Scielo RSS <![CDATA[De Jure]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2225-716020180001&lang=en vol. 51 num. 1 lang. en <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Editorial</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100001&lng=en&nrm=iso&tlng=en <![CDATA[<b>Tax Administration Act: Fulfilling human rights through efficient and effective tax administration</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100002&lng=en&nrm=iso&tlng=en Openbare finansies is noodsaaklik vir doeltreffende bestuur ter vestiging van wet en orde, vrede en voorspoed, fasilitering van die heropbou- en herontwikkeling van nasionale infrastruktuur, en die verstrek van toegang tot sosiale goedere. Doeltreffende en effektiewe belasting administrasie is 'n noodsaaklike pilaar van 'n moderne, demokratiese staat. Hierdie artikel toon dat die Belasting Administrasie Wet 28 van 2011, op die keper beskou, gemik is op die bevordering van die openbare belang. Die kern van sy doelstellings is om seker te maak die doelmatige en doeltreffende invordering van belasting geskied. Hierdie doel is versoenbaar met die Grondwetlike doel van doeltreffendheid in openbare administrasie -waarvan belasting administrasie 'n integrale deel vorm. Verder is die doelstellings van die Wet op Belasting Administrasie konsekwent met die Wet op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, 34 van 1997 wat meld dat SARS se doelwit die effektiewe en doeltreffende invordering van belasting is. Die Wet op Belasting Administrasie bevorder sodoende die Grondwet se onderliggende doelstellings. Dit is duidelik sigbaar daarin dat hierdie Wet gerig is op die verseker van voldoende openbare hulpbronne vir gebruik in die openbare voordeel. Hoewel hierdie strewe 'n legitieme regeringsdoel is, bly elke bepaling in die Wet nogtans onderhewig aan 'n ondersoek van rasionaliteit en, dus, geldigheid. <![CDATA[<b>A review of the problems encountered by a non-member spouse in accessing their half share of the pension interest during divorce in South Africa</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100003&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die deel van 'n gedeelde pensionbelang deur voormalige (maar geskeide) eggenote in gemeenskap van goedere is die onderwerp van geweldige debat in die regsgemeenskap. Die knelpunt is die betekenis en interpretasie van die wetgewing wat hierdie pensioenbelang in 1989 ingestel het. Het die wetgewing bloot net gedien as 'n kodifikasie van die reg soos op daardie stadium, of het dit nuwe beginsels in die egskeidingsreg ingevoer? Hierdie regsonsekerheid het 'n daadwerklike impak gehad op die lid-eggenoot se pensioenbelang. Die einddoel van hierdie artikel is om te besin oor die debat as agtergrond vir die bespreking van sommige van die probleme ervaar deur nie-lid eggenote in die gebruik van hulle deel van die pensioenbelang na afloop van egskeiding. <![CDATA[<b>Debt capitalisation: An analysis of the application of section 24BA of the Income Tax Act</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100004&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die kapitalisering van skuld in mil vir die uitreiking van aandele is 'n algemene verskynsel en kan op drie wyses geskied, naamlik deur die direkte uitreik van aandele (met of sonder kontantvloei), deur skuld-vergelyking en deur die omskepping van skuldinstrumente in aandele. Alhoewel bestaande literatuur aandag aan die toepassing van skuld-verminderingsbepalings in die Inkomstebelastingwet skenk, is daar egter 'n gebrek aan voldoende inligting oor die mate waartoe artikel 24BA van die Inkomstebelastingwet op die verskillende metodes van skuldkapitalisering van toepassing kan wees. Die artikel ondersoek die moontlike toepassing van artikel 24BA op skuldkapitalisering. Elk van die metodes van kapitalisering word individueel ontleed aan die hand van die vereistes van artikel 24BA. Die artikel bevind dat met skuldvergelyking as metode van skuldkapitalisering, verskille tussen die waardes van inskrywingslening (wat voortspruit uit die inskryf op aandele) en die markwaarde van aandele wat uitgereik word tot toepassing van artikel 24BA aanleiding kan gee. Op grond van die bevinding word daar aan die hand gedoen dat indien die omstandighede nie voorsiening maak vir verligting van die toepassing van artikel 24BA nie, kan skuldvergelyking as 'n minder gunstige metode van skuldkapitalisering beskou word. <![CDATA[<b>Disability discrimination in insurance</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100005&lng=en&nrm=iso&tlng=en Diskriminasie in die finansiële sektore soos versekering word nie alledaags onder die loep geneem nie. Die een industrie waarin daar daagliks teen persone gediskrimineer word, is versekering. Versekeringsmaatskappye groepeer versekerdes in verskillende risikogroepe volgens hulle risiko-profiele. Die omvang van risiko word meestal volgens die groep se algemene of gemiddelde kenmerke bereken. Versekerdes wat nie noodwendigerwys dieselfde risiko as ander lede van die groep inhou nie, word hierdeur benadeel deurdat hulle hoër premies betaal of verminderde dekking of voordele geniet. Die optrede deur die versekeraar stel prys-, transaksie- en statistiese diskriminasie daar. Dikwels oorvleuel die gronde vir 'n bepaalde groepering met verbode gronde van diskriminasie soos onder andere in die Grondwet uiteengesit. Faktore wat die meeste ter sprake kom, is gestremdheid, ouderdom, en geslag. Die ongeregverdigde diskriminasie affekteer die versekerde se regte op gelykheid en waardigheid. Vanweë die ontelbare vorme en grade van gestremdheid, is dit uiteraard vir versekeraars moeilik om voldoende inligting in te win en om volgens elke aansoeker se unieke persoonlike omstandighede 'n billike toedeling te maak. Aan die ander kant, moet alle versekerdes ook dieselfde behandel word, en uitsonderings kan verswarend op ander lede van die groep inwerk. Hierdie probleem regverdig egter geensins onbillike diskriminasie nie. Die probleem lê daarin dat daar onsekerheid heers oor wat wel geregverdigde diskriminasie of differensiasie daarstel. Versekering speel 'n belangrike rol in ons samelewing, en verswarende verpligtinge om dekking, premies en bedinge van geval tot geval aan te pas kan die versekeringsbedryf se winsgewendheid bedreig. Ander lande probeer die probleem deur teikengerigte versekeringswetgewing bestuur. Dit is egter nie die geval in Suid-Afrika nie, en kan 'n beroep op die wetgewer gedoen word om oorweging daaraan te skenk om 'n groter mate van regsekerheid in die voorgestelde nuwe versekeringswetgewing te skep, deur gevalle wat as direkte onbillike diskriminasie geag word, te identifiseer. Die voorstel is dat voorskrifte in ondergeskikte wetgewing soos Polishouerbeskermings-reëls ingebou word, ten einde vinniger aanpassings en wysigings wat met mediese en tegnologiese vordering wat gestremde persone se risikoprofiele verbeter, tred hou. <![CDATA[<b>The lack of protection for juvenile sex offenders in South African law: a critical analysis of Section 50(2) of the Criminal Law (Sexual Offences and Related Matters) Amendment, Act 32 of 2007 and Section 18 of the Criminal Procedure, Act 51 of 1977</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100006&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die onlangse uitspraak deur die Suid-Gauteng Hooggeregshof in verband met artikel 18 van die Strafproseswet aangaande seksuele misdade teen beide volwasse- en jeugdige slagoffers, en gevolglik moontlik ook indirek, seksuele misdade deur beide volwasse- en jeugdige oortreders; asook die Konstitusionele Hof uitspraak ten opsigte van die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders, wat spesifiek betrekking het op artikel 50(2) van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleent-hede), laat die vraag ontstaan of die Suid-Afrikaanse regsisteem enige vorm van beskerming bied aan minderjarige seksoortreeders? Hierdie artikel ondersoek twee spesifieke bepalings in Suid-Afrikaanse wetgewing met betrekking tot die grondwetlikheid en toepassing daarvan op minderjarige seksoortreders, naamlik artikel 50(2) van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), asook artikel 18 van die Strafproseswet. Hierdie twee bepalings word ingevolge onlangse regspraak oorweeg om vas te stel of dit 'n skending is van die regte wat minderjarige seksuele oortreders het ingevolge die Suid-Afrikaanse reg. <![CDATA[<b>Therapeutic jurisprudence and restorative justice: healing crime victims, restoring the offenders</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100007&lng=en&nrm=iso&tlng=en Terapeutiese regsleer, wat afgekort kan word as TR, is 'n proses waardeur die hof gebruik word om genesing vir slagoffers van misdaad en vir die oortreders te bewerkstelling, aangesien vergoeding, hoe groot ook al, nie die skade wat aangerig is ongedaan kan maak nie. TR behels die verskillende maniere waarop die reg as 'n instrument van genesing en rehabilitasie gebruik kan word en oor hoe om die anti-terapeutiese uitwerking van die reg te verminder. Verder sien herstellende geregtigheid (HG) kriminele viktimisering as skadelik vir persoonlike verhoudings. HG bied regverdigheid of gelykheid, eerder as straf, vir die oortreder as die basis vir geregtigheid aan. Die doel hiervan is om die wonde van al die partye wat deur die kriminele optrede geraak is te genees. Weens die uitwerking van misdaad word slagoffers met verskeie behoeftes gekonfronteer as gevolg van die skade wat hulle aangedoen is. Die ontwrigting en gebrek aan beheer wat slagoffers verduur is skadeliker as enige fisieke of finansiële verlies en kan nie deur vergoeding aangespreek word nie. Slagoffers van misdaad moet weer 'n gevoel van beheer en veiligheid in hulle lewens herwin. Om oortreders vir hulle dade verantwoordelik te hou lewer 'n wesenlike bydrae tot die genesing van misdaadslagoffers, maar dit is ook die eerste tree om aan die oortreders ware genesing te besorg. Dit is wat terapeutiese regsleer en herstellende geregtigheid vermag. Die artikel ondersoek die gebruik van TR en HG in kriminele regsprosesse, met spesifieke klem op die toepassing van die konsepte in Suid-Afrikaanse regstelsels. <![CDATA[<b>Prejudice emanating from non payment of pension interests due to what is contained in or omitted from divorce decrees</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100008&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel benadruk die praktiese uitdagings verbandhoudend met aftreefondse se weiering om dele van hul lede se pensioenbelang aan nielid eggenote uit te betaal na gelang van hoe egskeidingsbevele opgestel is. Daar word gedemonstreer dat nie-lid eggenote belas word met aansoek doen vir 'n wysigingsbevel om te voldoen aan sodanige fondse se onredelike eise om 'korrekte' egskeidingsbevele. Hierdie artikel voer 'n argument dat, sodra die pensioenbelang 'n bate geag word in ooreenstemming met artikel 7(7) van die Egskeidingswet, Wet 70 van 1979, daar dan geen regverdiging is vir die fondse om te weier om die nielid se deel van die lid se pensioenbelang, soos ter datum van egskeiding, te betaal nie. Daar word verder geargumenteer dat die regsbelang wat die nie-lid eggenoot in die lid se pensioenbelang, verkry in terme van die partye se huweliksgoederebedeling, die betaling van sodanige belang in elk geval regverdig, omdat daar nie voldoen is aan die bepalings van die artikel 7(8) van die Egskeidingswet nie <![CDATA[<b>The nursing profession in South Africa - Are nurses adequately informed about the law and their legal responsibilities when administering health care?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100009&lng=en&nrm=iso&tlng=en Hierdie artikel focus daarop om te bepaal hoe ingelig verpleegsters is oor die reg en die norme en standaarde wat die verpleegprofessie in Suid-Afrika reguleer. Die doel van die artikel is tweeledig: Eerstens, poog dit om vas te stel wat die internasionale norme en standaarde is wat in ander jurisdiksies toegepas word. Om hierdie rede is 'n wye spekrum van eerste wêreld, derede wêreld en outluikende ekonomiese jurisdiksies, waaronder die Verenigde State, Nieu-Seeland, Australië, Spanje, Thailand, Singapoer, Indië, Mexiko en Nigerië, geskies om vas te stel wat die internasionale standaarde is wat deur verpleegkundiges in die uitvoer van gesondheid-sorg toegepas word en of dit vergelykbaar is met die poeisie in Suid-Afika. Wat voortspruit uit 'n oorsig van die internasionale, praktykregulasies, is dat daar 'n noemenswaardige ooreenkoms is met betrekking tot die uitdagings wat bestaan. Baie studies toon die gebrek aan kennis van die reg en verantwoordlikhede as 'n algemene rede vir die bron van wan-praktyk problem onder verpleegsters. Tweedens, ontleed die artikel ook die bestaande wetgewing in Suid-Afika krities om vas te stel of dit by die implementering daarvan voldoende is om vepleegkundiges die nodige kennis te gee on hulle in staat te stel on hul rol te verstaan wanneer gesondheidsorg aan pasiënte toegedien word. Alhoewel die bevindinge getoon het dat die meerderheid verpleegkundiges in Suid-Afrika kennis dra van die toepaslike wetgewing en hul regsverantwoordelikhede, is daar ook 'n beduidende aantal verpleegkundiges wat geen begrip van die reg het nie en ook nie die omvang van hul diens en die verantwoordlikhede wat daarmee verband hou ten volle verstaan nie. Waar skuiwergate geïdentifiseer is, word strategieë voorgestel om die gehalte gesondheid deur verpleegkundiges aan pasiënte wat aan hulle sorg toevertrou is te verbeter. <![CDATA[<b>Clinical legal education: Interviewing skills</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100010&lng=en&nrm=iso&tlng=en Vaardigheidsopleiding, wat onderhoudsvoering insluit, is aanvullend tot 'n kliniek se oogmerk van sosiale geregtigheid, aangesien dit studente bemagtig om uitspraak uit te stel, om vanoor 'n verskeidenheid te kommunikeer en oplossings te soek. Onderhoudsvoeringvaardighede is 'n basis van kliniese regsopleiding, 'n leermetode in 'n lewende-kliënt kliniek. Aangesien studente oor die algemeen sonder kliniese toesig onderhoude voer, is hul opleiding in die verband noodsaaklik. In die bespreking van onderhoudsvoeringopleiding, val die klem op die voorbereiding van studente, wat die taking van vooropgestelde idees en aannames insluit, asook beradingsvaardighede. 'n Verskeidenheid van ondervragings-tegnieke word bespreek en daar word aangedui dat onderrigliteratuur die veronderstelling ondersteun dat die manier waarop vrae gestapel word belangriker mag wees vir die bevordering van begrip as die kognitiewe vlak van die vraag. Periodieke opsommings help die studente om 'n beter begrip van die sake te vorm. 'n Bondeling van optredes wat binne konteks geïnterpreteer moet word, is nie-verbale aanduidings, gedrag wat obstuksies tussen die studente en hul kliënte mag vorm, spieëlgedrag en prosedie. Regsanalise en strategieë met potensiële oplossings waarvoor studente verantwoordelikheid moet aanvaar, aangesien hulle handelinge andere mag beïnvloed, word bespreek. Die doelstellings van kliniese regsopleiding, soos van toepassing op onderhoudsvoering, word aangedui. <![CDATA[<b>Remarks on lending reforms ushered in by regulation 23A of the Affordability Assessment Regulations</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100011&lng=en&nrm=iso&tlng=en Vaardigheidsopleiding, wat onderhoudsvoering insluit, is aanvullend tot 'n kliniek se oogmerk van sosiale geregtigheid, aangesien dit studente bemagtig om uitspraak uit te stel, om vanoor 'n verskeidenheid te kommunikeer en oplossings te soek. Onderhoudsvoeringvaardighede is 'n basis van kliniese regsopleiding, 'n leermetode in 'n lewende-kliënt kliniek. Aangesien studente oor die algemeen sonder kliniese toesig onderhoude voer, is hul opleiding in die verband noodsaaklik. In die bespreking van onderhoudsvoeringopleiding, val die klem op die voorbereiding van studente, wat die taking van vooropgestelde idees en aannames insluit, asook beradingsvaardighede. 'n Verskeidenheid van ondervragings-tegnieke word bespreek en daar word aangedui dat onderrigliteratuur die veronderstelling ondersteun dat die manier waarop vrae gestapel word belangriker mag wees vir die bevordering van begrip as die kognitiewe vlak van die vraag. Periodieke opsommings help die studente om 'n beter begrip van die sake te vorm. 'n Bondeling van optredes wat binne konteks geïnterpreteer moet word, is nie-verbale aanduidings, gedrag wat obstuksies tussen die studente en hul kliënte mag vorm, spieëlgedrag en prosedie. Regsanalise en strategieë met potensiële oplossings waarvoor studente verantwoordelikheid moet aanvaar, aangesien hulle handelinge andere mag beïnvloed, word bespreek. Die doelstellings van kliniese regsopleiding, soos van toepassing op onderhoudsvoering, word aangedui. <![CDATA[<b><i>The Prosecutor v Omar Hassan Ahmad Al-Bashir, </i>International Criminal Court, July 2017</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100012&lng=en&nrm=iso&tlng=en Vaardigheidsopleiding, wat onderhoudsvoering insluit, is aanvullend tot 'n kliniek se oogmerk van sosiale geregtigheid, aangesien dit studente bemagtig om uitspraak uit te stel, om vanoor 'n verskeidenheid te kommunikeer en oplossings te soek. Onderhoudsvoeringvaardighede is 'n basis van kliniese regsopleiding, 'n leermetode in 'n lewende-kliënt kliniek. Aangesien studente oor die algemeen sonder kliniese toesig onderhoude voer, is hul opleiding in die verband noodsaaklik. In die bespreking van onderhoudsvoeringopleiding, val die klem op die voorbereiding van studente, wat die taking van vooropgestelde idees en aannames insluit, asook beradingsvaardighede. 'n Verskeidenheid van ondervragings-tegnieke word bespreek en daar word aangedui dat onderrigliteratuur die veronderstelling ondersteun dat die manier waarop vrae gestapel word belangriker mag wees vir die bevordering van begrip as die kognitiewe vlak van die vraag. Periodieke opsommings help die studente om 'n beter begrip van die sake te vorm. 'n Bondeling van optredes wat binne konteks geïnterpreteer moet word, is nie-verbale aanduidings, gedrag wat obstuksies tussen die studente en hul kliënte mag vorm, spieëlgedrag en prosedie. Regsanalise en strategieë met potensiële oplossings waarvoor studente verantwoordelikheid moet aanvaar, aangesien hulle handelinge andere mag beïnvloed, word bespreek. Die doelstellings van kliniese regsopleiding, soos van toepassing op onderhoudsvoering, word aangedui. <![CDATA[<b><i>Mhlongo v S; Nkosi v S </i>2015 (2) SACR 323 (CC)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2225-71602018000100013&lng=en&nrm=iso&tlng=en Vaardigheidsopleiding, wat onderhoudsvoering insluit, is aanvullend tot 'n kliniek se oogmerk van sosiale geregtigheid, aangesien dit studente bemagtig om uitspraak uit te stel, om vanoor 'n verskeidenheid te kommunikeer en oplossings te soek. Onderhoudsvoeringvaardighede is 'n basis van kliniese regsopleiding, 'n leermetode in 'n lewende-kliënt kliniek. Aangesien studente oor die algemeen sonder kliniese toesig onderhoude voer, is hul opleiding in die verband noodsaaklik. In die bespreking van onderhoudsvoeringopleiding, val die klem op die voorbereiding van studente, wat die taking van vooropgestelde idees en aannames insluit, asook beradingsvaardighede. 'n Verskeidenheid van ondervragings-tegnieke word bespreek en daar word aangedui dat onderrigliteratuur die veronderstelling ondersteun dat die manier waarop vrae gestapel word belangriker mag wees vir die bevordering van begrip as die kognitiewe vlak van die vraag. Periodieke opsommings help die studente om 'n beter begrip van die sake te vorm. 'n Bondeling van optredes wat binne konteks geïnterpreteer moet word, is nie-verbale aanduidings, gedrag wat obstuksies tussen die studente en hul kliënte mag vorm, spieëlgedrag en prosedie. Regsanalise en strategieë met potensiële oplossings waarvoor studente verantwoordelikheid moet aanvaar, aangesien hulle handelinge andere mag beïnvloed, word bespreek. Die doelstellings van kliniese regsopleiding, soos van toepassing op onderhoudsvoering, word aangedui.