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie. <![CDATA[<b><i>Minister for Justice and Constitutional Development v Tshishonga</i></b><b> 2009 9 BLLR 862 (LAC)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200017&lng=en&nrm=iso&tlng=en Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om 'n saak na 'n hof te bring asook om bygestaan te word om 'n saak aldus te bring. In hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op 'n kind se verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die gemeenregtelike beperkings op 'n infans en 'n minderjarige se verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het in artikel 28(1)(h) vir kinders 'n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van 'n kurator ad litem en 'n artikel 28(1)(h)-regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, 'n bydrae lewer om kinders se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op 'n kind se verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie. <![CDATA[<b>Like Pontius Pilate of old, the Constitutional Court washed its hands of my human dignity: A critical review of <i>The Citizen 1978 (Pty) Ltd v McBride</i> 2011 4 SA 191 (CC)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602011000200018&lng=en&nrm=iso&tlng=en Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om 'n saak na 'n hof te bring asook om bygestaan te word om 'n saak aldus te bring. In hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op 'n kind se verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die gemeenregtelike beperkings op 'n infans en 'n minderjarige se verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het in artikel 28(1)(h) vir kinders 'n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van 'n kurator ad litem en 'n artikel 28(1)(h)-regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, 'n bydrae lewer om kinders se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op 'n kind se verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie.