Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020170001&lang=es vol. 50 num. 1 lang. es <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Editorial</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100001&lng=es&nrm=iso&tlng=es <![CDATA[<b>Constitutional interpretation in the so-called 'hard cases': Revisiting <i>S v Makwanyane</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100002&lng=es&nrm=iso&tlng=es Grondwetlike interpretasie in sogenaamde 'moeilike sake' verg, in sekere gevalle, dat regters van subjektiewe maatstawe moet gebruik maak om definisie te verskaf aan grondwetlike regte en waardes. Dit beteken dat regters van nie-tradisionele bronne gebruik moet maak wanneer grondwetlike interpretasie plaasvind. Dit laat die moontlikheid dat die bevinding van die hof beïnvloed kan word, of selfs baseer mag wees, op die persoonlike geloof-, politieke- of waardesisteem van die regter. In S v Makwanyane, 'n voorbeeld van 'n moeilike saak, het die hof bevind dat subjektiewe interpretasie onontbeerlik deel is van grondwetlike interpretasie. Subjektiewe interpretasie is egter moeilik inaggenome die plig wat op howe rus om 'n beredeneerde rede vir hul beslissings te verskaf. Hierdie artikel stel voor dat regters die effek van eie persoonlike vooroordele moet ondersoek en indien dit moontlik 'n rol mag speel in die beslissing van die hof dit te erken. So erkenning word dan geartikuleer in die beslissing van die hof wat 'n mate van objektiwiteit daaraan verskaf en dit blootstel vir kommentaar en moontlike kritiek. <![CDATA[<b>Claims for damages arising from conduct prohibited under the Competition Act, 1998</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100003&lng=es&nrm=iso&tlng=es Hierdie artikel evalueer die regsraamwerk en sake (siviele eise) vir skade voortvloeiend uit verbode gedrag in terme van die Wet op Mededinging ('die Wet'). Die hoof uitgangspunt is dat die vermoë van individue en instansies (wat skade gely het as gevolg van sodanige verbode gedrag) om skade te eis teen verweerders, effektief sal bydra daartoe om toekomstige oortredings te voorkom en nakoming van die Wet te bevorder. Daar word kennis geneem daarvan dat die reëls met betrekking op siviele eise vir skade wat ontstaan as gevolg van verbode gedrag een van die mees onderontwikkelde areas van ons mededingingsreg is. Verskeie faktore mag die vermoë van klaers ondermyn om tot aksie oor te gaan in siviele howe vir skade wat voortspruit uit verbode gedrag ingevolge die Wet. Sodanige faktore sluit in swak geformuleerde en onvoldoende bepalings in die Wet wat handel met klaers se reg om siviele gedinge in te stel vir skade voortspruited uit verbode gedrag; en vrae rondom die gepastheid van siviele howe as geskikte forums om algemene mededingingskwessies te hanteer en die forums se rol in die evaluering en toekenning van skade gely deur mededinging. In die bespreking en analise wat volg, handel ek breedweg met hierdie kwesssies en ten slotte maak ek gepaste voorstelle om die situasie te verbeter. <![CDATA[<b>Comparative analysis of <i>commorientes </i>- a South African perspective: Part 1</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100004&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die gelyktydige afsterwe van 'n familie, of lede van 'n gesin as gevolg van 'n katastrofiese gebeurtenis, het 'n direkte invloed op die aanwysing van begunstigdes en die bereddering van die oorledenes se boedels. Dit blyk dat natuurrampe en ander rampe aan die toeneem is. Die gelyktydige dood van families en verwante kan 'n geskil ontketen oor die verdeling van die boedels (van persone wat gelyktydig gesterf het). Hierdie artikel speek 'gelyktydige afsterftes' en die uitwerking daarvan op die erfreg oor 'n wye front aan. Die term ''commorients word ontleed en die leerstuk word bespreek soos dit gemanifesteer het in die Romeinse siviele reg en die resepsie daarvan in die Romeins-Hollandse reg. Daarteenoor word die leerstuk in die Engelse gemeenregtelike jurisdiksies bespreek en vergelyk met die Romeins gebaseerde siviele reg wat Europese stelsels beïnvloed het. Die verskillende benaderings om 'gelyktydige sterftes' te bewys, word bespreek. Waar die Anglo-Amerikaanse stelsels die volgorde van sterftes reguleer deur wetgewing (siviele kodes) en gebruik maak van sekere vermoedens in die geval van onsekerheid oor die spesifieke volgorde, volg die Engelse gemeenregtelike jurisdiksies die benadering dat die volgorde van dood 'n feitevraag is wat telkens in die lig van die omstandighede wat gelei het tot die dood, bewys en beantwoord moet word. Die volgorde van dood op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys. Die historiese aanloop tot hedendaagse benadering en die invloed daarvan op die Suid-Afrikaanse reg word onder die loep geneem. Uit enkele Suid-Afrikaans gerapporteerde hofsake oor die onderwerp, blyk dit dat die 'tradisionele gemenereg' gevolg word en dat die volgorde van dood 'n feitevraag is. Wetgewing wat in ander jurisdiksies in die loop van die twintigste eeu geïmplementeer is om voorsiening maak vir 'n vermoedens van gelyktydige afsterftes, word toegelig. Daar word aangetoon dat statutêre ontwikkelings in ander gemeenregtelike jurisdiksies hoofsaaklik ten doel het gesamentlike eiendomsreg (joint tenacies) te reguleer. Ander ontwikkelings hou verband met klousules wat vir substitusie voorsiening maak (in geval van vooroorledenes) en 'gelyktydige afsterf' klousules wat deur testateurs gebruik word by die verlyding van testamente. Ten slotte word 'n kritiese evaluering van die verskillende stelsels gedoen en aangetoon dat Suid-Afrika nie 'n behoefte het aan hervorming nie en waarskynlik die billikste en regverdige benadering van 'hy wat beweer moet bewys' volg. <![CDATA[<b>Opting in or opting out in class action proceedings: from principles to pragmatism?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100005&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die groepsdefinisie is een van die belangrikste aspekte van 'n groepsgeding. Nie alleen is hierdie definisie deurslaggewend ten aansien die bepaling van lidmaatskap van groep nie, maar is ook bepalend ten aansien van die kennisgewing aan die potensiële lede van die groep wat hulle moet inlig aangaande die groepsgeding en hulle in staat moet stel om te besluit om deel te hê aan die groep of nie. Hierdie artikel ondersoek die twee gebruiklike metodes (die sg 'opt-in' en die 'opt-out' model) in gebruik in sekere gemenereg'urisdiksies wat dien as meganisme om die samestelling van die groep te bepaal. In die proses word aandag geskenk aan die komplekse afweeg van fundamentele prosesregtelike beginsels en beleidsoorwegings wat in die gedrang kom by die maak van die keuse. Die Suid-Afrikaanse groepsgedingbestel is nog nie volledig ontwikkel nie, en gevolglik word daar hiermee gepoog om 'n bydrae te lewer in die soeke na die mees geskikte model vir Suid-Afrika. <![CDATA[<b>The legal character of ancillary customary marriages</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100006&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike is 'n kernkomponent van Suid-Afrika se plurale regsbestel. Bykomstig tot die huwelike deur die Wet geskep, is daar egter ook ander, huwelike, wat as "aanvullende" huwelike beskryf sou kon word. Hierdie huwelike val uiteen in verskeie kategorieë, nl. 'n huwelik gesluit tussen twee vroue om die baar van kinders vir 'n betrokke lapa, huis of kraal te bewerkstellig; sororate huwelike; leviraatshuwelike; en, laastens, ukungena. In hierdie artikel word elk van bogenoemde bespreek en word daar, kortliks, ondersoek ingestel na die vraag of hierdie huwelik as sodanig erken kan word binne die bestek van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike en die Handves van Regte. <![CDATA[<b>The protection of stakeholders: The South African social and ethics committee and the United Kingdom's enlightened shareholder value approach: Part 1</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100007&lng=es&nrm=iso&tlng=es Maatskappyereg is nog altyd baseer op die beginsel dat die direksie die maatskappy moet bestuur in die beste belang van die maatskappy. "Maatskappy" in hierdie sin beteken die maatskappy as afsonderlike regsentiteit, met verwysing na die vermoënsmaksimalisering van die belange van die aandeelhouers. Die belange van die ander belangehouers, soos die werknemers, staat en verbruikers kon in ag geneem word, maar die fokus is die aandeelhouers se belange. Hierdie teorie van die uitgebreide aandeelhouersbelang ("enlightened shareholder approach") is ook aanvaar as die basis van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet 71 van 2008, in stede van die meervoudige belange benadering ("pluralist approach"). Daar is egter 'n duidelike verandering ten opsigte van die voortgesette absolute toepassing van eersgenoemde benadering te bespeur, nie net in die Suid-Afrikaanse konteks nie, maar ook wêreldwyd. Hierdie beweging is miskien begin deur instrumente soos Kodes, maar in die Suid-Afrikaanse Maatskappywet is daar ook nou spesifieke bepalings wat aan sekere belangegroepe direkte remedies verleen. Daar is twee modelle wat die direksie in staat stel om hierdie ander belange in ag te neem, en in Suid-Afrika geskied dit deur die Sosiale en Etiese Komitee, terwyl dit in die Verenigde Koningkryk gedoen word deur middel van 'n spesifieke statutêre bepaling, alhoewel laasgenoemde nie direk afdwingbaar is deur die belangegroepe nie. In hierdie artikel word die twee modelle in oënskou geneem en die effektiwiteit daarvan word ge-evalueer, veral in die lig van die praktiese probleme en die wenslikheid van sulke inisiatiewe, sonder dat die basiese gemeneregreël ten opsigte van die aandeelhouerfokus uitdruklik gewysig word. <![CDATA[<b>An appraisal of the Ethiopian bankruptcy regime</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100008&lng=es&nrm=iso&tlng=es Boek V van die 1960 Commercial Code van Ethiopië maak voorsiening vir Ethiopië se bankrotskapregime en handel oor die bankrotskap van handelaars en kommersiële besigheidsorganisasies wanneer betalings opgeskort word. Die bankrotskapregime wat vir meer as 'n halfeeu van krag was, maar selde gebruik is, het verouderd geraak in sowel die filosofiese grondslag as aanwending daarvan. Behalwe vir die wysiging wat kragtens proklamasie 592/2008 aangebring is, en net op banke van toepassing is, was daar geen hersiening ten einde die insolvensieregime op datum te bring nie. Laasgenoemde regime word baseer op die veronderstelling dat die skuldenaar te blameer is en hy of sy staar ernstige gevolge in die gesig in geval van bankrotskap. Tensy die skuldenaar om 'n reëlingskema ("scheme of arrrangement") aansoek doen, maak die regime geen voorsiening vir besigheidsredding nie. Bankrotskap betrek verskeie belange, insluitend dié van werknemers, verskaffers, verbruikers, die regering en die publiek - en veral die belange van skuldeisers wat die onmiddellike slagoffers van insolvensieverrigtinge is. Die insolvensiereg fokus op die verdeling van die opbrengs van likwidasie tussen skuldeisers. Dit slaan egter nie voldoende ag op ander belange nie. Die artikel ondersoek die bestaande reg in die lig van internasionaal-aanvaarde standaarde en beste praktyke en beveel veranderinge aan die stelsel aan. Die feitlik nie-bestaande insolvensiepraktyk word ook ondersoek ten einde die faktore te identifiseer wat die beoefening daarvan verhinder het. <![CDATA[<b>Examining the 'objects of property rights' - lessons from the Roman, Germanic and Dutch legal history</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100009&lng=es&nrm=iso&tlng=es Hierdie artikel ondersoek die geskiedenis van eiendomsreg, of, dalk beter gestel, eiendom as 'n voorwerp vir sekere regte. Die vraag word gevra of eiendomsreg slegs van toepassing is op tasbare voorwerpe, en of dit die gemeenskap is wat bepaal wat eiendom, en die reg daaromtrent, is. Die motivering vir die ondersoek is die ontstaan van 'n informasie- en kennisgedrewe samelewing. Kennis word gedeel en uitgeruil - maar is dit eiendom? Die evolusie van regte ten opsigte van eiendom in die Romeinse, Germaanse en Nederlandse regsgeskiedenis word ondersoek. <![CDATA[<b>The ramifications of the Appellate Body Ruling in <i>United States - measures affecting the production and sale of clove cigarettes </i>on consumer protection measures at international trade level</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100010&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) is in 1995 gestig met 'n duidelike handelsgeoriënteerde filosofie. Die primêre fokus van die WHO se institusionele raamwerk is dus te verstane op produkte en dienste eerder as op verbuikers. Sonder om hierdie benadering noodwendig te bevraagteken, is dit 'n bron van kommer dat die WHO se implementering van sy mandaat en ooreenkomste tog negatief inwerk op sosiale belange wat die regte van verbruikers insluit. 'n Onlangse en historiese ondersoek na die WHO/'GATT' dispuutoplossing wys na talle besluite wat geneem is terwyl dit die verbruiker se gesondheid en veiligheid ondermyn, ten gunste van kommersiële belange. Die verwerping van die VSA se gesondheidsbeleid algemeen bekend as die 'youth anti-smoking law', gebaseer op die 'Family Smoking Prevention and Tobacco Control Act' van 2009, deur die Appelraad in 'Measures Affecting the Production and Sale of Clove Cigarettes, WT/DS406/AB/R (April 4, 2012)' is maar een van baie besluite wat gedurig debatte sal ontlok of die WHO enigsins sensitief is vir verbruikersbelange, of is sulke belange net te ver verwyder van dit waarvoor hulle staan. <![CDATA[<b>Recognition of the concept of Contempt of 'Determination' of the Pension Fund Adjudicator's Determination: A missed opportunity - with particular reference to <i>Mantsho v Managing Director of the Municipal Employee Pension Fund and Others </i>(37226/14) [2015] ZAGPPHC 408 (26 June 2015)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100011&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) is in 1995 gestig met 'n duidelike handelsgeoriënteerde filosofie. Die primêre fokus van die WHO se institusionele raamwerk is dus te verstane op produkte en dienste eerder as op verbuikers. Sonder om hierdie benadering noodwendig te bevraagteken, is dit 'n bron van kommer dat die WHO se implementering van sy mandaat en ooreenkomste tog negatief inwerk op sosiale belange wat die regte van verbruikers insluit. 'n Onlangse en historiese ondersoek na die WHO/'GATT' dispuutoplossing wys na talle besluite wat geneem is terwyl dit die verbruiker se gesondheid en veiligheid ondermyn, ten gunste van kommersiële belange. Die verwerping van die VSA se gesondheidsbeleid algemeen bekend as die 'youth anti-smoking law', gebaseer op die 'Family Smoking Prevention and Tobacco Control Act' van 2009, deur die Appelraad in 'Measures Affecting the Production and Sale of Clove Cigarettes, WT/DS406/AB/R (April 4, 2012)' is maar een van baie besluite wat gedurig debatte sal ontlok of die WHO enigsins sensitief is vir verbruikersbelange, of is sulke belange net te ver verwyder van dit waarvoor hulle staan. <![CDATA[<b><i>Minister of Police v M </i>2017 38 IJL 402 (LC)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100012&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) is in 1995 gestig met 'n duidelike handelsgeoriënteerde filosofie. Die primêre fokus van die WHO se institusionele raamwerk is dus te verstane op produkte en dienste eerder as op verbuikers. Sonder om hierdie benadering noodwendig te bevraagteken, is dit 'n bron van kommer dat die WHO se implementering van sy mandaat en ooreenkomste tog negatief inwerk op sosiale belange wat die regte van verbruikers insluit. 'n Onlangse en historiese ondersoek na die WHO/'GATT' dispuutoplossing wys na talle besluite wat geneem is terwyl dit die verbruiker se gesondheid en veiligheid ondermyn, ten gunste van kommersiële belange. Die verwerping van die VSA se gesondheidsbeleid algemeen bekend as die 'youth anti-smoking law', gebaseer op die 'Family Smoking Prevention and Tobacco Control Act' van 2009, deur die Appelraad in 'Measures Affecting the Production and Sale of Clove Cigarettes, WT/DS406/AB/R (April 4, 2012)' is maar een van baie besluite wat gedurig debatte sal ontlok of die WHO enigsins sensitief is vir verbruikersbelange, of is sulke belange net te ver verwyder van dit waarvoor hulle staan. <![CDATA[<b>Reconsidering 'emotionally transmitted debt' in Zimbabwe and proposals for the reform of surety law based on English and South African experiences</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602017000100013&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) is in 1995 gestig met 'n duidelike handelsgeoriënteerde filosofie. Die primêre fokus van die WHO se institusionele raamwerk is dus te verstane op produkte en dienste eerder as op verbuikers. Sonder om hierdie benadering noodwendig te bevraagteken, is dit 'n bron van kommer dat die WHO se implementering van sy mandaat en ooreenkomste tog negatief inwerk op sosiale belange wat die regte van verbruikers insluit. 'n Onlangse en historiese ondersoek na die WHO/'GATT' dispuutoplossing wys na talle besluite wat geneem is terwyl dit die verbruiker se gesondheid en veiligheid ondermyn, ten gunste van kommersiële belange. Die verwerping van die VSA se gesondheidsbeleid algemeen bekend as die 'youth anti-smoking law', gebaseer op die 'Family Smoking Prevention and Tobacco Control Act' van 2009, deur die Appelraad in 'Measures Affecting the Production and Sale of Clove Cigarettes, WT/DS406/AB/R (April 4, 2012)' is maar een van baie besluite wat gedurig debatte sal ontlok of die WHO enigsins sensitief is vir verbruikersbelange, of is sulke belange net te ver verwyder van dit waarvoor hulle staan.