Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020150002&lang=pt vol. 48 num. 2 lang. pt <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Editorial</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200001&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt <![CDATA[<b>The requirements for validity and proprietary consequences of monogamous and polygynous customary marriages in South Africa: Some observations</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200002&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike van 1998 erken beide monogame en poligene gebruiklike huwelike. Dit gee die vereistes vir geldige gebruiklike huwelike en stipuleer die vermoënsregtelike gevolge daarvan. Monogame gebruiklike huwelike mag óf binne gemeenskap van goedere wees óf buite gemeenskap van goedere. Waar daar geen voorhuwelikse kontrak bestaan nie sal monogame gebruiklike huwelike binne gemeenskap van goedere geag word. Hierdie reëling kan tot die nadeel wees van 'n gade wat nie verkies of bedoel het dat dié huweliksgoedere bedeling toepassing moes vind nie. 'n Gebruiklike huwelik is 'n proses, wat aanvang vind by die onderhandeling rakende lobolo en eindig by die oorhandiging van die bruid aan die familie van die bruidegom. Dit is daarom moontlik dat daar aan al die vereistes vir 'n geldige gebruiklike huwelik voldoen word, voordat die aanstaande gades 'n ooreenkoms rakende die vermoënsregtelike gevolge bereik het. Dit word aangevoer dat 'n ooreenkoms rakende die vermoënsregtelike gevolge 'n vereiste vir die totstandkoming van 'n geldige gebruiklike huwelik moet wees. Wilsooreenstemming is een van die belangrikste vereistes vir 'n geldige gebruiklike huwelik. Die aanstaande gades moet wilsooreenstemming bereik om met mekaar te trou, onderworpe aan die gewoontereg. Op dieselfe wyse waarop wilsooreenstemming, om ooreenkomstig die gewoontereg te trou, bereik word, moet die aanstaande gades toegelaat word om die vermoënsregtelike gevolge van hulle huwelik te bepaal om sodoende te voorkom dat regsprobleme onstaan in die geval waar die man besluit om met meer as een vrou te trou. Waar 'n man in 'n gebruiklike huwelik besluit om nog 'n vrou te trou ooreenkomstig die gewoontereg, sal hy 'n kontrak moet verkry wat die vermoënsregtelike gevolge van sy huwelike bepaal. Die proses om aansoek te doen vir hierdie kontrak word volledig bespreek, alhoewel die versuim om dit te doen nie die geldigheid van die opvolgende gebruiklike huwelike raak nie. <![CDATA[<b>Section 71 of the National Health Act: A call for a review of the consent requirement for child participation in health research</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200003&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die Nasionale Gesondheidswet handel spesifiek oor die toestemming van kinders tot deelname aan gesondheidsnavorsing. Artikel 71, wat op 1 Maart 2012 in werking getree, het, verplig ouers of voogde om toestemming vir navorsing met kinders, ongeag hul ouderdom, te verleen. Daarbenewens moet die kind toestem as hy of sy voldoende begrip toon. Alhoewel die doel van die artikel is om kinders te beskerm, is dit nie sonder kritiek nie. Die artikel neem nie die outonomie van adolessente voldoende in ag nie en ignoreer ook die feit dat baie kinders nie ouers of voogde het nie, maar deur sorggewers versorg word. Die doel van die artikel is dan juis om na hierdie twee punte van kritiek te kyk en aanbevelings te maak. In die bespreking sal dit duidelik blyk dat die artikel in stryd is met bepalings van die Kinderwet en die Wet op die Beëindiging van Swangerskap en dat dit ook kinders se grondwetlike regte ondermyn. Spesiale aandag word ook gegee aan die vraag of sorggewers, veral kinderhoofde van huishoudings, toestemming tot navorsing kan gee. <![CDATA[<b>The conservation status of the Wedge-tailed Eagle in Australian law and thoughts on the value of early legal intervention in the conservation of a species</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200004&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die Wigstertarend (Aquila audax)was histories een van die mees vervolgde roofvoëlspesies op aarde. Tans geniet dié arend volledige regsbeskerming. Die Australiese omgewingsreg het waarskynlik 'n belangrike bydraende rol gespeel ten opsigte van die prima facie gunstige bewaringstatus van die spesie. Vergeleke met die intensiewe bewaringsingrepe wat in Spanje ten opsigte van die Spaanse Keiserarend (Aquila adalberti)van regsweë vereis word, is die bewaringsingrepe wat regtens op die Australiese vasteland ten opsigte van die Wigstertarend vereis word, veel meer beperk in aantal, reikwydte en intensiteit. Die Australiese bewaringsingrepe kan egter prima facie as effektief beskou word, en kan waarskynlik onder andere toegeskryf word aan die feit dat volledige regsbeskerming ingetree het voordat die spesie deur uitwissing bedreig is. Daar word aan die hand gedoen dat die vroegtydige regsbeskerming van 'n spesie minder beswarend op individue en die staat sal wees, as regsbeskerming wat eers ingetree het op 'n stadium toe die betrokke spesie reeds deur uitwissing bedreig is. Hierdie insig het toepassingswaarde ten opsigte van die aanwending van omgewingsreg en -beleid vir die beskerming van roofvoëls in ander regstelsels, insluitend dié van Suid-Afrika. <![CDATA[<b>Clinical legal education: Determining the mission and focus of a university law clinic and required outcomes, skills & values</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200005&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die doel en fokus van verskillende tipes regsklinieke word aangedui waarna daar op universiteitsregsklinieke gefokus word. Kritiek vanuit die regspraktyk rakende die praktiese gereedheid van LLB graduandi bevestig die belangrike rol van praktiese regskursusse. Sodanige kursusse moet, ten einde suksesvol te wees, volgens universeel aanvaarbare riglyne beplan word. Alvorens 'n leerplan beplan word, moet die kliniek se missie en fokus, asook die rol van die kliniese toesighouers bepaal word. Die leerplan moet aan bepaalde uitkomste, tegnieke en waardes voldoen. In hierdie artikel word uitkomste, tegnieke en waardes uit verskeie internasionale jurisdiksies saamgevat en met die van Suid-Afrikaanse universiteitsregsklinieke vergelyk. Die doel is tweesydig: die resultaat toon eerstens in hoeverre Suid-Afrikaanse klinieke aan internationale tendense voldoen Tweedens verleen dit dan ook aan Suid-Afrikaanse klinieke die geleentheid om hulle leerplanne in die lig van die resultate te hersien, waar nodig. <![CDATA[<b>Responsible unionism during collective bargaining and industrial action: Are we ready yet?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200006&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Vakbonde speel nie net 'n belangrike rol in die kollektiewe bedingingsproses (ingesluit nywerheidsaksie) nie maar ook in die breër ekonomie en samelewing. Daar word dus verwag van vakbonde om nie net verantwoordelik op te tree wanneer hulle beding namens hulle lede nie maar ook as verantwoordelike burgers in die algemeen op te tree. Hierdie verantwoordelikheid word verder uitgebrei wanneer vakbonde in die publiek wil protesteer en moet hulle dus verantwoordelikheid neem vir hul lede se optrede in die openbaar. In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die vraag of vakbonde verantwoordelik gehou moet word vir die optrede van hul lede wat skade aan ander se eiendom veroorsaak sowel as of vakbonde anders moet optree wanneer hulle met werkgewers beding vir die verbetering van werknemers se lone en diensvoorwaardes. <![CDATA[<b>The South African International Co-operation in Criminal Matters Act and the issue of evidence</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200007&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Suid Afrika het verskeie inisiatrewe aangeneem ten einde tesame met ander lande misdaad te bekamp. Een sodanige inisratief behels die aanname van die Wet op Internasionale Samewerking in Strafregtelike Aangeleenthede (International Co-operation in Criminal Matters Act ('ICCMA')) in 1996, weike wet ten doel het om getuienis lewering, die uitvoering van vonnisse in strafsake, en die konfiskering en oordrog van opbrengste voortspruitend uit misdaad te vergemaklik tussen Suid Afrika en buitelandse state. Die ICCMA bestaan uit vyf hoofstukke maar die oorgrote meerderherd van regspraak afkomstig van Suid Afrikaanse howe her gehandel met die hoofstuk wat betrekking het op die verkryging en toelaatboorherd van getuienis. Dit is gevolglike teen hierdie agtergrond wat hierdie artikel focus op die aspekte rakende getuienis wat deur die Suid Afrikaanse howe behandel is. Die doel van hierdie artikel is gevolglik om aan te toon hoe Suid Afrikaanse howe die bepairngs van die Wet rakende getuienis, geinterpreteer het. 'n Aanbeveling word gevolglik voorsien ten aansien van hoe artikel gewysig kan word. <![CDATA[<b>What is wrong with modern unjustified enrichment law in South Africa?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200008&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Onlangse ontwikkelings op die terrein van onregverdige verryking in die Suid Afrikaanse reg het daarop gedui dat die Romeinse reg, wat die basis vorm van verrykings aanspreeklikheid, drasties getransformeer, en selfs totaal verander behoort te word ten gunste van 'n nuwe paradigma van vereistes. In dieselfde asem word voorgestel dat verryking nie meer onderdanig aan die ander obligations, te wete kontrakte- en deliktereg, gestel behoort te word nie, en dat dit 'n selfstandige derde been van die verbintenisreg behoort te vorm. Deur gehoor aan hierdie hervorming te gee sal egter impliseer dat die belangrike vereiste van verarming buite rekening gelaat kan word, en ook dat grondbeginsels van die verrykingreg, soos byvoorbeeld die reverdigheids- en die ekwiteitsbeginsel, verlore mag gaan. Die moontlikheid om die condictiones gedeeltelik of volledig te vervang word ook deur sommige kontemporêre skrywers ondersoek. Die belangrikste protagonis vir hierdie hervormings is Visser wat dit in sy boek Unjustified Enrichment uiteensit. In teenstelling hiemee wil hierdie artikel argumenteer dat die Romeinse reg 'n uitstekende en voldoende basis vorm vir die ontwikkelings wat op die terrein van die verrykingsreg voorgestel word. Die artikel wil verder argumenteer vir die behoud van die regverdigheids grondslag, soos ontwikkel deur die Romeinse-en gemene reg, as eerste beginsel van die verrykingsreg. Hiervoor word die regs-historiese metode aangewend. Hierdie metode toon nie die Romeinse reg tekste binne die konteks van die Corpus Iuris Civilis aan nie, maar eerder binne die konteks waarin hulle deur die klassieke juriste oorspronklik geskryf is. Die gevolg hiervan is dat die tekste veel meer kontekstueel uitgelê kan word. Sonnekus se boek Ongegronde Verryking in die Suid Afrikaanse Reg asook Du Plessis se boek The South African Law of Unjustified Enrichment word ook bespreek. Om die argumente af te sluit sal twee spesifieke probleme in die verrykingsreg oorweeg word. Ten eerste sal die afwatering van die wederkerigheids beginsel in die verrykingsreg, bespreek word, gevolg deur 'n analise van die verslapping van die par delictum reel in die Suid Afrikaanse reg. Daar word geargumenteer dat daar in beide hierdie gevalle meer indringende dringeder teoretiese herstelwerk aan die foutiewe interpretasiese van die howe gedoen behoort te word, eerder as om die Romeinse reg te probeer hervorm deur dit te vervang met regsbeginsels wat afkomstig is vanuit kontinentale gekodifiseerde stelsels wat onversoenbaar met ons reg is. Daar word ten slotte oorweging gegee aan die feit dat indien bogenoemde foute slegs deur wetgewing reggestel kan word, dit oorweeg behoort te word dat die gemene reg slegs hervorm kan word binne die fundamentele grondbeginsels van die onregverdige verrykingsreg. <![CDATA[<b>Angels and demons, innocents and penitents: An analysis of different "characters" within the penal discourse of apartheid South Africa 1980 to 1984 - Part Two</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200009&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Wat ras, klas en geslag betref was daar vanaf koloniale tye af nog altyd 'n tweespalt in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. In so 'n verskeurde samelewing is die openbare debat rondom 'n komplekse sosiale praktyk soos straf of gevangenisskap noodwendig deurspek met nuanse. Hierdie artikel ondersoek wyses waarop temas in die openbare debat rondom gevangenisskap in Suid-Afrika verskil van een kategorie van gevangenes tot die volgende. Die tydperk wat ondersoek word is die eerste helfte van die 1980s - 'n dekade waarin aansienlike krake in apartheid toegedien is; 'n tydperk waarin interne en eksterne opposisie teen die stelsel 'n hoogtepunt bereik het, en die owerhede met 'n 'algehele strategie' opgetree het. Elke draad van die ondersoekte diskoers onthul 'n ander 'karakter' in die oorkoepelende verhaal wat spruit uit die gevangenisdiskoers van die tyd. Die diskoers rondom die volgende vier kategorieë van gevangenes word ondersoek: wit manlike gevangenes, bende-lede in gevangenis, wit vroulike gevangenes, kinders. Die artikel bestaan uit twee dele - Deel Een fokus op die eerste twee kategorieë en Deel Twee op die laaste twee. <![CDATA[<b>Trade mark law: Can an unregistered mark be protected prior to the acquisition of a reputation?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200010&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Wat ras, klas en geslag betref was daar vanaf koloniale tye af nog altyd 'n tweespalt in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. In so 'n verskeurde samelewing is die openbare debat rondom 'n komplekse sosiale praktyk soos straf of gevangenisskap noodwendig deurspek met nuanse. Hierdie artikel ondersoek wyses waarop temas in die openbare debat rondom gevangenisskap in Suid-Afrika verskil van een kategorie van gevangenes tot die volgende. Die tydperk wat ondersoek word is die eerste helfte van die 1980s - 'n dekade waarin aansienlike krake in apartheid toegedien is; 'n tydperk waarin interne en eksterne opposisie teen die stelsel 'n hoogtepunt bereik het, en die owerhede met 'n 'algehele strategie' opgetree het. Elke draad van die ondersoekte diskoers onthul 'n ander 'karakter' in die oorkoepelende verhaal wat spruit uit die gevangenisdiskoers van die tyd. Die diskoers rondom die volgende vier kategorieë van gevangenes word ondersoek: wit manlike gevangenes, bende-lede in gevangenis, wit vroulike gevangenes, kinders. Die artikel bestaan uit twee dele - Deel Een fokus op die eerste twee kategorieë en Deel Twee op die laaste twee. <![CDATA[<b>Immigration and the right to respect for family life in the European context: A reflection on the states' positive obligations and possible lessons for South Africa</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200011&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Wat ras, klas en geslag betref was daar vanaf koloniale tye af nog altyd 'n tweespalt in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. In so 'n verskeurde samelewing is die openbare debat rondom 'n komplekse sosiale praktyk soos straf of gevangenisskap noodwendig deurspek met nuanse. Hierdie artikel ondersoek wyses waarop temas in die openbare debat rondom gevangenisskap in Suid-Afrika verskil van een kategorie van gevangenes tot die volgende. Die tydperk wat ondersoek word is die eerste helfte van die 1980s - 'n dekade waarin aansienlike krake in apartheid toegedien is; 'n tydperk waarin interne en eksterne opposisie teen die stelsel 'n hoogtepunt bereik het, en die owerhede met 'n 'algehele strategie' opgetree het. Elke draad van die ondersoekte diskoers onthul 'n ander 'karakter' in die oorkoepelende verhaal wat spruit uit die gevangenisdiskoers van die tyd. Die diskoers rondom die volgende vier kategorieë van gevangenes word ondersoek: wit manlike gevangenes, bende-lede in gevangenis, wit vroulike gevangenes, kinders. Die artikel bestaan uit twee dele - Deel Een fokus op die eerste twee kategorieë en Deel Twee op die laaste twee. <![CDATA[<b><i>Maccsand v City of Cape Town, Minister for Water Affairs and Environment, MEC for Local Government, Environmental Affairs and Development Planning, Western Cape Province, Minister for Rural Development and Land Reform, and Minister for Mineral Resources</i></b><b> 2012 4 SA 181 (CC)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200012&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Wat ras, klas en geslag betref was daar vanaf koloniale tye af nog altyd 'n tweespalt in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. In so 'n verskeurde samelewing is die openbare debat rondom 'n komplekse sosiale praktyk soos straf of gevangenisskap noodwendig deurspek met nuanse. Hierdie artikel ondersoek wyses waarop temas in die openbare debat rondom gevangenisskap in Suid-Afrika verskil van een kategorie van gevangenes tot die volgende. Die tydperk wat ondersoek word is die eerste helfte van die 1980s - 'n dekade waarin aansienlike krake in apartheid toegedien is; 'n tydperk waarin interne en eksterne opposisie teen die stelsel 'n hoogtepunt bereik het, en die owerhede met 'n 'algehele strategie' opgetree het. Elke draad van die ondersoekte diskoers onthul 'n ander 'karakter' in die oorkoepelende verhaal wat spruit uit die gevangenisdiskoers van die tyd. Die diskoers rondom die volgende vier kategorieë van gevangenes word ondersoek: wit manlike gevangenes, bende-lede in gevangenis, wit vroulike gevangenes, kinders. Die artikel bestaan uit twee dele - Deel Een fokus op die eerste twee kategorieë en Deel Twee op die laaste twee. <![CDATA[<i><b>RH v DE </b></i><b>2014 6 SA 436 (SCA)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200013&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Wat ras, klas en geslag betref was daar vanaf koloniale tye af nog altyd 'n tweespalt in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. In so 'n verskeurde samelewing is die openbare debat rondom 'n komplekse sosiale praktyk soos straf of gevangenisskap noodwendig deurspek met nuanse. Hierdie artikel ondersoek wyses waarop temas in die openbare debat rondom gevangenisskap in Suid-Afrika verskil van een kategorie van gevangenes tot die volgende. Die tydperk wat ondersoek word is die eerste helfte van die 1980s - 'n dekade waarin aansienlike krake in apartheid toegedien is; 'n tydperk waarin interne en eksterne opposisie teen die stelsel 'n hoogtepunt bereik het, en die owerhede met 'n 'algehele strategie' opgetree het. Elke draad van die ondersoekte diskoers onthul 'n ander 'karakter' in die oorkoepelende verhaal wat spruit uit die gevangenisdiskoers van die tyd. Die diskoers rondom die volgende vier kategorieë van gevangenes word ondersoek: wit manlike gevangenes, bende-lede in gevangenis, wit vroulike gevangenes, kinders. Die artikel bestaan uit twee dele - Deel Een fokus op die eerste twee kategorieë en Deel Twee op die laaste twee. <![CDATA[<b>Revisiting some aspects of the decisions in <i>FMBN V NDIC </i>(1999) 2 NWLR</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602015000200014&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Wat ras, klas en geslag betref was daar vanaf koloniale tye af nog altyd 'n tweespalt in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. In so 'n verskeurde samelewing is die openbare debat rondom 'n komplekse sosiale praktyk soos straf of gevangenisskap noodwendig deurspek met nuanse. Hierdie artikel ondersoek wyses waarop temas in die openbare debat rondom gevangenisskap in Suid-Afrika verskil van een kategorie van gevangenes tot die volgende. Die tydperk wat ondersoek word is die eerste helfte van die 1980s - 'n dekade waarin aansienlike krake in apartheid toegedien is; 'n tydperk waarin interne en eksterne opposisie teen die stelsel 'n hoogtepunt bereik het, en die owerhede met 'n 'algehele strategie' opgetree het. Elke draad van die ondersoekte diskoers onthul 'n ander 'karakter' in die oorkoepelende verhaal wat spruit uit die gevangenisdiskoers van die tyd. Die diskoers rondom die volgende vier kategorieë van gevangenes word ondersoek: wit manlike gevangenes, bende-lede in gevangenis, wit vroulike gevangenes, kinders. Die artikel bestaan uit twee dele - Deel Een fokus op die eerste twee kategorieë en Deel Twee op die laaste twee.